Durban Akkommodasie

»

Umhlanga Rocks Akkommodasie

»

Selfsorg Vakansie Woonstelle in Umhlanga Rocks

1001 BermudasEnglish

Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 74 Lagoon Drive
Umhlanga Rocks
KwaZulu Natal
South Africa
Kontak : Bonny Williamson
Sel : 083-4155650

Die Bermudas is 'n pragtige strand front kompleks geleë op Umhlanga se hoof swem strand.

Hierdie 10de vloer luukse etniese / korporatiewe gemeubileerde woonstel bied ‘n skouspelagtige uitsig vanaf die hoofslaapkamer en leef area so vêr as wat die oog kan sien! Sonsopkomste is absoluut asemrowend!

1001 Bermudas is 'n luukse 3 slaapkamer, 2 badkamer eenheid met 'n ruim leef area en ten volle toegeruste kombuis.

Die kompleks spog met 'n pragtige swembad waar jy die son en terselftertyd  die uitsig oor die see kan geniet. Parkering is veilig en is toegerus met elektroniese toegang. Hierdie eenheid het ook direkte toegang tot die gewilde promenade en strande.

Umhlanga is 'n juweel op die KwaZulu-Natal kus. Dit het 'n wêreldklas vakansie bestemming geword met sy briljante klimaat en pragtige strande. Die fasiliteite wat aangebied word is 'n uitsonderlik. Vir water-entoesiaste is daar diepsee visvang, dolfyn besigtiging, skubaduik, branderplank ry of net ontspan en die son absorbeer op die strande. Vir die meer avontuurlustiges is daar microlite uitstappies  wat aangebied word vir 'n ervaring van 'n leeftyd. Om langs die promenade te stap en die kafees te geniet of om die pragtige uitsig in te drink is ‘n genot. Pragtige restaurante en koffie kroeë is sinoniem met die dorp. Die ongelooflike Gateway Entertainment Centre (die grootste in die Suidelike Halfrond) is reg op jou voorstoep (‘n moet op jou lys!). Luukse gholf landgoed (Mount Edgecombe) en casino (Sibaya) is binne maklike bereik. Vir n vakansie is Umhlanga  beslis 'n goeie keuse, enige tyd van die jaar.

1001 Bermudas Fasiliteite:

  • Gratis Wi-Fi
  • Private ingang
  • Private vliegveld (minder as 15km)
  • Kapasiteit 6 mense (1 koning, 2 3/4 beddens, 2 enkel beddens)
  • 2 badkamers (stort)
  • Kombuis ten volle toegerus (mikrogolf, wasmasjien, skottelgoedwasser, tuimel droër)
  • Digitale toesluit kluis
  • Panoramiese uitsig oor die see vanaf balkon, leef area & hoofslaapkamer
  • Hysbak
  • Volle DSTV word verskaf
  • Lugversorger & dakwaaiers in elke kamer. Groot swembad met ‘n uitsig oor die see
  • Direkte toegang tot promenade / strande
  • Veilige parkering vir motors en sleepwaens
  • Rook verbode in eenheid
  • Braai nie toegelaat nie

Bladsy Statistieke
171242 besigtings sedert 27 Feb, 2004.
Laas opgedateer op 14 Jun, 2018.