In die Oostekant van Kaapstad, omring met 'n semi-sirkel van skilderagtige Boland-berge, is die Kaapse Wynlande. Verspreid in die vrugbare groen vallei van die streek is die Wynlande van die Wes-Kaap alledaagse woorde van wynproewers reg oor die wêreld. In hierdie streek is die dorpe Paarl, Franschhoek, Stellenbosch en baie ander bekende name. Die Franse Hugenote het die kuns van wynmaak in die laat 17de eeu na die Kaap gebring en dit was hier waar die eerste aanplantings gedoen is, om na die beste kultivaars te soek.
Daar is verskeie toere beskikbaar vir die besoeker om die beste wyne van die Kaapse Wynlande te proe, na die wynmaak-proses te kyk. Ook na die opstalle wat al jare aan dieselfde geslag behoort. Die Hottentots-Holland- en die Franchhoek-berge vorm deel van die Kaapse Wynlande se grens en in die Noorde deur die Wemmershoek-berg. Eersgenoemde berge is deel van die Hottentots-Holland Natuur-reservaat. Die enigste manier om na hierde Reservaat te kyk is met die Boland-staproete. Daar is korter staproetes beskikbaar in die Jonkershoek Natuur-reservaat, net Oos van Stellenbosch. Hierdie bergreservaat het die rykste en grootste verskeidenheid inheemse blomme in die wêreld. Dit is bekend dat daar meer as 35 bedreigde variteite in hierdie streek is. Die oorheersende plant in die reservaat is fynbos met stroke van die oorspronklike woud verspreid teen die boonste hange. Luiperd, rooikat en muskeljaatkat word hier gesien.
Franschhoek was oorspronklik bekend as 'French Quarter' of 'le Quartuer Francais' soos in die oorspronklike streek van die Hugenote in Frankryk. Die dorp is nou bekend as die kos-en-wynhoofstad van die Wes-Kaap. Besoekers van reg oor die wêreld drom hier saam om sy produkte te proe. Die dorp het ook 'n Hugenotemuseum.
Paarl, in die Kaapse Wynlande, is bekend as die Pêrel van Suid-Afrika en kry sy naam van die groot, ronde, granietrotse aan die voet van die berg, by die dorp waar die Afrikaanse Taalmonument geleë is. Die naam Pêrelberg is deur Abraham Gabbema in 1657 gegee, a.g.v die glinstering van die berg in die sonlig na 'n reënbui. Die dorp is in 1720 gestig toe die eerste kerk daar gebou is. In die Afrikaanse Taalmuseum is die pars waarmee die koerant, de Zuid-Africaan, oorspronklik hier gedruk was.
Stellenbosch is die tweede oudste dorp in Suid-Afrika na Kaapstad en is in 1679 gestig. Die dorp is bekend vir sy wyne, sy universiteit en sy Kaaps-Hollandse argitektuur wat in baie van sy historieses geboue sigbaar is, soos gevind in die Burgerhuis-Museum. Die dorp is ook bekend as die Eikestad, vanweë die baie eikebome. Hierdie universiteit het ses Suid-Afrikaanse Eerste Ministers en verskeie Springbok-rugbykapteins gelewer. Stellenbosch het 'n Brandewyn-museum waar baie voorbeelde van ou brandewyne nog gesien kan word. 'n Kos- en wynfees word in die laaste week van Oktober elke jaar gehou. Musiek-konserte word elke somer tydens die "Spier summer Festival" aangebied.
Wellington, in die Kaapse Wynlandstreek is geleë in 'n vallei bekend as die Vallei van die Wamakers (Val di Charron) vernoem na die ambag van die Franse Hugenote teen die einde van die 17de eeu. Daar is heelwat uitstekende wynkelders in die Wellington-gebied waar die besoeker die wyne kan proe. Wellington bied aan die besoeker 'n indrukwekkende en toweragtige atmosfeer en vriendelike mense. Wellington se oorspronklike naam was Lemietvallei, of die Grensvallei, maar is in 1840 verander en vernoem na die Hertog van Wellington na sy oorwinning oor Napoleon in die slag van Waterloo.
The Milkshed is 'n ruim selfsorgkothuis en kan 7 volwassenes met gemak en gemak akkommodeer. Daar is drie dubbel en suite-slaapkamers, twee met bad- en stortgeriewe en die derde slegs 'n bad. Geleë in Tulbagh, Wes-Kaap. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Geleë in die Tulbagh Wynvallei tussen Tulbagh en Wolseley en aan die voet van die Winterhoekberge, bied die Mountain Cabin en Mountain Bungalow 'n rustige wegkruipplek van die stadslewe. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Stellenboschfontein is 'n plaas geleë aan die voetheuwel van Stellenboschberg met 'n varswaterfontein, wat uitkyk oor die Blaauwklippenvallei met asemrowende uitsigte. Stellenboschfontein bied 5 selfsorg-eenhede. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Fairfield Selfsorgkothuise is geleë op 'n vrugteplaas van 100 hektaar aan die voet van die majestueuse Skurweberge en bied 'n rustige plattelandse wegbreek in die hartjie van die Ceres-vallei. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Bertha's Place is 'n bekoorlike, ten volle toegeruste selfsorg-woonstel in die hart van die geskiedkundige Stellenbosch. Dit is geskik vir een tot vier persone. Dit het twee slaapkamers, 'n groot eet/sitkamer, 'n stoep en tuin. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Stellenbosch Apartment is 'n twee-slaapkamer, selfsorg-woonstel naby aan die historiese midde-dorp van Stellenbosch. Dit is 'n woonstel op die grondvloer en het 'n pragtige tuin met braaigeriewe. Lughawe... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Welbedacht Game & Nature Reserve bied 'n pragtige skuiling in die buitelug. Die toegeruste selfsorg kothuise het skaduryke stoepe met plaspoele, gevoed met water uit die berg, houtkaggels en braaiplekke sowel as skoon beddegoed en handdoeke en 'n voorraad …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Patryskloof Farm House het slaapplek vir 10 plus persone. Die huis het 'n oopplan kombuis met 'n ingeboude braaier. Brandhout, beddegoed en handdoeke, koffie en tee, vars brood en melk word voorsien. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Sorbonne 1 is 'n stylvolle selfsorgwoonstel in die hartjie van Franschhoek, slegs 10 minute se stap van die dorpsplein af. Hierdie elegante toevlugsoord met twee slaapkamers is ideaal vir tot 4 gaste en bied 'n gerieflike uitvalsbasis om die beroemde... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Sorbonne 6 is 'n stylvolle selfsorgwoonstel in die hartjie van Franschhoek, slegs 10 minute se stap van die dorpsplein af. Hierdie elegante toevlugsoord met twee slaapkamers is ideaal vir tot 4 gaste en bied 'n gerieflike uitvalsbasis om die beroemde... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Ontsnap van die spanning van die stadslewe en kom na 'n plek gevul met voëlsang, waar die pas ontspanne, rustig en van hoë kwaliteit is! Audrey's vineyard cottage & homestead is op 'n aktiewe wynplaas in die skilderagtige Nuy-valley, aan die voe …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Bederf jouself met 'n aand in 'n luuks versierde kamer in 'n pragtige idilliese tuinomgewing in die Kaapse Wynlande. Die gastehuis word omring deur romantiese Lavender Fields en berge-ontmoet-wingerd-tema buitelug-natuurskoon. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Middelplaas Paarl Guesthouse is geleë 3km buite Paarl. Die ideale eind bestemming vir korporatiewe gaste, vakansie gangers, toergroepe, trougaste, skool- en sportgroepe en lang termyn verblyf. Gaste het ‘n keuse uit 24 kamers elke met ‘n eiesoortige …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Heuwelsig Cottages & Franschhoek Camping bied beide selfsorgverblyf en spesiale staanplekke spesifiek vir motorhuise in Franschhoek. Heuwelsig Cottages is op 'n werkende wynplaas geleë, omring deur welige wingerd, boorde en skilderagtige... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
5 Konings Guesthouse bied B&B-verblyf in die Paarl, in die hartjie van die Kaapse Wynlande. Bly in een van ons 8 stylvol versierde en suite-kamers wat voorsiening maak vir jou gerief en plesier. Al die kamers is toegerus met lugversorging... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Pat Busch Nature Reserve bied 'n verskeidenheid selfsorgverblyf (slaapplek vir tot 46) in die Breederiviervallei naby Robertson. Omring deur hoë berge aan die einde van 'n landpad. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Big Sky Cottages is net 'n uur se ry vanaf Kaapstad en bied 10 moderne selfsorg-losstaande kothuise aan die voorheuwels van die Mostertshoekberg tussen Wolseley en Ceres, wat uitkyk oor die pragtige Buchu-lande met asemrowende uitsigte... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Eikelaan Farm Cottage. Hierdie aktiewe plaas met koring, wingerde, skape en beeste bied 3 luukse selfsorg-huise. Hulle het almal 'n vergesig van groen velde wat ineen-vloei met die blou berge - 'n teenstellende aanspraak... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Of u op soek is na avontuur, of eenvoudig slegs 'n naweek wil wegkom uit die stad, maak White Bridge Farm u bestemming. Geleë tussen die R46 en die R43, is ons goed geleë om Tulbagh, Wolseley of Ceres te besoek. Ons waarborg dat u... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.