Durban Akkommodasie

»

Umhlanga Rocks Akkommodasie

»

Selfsorg Vakansie Woonstelle in Umhlanga Rocks

24 Bronze BeachEnglish

Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 62 Lagoon Drive,
Umhlanga Rocks,
Umhlanga,
Durban,
KwaZulu-Natal
Kontak : Bonny Williamson
Plaaslike Tel : 031-5616799
INT Tel : +27-31-5616799
Plaaslike Faks : 031-5614945
INT Faks : +27-31-5614945
Sel : 083 415 5650

Bronze Beach 24 is 'n pragtige strandfront woonstel geleë op Umhlanga se uitsoek swemstrand. Die eenheid het ‘n uitsonderlike uitsig oor die see en  direkte toegang tot die gewilde strand promenade en swemstrande.

Hierdie pragtige twee slaapkamer, 2 badkamer woonstel, met sy ruim stoep is ideaal as jy rustig wil terug sit en kyk hoe die dolfyne speel terwyl jy die pragtige uitsig oor die see geniet met 'n middag skemerkelkie.

Hierdie eenheid is ten volle selfsorg en het al die geriewe. Dit het 'n aparte sitkamer, eetkamer en kombuis. Daar is veilige parkering, sowel as 'n enkele toesluit motorhuis. Vir u gerief word die woonstel daagliks gediens (uitsluitend naweke en openbare vakansiedae).

Umhlanga is 'n juweel op die KwaZulu-Natal kus. Dit het 'n wêreldklas vakansie bestemming geword met sy briljante klimaat en 'n pragtige strande. Die fasiliteite wat aangebied word is uitsonderlik. Vir die water-entoesiaste is daar diepsee visvang; dolfyn besigtiging; skubaduik; branderplank ry of net  op die strand ontspan en die son absorbeer. Vir die meer avontuurlustiges is daar microlite reise wat aangebied word vir 'n ervaring van 'n leeftyd. Bederf jouself deur langs die promenade te stap en die kafees te geniet of absorbeer net die pragtige uitsig. Pragtige restaurante en koffiekroeë is sinoniem met hierdie dorp en is net 5 minute se stap weg. Die ongelooflike Gateway Entertainment Centre (die grootste winkel sentrum in die Suidelike halfrond) is reg op jou voorstoep (‘n Moet op jou lys!). Casino's en luukse gholf landgoed (Zimbali en Sibaya) is binne maklike bereik. As jy op soek is na 'n vakansie, is Umhlanga beslis 'n goeie keuse enige tyd van die jaar.
 

24 Bronze Beach Fasiliteite:

  • Kapasiteit 4 persone (2 koningin beddens)
  • 2 Badkamers (bad & stort)
  • Kombuis- ten volle toegerus  
  • Digitale toesluit kluis
  • Volle uitsig oor die see vanaf patio, leefarea & hoofslaapkamer
  • Gasbraai op patio
  • Volle DSTV
  • Lugversorging
  • Direkte toegang tot promenade / strande
  • Veilige oop parkeerplek
  • Strand (minder as 500 m)
  • Bootritte (minder as 5km)
  • Motorhuur (minder as 20km)
  • Private vliegveld (minder as 15km)

Bladsy Statistieke
7688 besigtings sedert 19 Jan, 2017.
Laas opgedateer op 14 Jun, 2018.