Bly Plekke Logo
BlyPlekke.co.za - Akkommodasie in Suid-Afrika.

Verken Suider-Afrika

Bespreek Aanlyn, Foon Of E-pos Eienaars - Kies Self

Suid-Afrikaanse Provinsies

Spesiale Akkommodasie Kategorieë

Suidelike- Afrika

Suidelike-Afrika is 'n reisiger se droom met 'n groot verskeidenheid akkommodasie opsies. U sal verseker vind waarna u soek met opsies wat strek van weelderige 5-ster akkommodasie tot landelike, begroting-vriendelike akkommodasie.

Indien u 'n wegbreek met 'n verskeidenheid van ervarings verlang, is daar ook meng en pas verblyf opsies.

Die land wat u van plan is om te besoek, met die aard van aktiwiteite wat u beplan, sal ook 'n rol speel in die tipe blyplekke wat u sal kies. Meeste verblyf instansies is ingestel op die tipe vakansie wat u in die area kan geniet en die akkommodasie is sodanig aangepas.

Lande met 'n sterk fokus op wild en eko-toerisme sal oorheersend wild en safari reservate, plase en lodges as akkommodasie bied. Diegene aan die kus is geneig om strand-oord akkommodasie te voorsien. Selfsorg keuses is deur die bank algemeen, net soos hotelle, gastehuise, kampeerplekke en blyplekke vir rugsakreisigers. Minder algemeen is spa en oord akkommodasie, tradisionele kulturele akkommodasie ervarings, en meer unieke opsies soos huisbote.

Suider-Afrika bied wonderlike opsies. Akkommodasie opsies is onbeperk: wittebrood "wegkruip plekke", wynland toevlugsoorde, eko-vriendelike blyplekke, strandfront verblyf, plattelandse wegbreek plekke, hotel verblyf, spa ervarings en rugsakreisiger akkommodasie. Verblyf wat u smaak en sak pas is altyd te vinde,of jy nou alleen reis, met jou familie of lewensmaat of as deel van 'n besigheid groep.

Suid-Afrika

Die welbekendste plekke wat reisigers van kan kies in Suid-Afrika is die areas wat naby aan Nationale Wildreservate en die Kruger Nationale Park geleë is. Minder bekend is tradisionele buurtes en kulturele omgewings en ervarings. Die land se lewendige stede bied menigte opsies om van te kies en keur : Boutiek Hotelle, Hotelle, Bed en Ontbyt verblyf, jeugverblyf en Konferensie lokale. Keuses strek van luuks en formeel tot meer bekostigbaar.

Namibië

Namibië is 'n land met wonderlike geleenthede vir reisigers om die pragtige natuurskoon te geniet vanaf die gerief van 'n Hotel, 'n Gastehuis of meer rustieke verblyf soos Safari kampe, Lodges en Wild Reservate. Wat u ook al kies, u sal die asemrowende natuurskoon geniet, veral die skouspelagtige son-opkomste en sons-ondergange.

Mosambiek

Mosambiek is die land van strande en water, so pak jou swemklere in! U kan seker wees dat die uitsig van u kamer tropiese natuurskoon sal insluit. Vir iets 'n bietjie anders is die opsie van verblyf in 'n elegante Koloniale era hotel in een van die stede ook 'n moontlikheid. Die historiese geboue het volop klassieke sjarme, en sal jou terugvoer na 'n era van hoë tee en skemerkelkies.

Zimbabwe

Die verblyf in Zimbabwe het 'n duidelike geskiedkundige aantrekkingskrag met verskeie Koloniale styl hotelle wat 'n luukse verblyf ervaring verseker. 'n Aantal meer moderne oord opsies bied addisionele attraksies, met goed toegeruste gholfbane met 'n pragtige uitsig vanaf elke putjie. Selfsorg en kampering opsies is ook volop.

Botswana

Botswana bied wonderlike geleenthede vir 'n vakansie naby aan die natuur. 'n Groot persentasie van verblyf is geleë in pragtige natuurlike omgewings waar jy regtig die geleentheid kry om tyd naby aan die natuur te spandeer. Akkommodasie wissel van die gerief van 'n hotel of gastehuis, of selfsorg of kampeer verblyf.

Lesotho

Vakansiegangers het 'n wye keuse van akkommodasie in Lesotho, met Hotelle, Lodges, Gastehuise, Bed en Ontbyt Instansies en Kampeerplekke. Meeste van die akkommodasie opsies val onder Lesotho se gradering stelsel, met graderings vir algemene gehalte, omgewings vriendelikheid en geskiktheid vir gestremdes.Reisigers kan ook meer unieke ervarings geniet soos huis-deel met 'n Basotho familie, en bekend raak met hulle kultuur en gasvryheid.

{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
BlyPlekke.co.za - Akkommodasie in Suid-Afrika.
WTS App Browser