Bly Plekke LogoVertrou sedert 1998.
Kaapstad, Wes-Kaap - Hanteer Direk, Betaal Minder
South African Tourism

Kaapstad

OorsigVerblyf
Good morning Cape Town! © Chris Preen, License
Looking down on Cape Town CBD and harbour beyond. © ltennis88, License
Cape Town in one-shot. Signal Hill (centre), Lion's Head (above to the right), Table Mountain (top left), V&A Waterfront (left) and the 55000 capacity Cape Town Stadium (foreground). © sharonang, License
Aloe succotrina, the Fynbos aloe in full bloom at Cape Point in the Table Mountain National Park, Cape Town. © 00firefly00, License
Dramatic view of Cape Town harbour as seen from Lions Head, one of the peaks which make up part of the Table Mountain National Park in Cape Town. © nobull, License
The Cape Town area provides so many hiking options and magnificent photo opportunities. © NRThaele, License
Time to reflect, before setting off back down? © Jeanine_BrandedWeb, License
Bo-Kaap formerly known as the Malay Quarter. It is a former township, situated on the slopes of Signal Hill above the city centre. © jeanvdmeulen, License
Table Mountain cable car makes getting to the top a breeze. For those feeling brave a hike of between 1.5 - 2 hours will be required. © sharonang, License
The tip of the Cape Peninsula, Cape of Good Hope Nature Reserve, Cape Town. Often mistaken as the most southerly point of Africa. That accolade belongs to Cape Agulhas. © jeanvdmeulen jeanvdmeulen, License
Cape Peninsula, Cape of Good Hope Nature Reserve, Cape Town. © sharonang , License
Wild Proteas, Cape Town. © kai62, License
Chapman's Peak Drive - A breathtaking scenic drive. Be sure to check that the road is open before setting out. Rockfalls occur and the road can be closed on occasion. © ldejongh, License
Table Mountain. Simply the best seat in the house! © hanyidiary, License
Penguins? Yes, and plenty to boot. Head off to Boulders Beach for your fill of these little rascals. © PaulNicolsonZA, License
Seals enjoying relative safety on Seal Island. Great white sharks are ever present. © sharonang, License
Seal Island, a small land mass located 5.7 kilometres (3.5 miles) off the northern beaches of False Bay. It's 5 acre (2.0 hectares) area is home to 64,000 cape fur seals. © igormattio , License
Kirstenbosch Botanical Gardens - in a perfect setting. © jeanvdmeulen, License
Looking down on Bantry Bay, South West of Cape Town. © Teriq, License
The Victoria & Albert (V&A) Waterfront, with Table Mountain looming in the background, Cape Town. A "must do" for any visitor to Cape Town. © cocoparisienne, License
A perfect sunset to end a perfect day . The Sentinal at Hout Bay, Cape Town. © cocoparisienne, License
Cape Town Stadium, built for the 2010 FIFA World Cup. For the World Cup it had a seating capacity of 64,100, but it was later reduced to 55,000. © Hmamar, License

Kaapstad

Kaapstad self en sy onmiddelike omgewing bied aan die besoeker alles wat hy of sy moontlik kan verlang. Alles is hier, van berge tot strande, groot sanduine, wynlande met van die beste wyne op die aarde, 'n volledige prentjie van vakansie-verwagtinge, te veel om op te noem.

Kaapstad se sambreel is vol van dinge om te sien en te doen - alles binne loopafstand, die Kasteel van Goeie Hoop, een van die oudste geboue in Kaapstad is net bokant die spoorwegstasie geleë.

Aan die Suidelike punt van die Kaapse Skiereiland, die Kaap van Goeie Hoop Natuurreservaat, wat strek vanaf Schusters-Baai in die Weste, om 40 kilometer se kuslyn na Smitswinkel-baai in die Ooste. Hierdie 7750 hektaar fynbos-reservaat het meer variteite as die hele Verenigde Koningkryk en dit is hoofsaaklik heide en protea's. Hier is ook verskeie boksoorte, bobbejane en zebras.

Baie min van die wêreld se kus-stede het so 'n bekende agtergrond as Kaapstad. Tafelberg troon oor die stad, sy gesig verander elke uur soos wat die son vanuit die hemel die skadus oor die massiewe berg skuif. Die berg is geleë in die Tafelberg-Nasionalepark en dit is meer as 2700 hektaar groot en sluit Seinheuwel en Leeeukop in. Daar is meer as 500 maniere om na die kruin van Tafelberg te klim, maar die gemaklikste is met die kabelkarretjie, met die onderste stasie geleë langs Tafelberg-weg.

Kaapstad se Silvermyn-Natuurreservaat wat strek vanaf die Muizenberg gebied tot Noordhoek in die Ooste, bied van die beste natuurtonele en plante wat hier gevind kan word. Daar is verskeie voetpaadjies in die reservaat en dit bied 'n asemrowende uitsig oor Valsbaai. In die middel van Valsbaai is Rob-eiland, die tuiste van ongeveer 50000 robbe, wat die beste gedurende die somermaande tydens die paring-seisoen gesien kan word. Simonstad, aan die Westekant van Valsbaai is Suid-Afrika se hoof-Vlootbasis.

Kaapstad se hawe is van die bekendste Afrika-hawens en is toegerus vir die meeste skepe. Daar is 'n groot houer-hawe en twee droogdokke met die groter een 350 meter lank. 'n Gedeelte van die ou hawe is opgegradeer en vorm nou deel van die Victoria en Alfred-Waterfront, 'n mengsel van restaurante, kroeë, kwaliteitwinkels en ook markte met handwerk. Die Twee Oseane-akwarium het wonderlike vertonings van haaie, pikkewyne en baie ander kreature wat in die omliggende waters gevind word, insluitende 'n kelp-woud. Die Waterfront is 'n moet vir elke besoeker aan die Kaap en die bootritte na Robbeneiland vertrek hiervandaan. Kaapstad het 'n groot Internasionale Lughawe wat in die stad se Oostelike voorstede geleë is.

As u Kaapstad in die somer besoek, maak seker dat u die Kaapse Klopse se straatoptog, wat elke Januarie gehou word, kan sien.

Daar is baie te sien en te doen buitekant die stad se sambreel. Net bokant die Universiteit van Kaapstad is daar 'n pragtige uitsig oor die grootste gedeelte van Kaapstad se middestad. 'n Entjie verder op die M3 pad is die Kirstenbosch Botaniesetuine in Nuweland, wat vroeër 'n deel was van die Cecil Rodes Landgoed. Elke  Sondag gedurende die somer, vind die Kirstenbosch "Summer Sunset Concerts" in hierdie tuin plaas.

Die Atlantiese kus bied 'n magdom vakansie-oorde en strande. Ver na die Noorde van die hoofstad is Blouberstrand, vanwaar die pragtigste uitsig op die stad is, met Tafelberg as agtergrond en Robeiland op die voorgrond. Hier kan u dwardeur die jaar dolfyne sien speel. Op die Skiereiland, Suid van die hawe, is die voorstede Grangerbaai, Drie-Ankerbaai, Seepunt, Bantrybaai en Cliftonstrand, Kampsbaai, Llandudno en Houtbaai. Ry nog verder Suid, verby Chapmans Peak na Kommetjie, 'n outydse dorpie, beroemd vir sy kreef en Scarborough, 'n dorpie goed bekend vir sy binnelandse tuine.

Kaapstad is 'n groot wêreldstad wat die wêreld aan die besoeker kan bied. Die stad is net die wegpringplek vir die res van die mooiste Kaap, van waar die besoeker die wynlande kan verken en sommige van die puikste wyne in die wêreld kan proe. Langs die kus lei die N2 na die Tuinroete en die Klein-Karoo. Die N1 neem u dan na die groot oop vlaktes in die Groot Karoo, 'n semi-droë woestyn wat lank gelede bedek was met sout-moerasse.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 20 van 77 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2026 blyplekke_live
Kaapstad Verblyf en Inligting. Kaapstad, Wes-Kaap.
WTS App Browser