Durban Akkommodasie

»

Umhlanga Rocks Akkommodasie

»

Selfsorg Vakansie Woonstelle in Umhlanga Rocks

8 Glitter BayEnglish

8 Glitter Bay
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 66 Lagoon Drive
Umhlanga Rocks
KwaZulu Natal
South Africa
Kontak : Bonny Williamson
Sel : 083-4155650

Glitter Bay is geleë op Umhlanga se Brons Strand en spog met ‘n uitsonderlike uitsig, 'n direkte toegang tot die gewilde promenade wandelpad, strand en swem strande, goeie sekuriteit en 'n pragtige gemeenskaplike swembad en braai area.

Jy kan die atmosfeer van hierdie kusdorpie geniet met al die beste geriewe op jou voorstoep. Die woonstel word daagliks gediens (behalwe oor naweke en openbare vakansiedae). Die woonstel, wat oor die Indiese Oseaan uitkyk, bestaan uit 'n groot sitkamer, eetkamer hoek, ten volle toegeruste kombuis, 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n ruim patio en 'n groot omheinde tuin met ‘n grasperk wat ‘n uitsig het oor die see en promenade. ‘n Wonderlike eksklusiewe area waar jou kinders kan speel terwyl jy terugsit en skemerkelkies geniet( 'n unieke kenmerk vir 'n vakansie woonstel op Umhlanga se strand front).

Umhlanga is bekend vir sy wonderlike vakansie gevoel en sonnige klimaat wat elke jaar miljoene besoekers lok.

Vakansiegangers sal die pragtige wye strande geniet asook die seelewe en jy kan selfs dolfyne te sien kry. Die promenade wandelpad word sterk aanbeveel want dit gee jou 'n pragtige uitsig van Umhlanga van die een kant na die ander.

Branderplank ry, snorkel, wind “surfing”, visvang en ‘n rit op 'n skiboot is net 'n paar van die aktiwiteite wat 'n mens kan geniet op die strand.

Umhlanga spog ook met onvergeetlike en gedenkwaardige plekke soos die Portnet vuurtoring en die immer bekende Oyster Box Hotel. Ander groot aantrekkings is Granny’s Pool, die Hawaan Inheemse Woud plus Gateway “Theatre of Shopping” wat ‘n MOET SIEN is!

As jy dobbel geniet is Sibaya Casino die plek waar jy jou fortuin kan maak en die wiel kan laat draai. Hierdie vermaaklike ervaring is net 'n 10 minute se ry vanaf Umhlanga.

Vir die gholfspeler is Mount Edgecombe bane binne maklike bereik.

Soos jy kan sien is Umhlanga die plek om te wees, ingestel op vakansiegangers.

 

8 Glitter Bay Fasiliteite:

  • Gratis WiFi word voorsien.
  • 6 persone (1x koningin bed, 1 dubbel, 2 enkel beddens)
  • 2 badkamers (1 bad & 2 storte)
  • Kombuis ten volle toegerus (mikrogolf,skottelgoedwasser)
  • Vol see-uitsig deurgaans vanaf die woonstel, en private ingange vanaf die hoof- en 2de slaapkamer asook die sitkamer,die patio en tuin
  • Webber braai op patio
  • Volledige DStv
  • Lugreëling
  • Direkte toegang tot promenade / hoof strande
  • Veilige oop baai parkerings
    • wifi “hotspot”

Bladsy Statistieke
160994 besigtings sedert 21 Feb, 2003.
Laas opgedateer op 14 Jun, 2018.