Die streek wat as die Kaapse Weskus bekend staan, strek van af net Noord van Kaapstad tot sover as die grens van die Noord-Kaap en aan die binneland volg die die Noord Kaapse grens tot by Touwsrivier en sluit ook die Serderberg-reeks in.
Die grootste kusdorp aan die Kaapse Weskus, is Saldanha. Die dorp en die baai met dieselfde naam, se naam kom van die Portugese admiraal Antonio De Saldanha wat sy vloot in die jaar 1503 in die Kaapse hawe geanker het en dit na homself vernoem het. In 1601 is die naam, Saldanhabaai, na die huidige plek verskuif. Saldanhabaai het 'n baie belangrike rol in die tweede wêreld-oorlog gespeel a.g.v. sy strategiese posisie en veilige ankerplek. Vandag is Saldanha 'n baie belangrike ystererts-uitvoerhawe en ook 'n belangrike hengelplek. 'n Nuwe staalfabriek is onlangs in Saldanha gebou. In Saldanha is ook die Suid-Afrikaanse Militêre Akademie met 'n vloot opleidingsentrum.
Net Suid van Saldanha en die Langebaan-strandmeer is die Weskus Nasionalepark. Die stil waters van die strandmeer is 'n skuilplek vir seevoëls asook die groot konsentrasie trekvoëls wat gedurende die koue Noordelike winter hierheen kom. Hierdie 20000 hektaar Nasionalepark sluit die eilande, Schaapen, Malgas, Marcus en Jutten, asook die Soutmoerasse en Moddervleiland in wat die tuiste van derduisende voëls is. Meer as 'n derde van die wêreld se Kaapse Malgasse broei op Malgas-eiland.
Oos van die Kaapse Weskus en halfpad na die Noord-Kaap se grens is die Sederberg-reeks en die Sederberg Wildernis-gebied. Die 71000 hektaar gebied strek vanaf die Pakhuis-pas en die Middelberg-pas. Besoekers het 'n permit vir hierdie gebied nodig wat by die bosbou-beamptes verkry kan word. Hierdie berge was eens bedek met die skaars Clanwilliam Sederbome maar baie daarvan is of verbrand of afgekap. Die Sederberg-gebied het baie natuurlike rotsformasies, soos 'n Maltese kruis, die Wolfberg-boog, Katedraal-rots, die Kansel en Vinger-rots. Die plante van die Sederberg is baie uniek en die sneeuprotea word hier gevind.
Die dorp, Wellington is aan die Suidpunt van die Kaapse Weskus-gebied en lê in 'n vallei bekend as Val du Charron, of Vallei van die Wamakers, genoem volgens die ambag van baie van die Franse Hugenote, wat aan die einde van die 17de eeu hier kom bly het. Daar is verskeie baie goeie wynkelders in die Wellington gebied waar besoekers wyn kan proe. Wellington bied aan die besoeker 'n indrukwekkende en toweragtige atmosfeer en vriendelike mense.
Die dorp, Malmesbury is vernoem na die eerste graaf van Malmesbury, dit is 'n paar kilometers aan die Noord Westekant van Wellington. Oorspronklik ontstaan rondom 'n warmwater-fontein wat 'n groot getal besoekers gelok het, maar nou ongebruik en deel is van 'n groot winkelkompleks. Die omgewing trek groot groepe besoekers van reg oor die wêreld om in die lente na die asemrowende gesig van miljoene veldblomme te kom kyk.
As u dink aan vars seekos, en dit in verband bring met die Kaapse Weskus, sal u na Lambertsbaai getrek word. Dit is 'n seekos-mekka slegs 'n paar uur se ry na die Noorde vanaf Kaapstad. Lambertsbaai is 'n vakansieplek geleë tussen van die mooiste en asemrowendste tonele van Suid-Afrika. Net weg van die kus is Voëleiland, die tuiste van robbe, pikkewyne, duikers en voëlkykers van reg oor die wêreld.
Vakansie Gastehuis, Langebaan is getrou aan sy naam. Ons bied luukse en klassieke suites, wat jou toelaat om te ontspan soos jy verkies om tydens jou verblyf in Langebaan. Ons bied die opsie van verblyf op 'n Bed en Ontbyt basis en ook Selfsorg... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
'n Paar minute se reistyd vanaf Paternoster na Farr Out (TGCSA 4 Star), is nie wat u eintlik vêr sal noem nie, maar as u by hierdie sanderige, bosveld-wildernis kom, sal dit werklik vir u afgeleë voel. Al knersende op teen die glinsterende skulp …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Jubel n Juig is 'n selfsorgeenheid en 'n spesiale plek om te ontspan. Hierdie 68m² eenheid is deel van my huis en skaars 200meter weg van die strand. Dit is in die 3de ry vanaf die strand en kyk Noord. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Seagulls Nest is 'n wonderlike selfsorgwoonstel in die Kaap St Martin Privaat Natuurreservaat aan die buitewyke van St Helenabaai aan die Kaapse Weskus. Die woonstel is op die eerste verdieping geleë met 2 slaapkamers (slaapplek vir 4). …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
The Waterfront is 'n luukse 5-ster, vierslaapkamer, selfsorg, lugversorgde gastehuis, aan die waterfront, by Port Owen Marina aan die Kaapse Weskus. 90 minute se ry vanaf Kaapstad en geleë in 'n wêreldbekende mariene vleiland... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Mangochi, geleë op die noordelike punt van Britanniabaai en minder as 50 m van die krulgolwe, is 'n tipiese Weskus-houtstrandhuis - daardie seldsame ras van plek waar kreefduik, mosseljag en visvang aan die orde van die dag is. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Die Opstal Huis met Woonstelle het ingegaan vir 'n bietjie facelift! Dit is 'n doelgerig ontwerpte funksionele argitektoniese stylhuis gebaseer op 'n historiese Weskus Vissershuisie met 5 woonstelle om die swembad. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Don de la Mer (Geskenk van die see) het die see op sy deurstap. Dit is 'n eiendom met die natuur wat die siel verfris en herstel. Oopplan-eetkamer, -sitkamer en -kombuis met grootskerm-TV, 4 dubbelslaapkamers met volledige en suite-badkamers... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Die plaas, Pampoen-Fontein is op 'n plato geleë, hoog in die Olifantsrivier-berge, twee ure vanaf Kaapstad. Ons bied volkome vrede en stilte binne 'n duisend akker van wilde blomme, sandsteenberge, onbesoedelde damme en pragtige uitsigte. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Paternoster, Vredenburg, is een van die oudste dorpe aan die Weskus in die Kaap. As gevolg van streng ontwikkelings-riglyne, het die dorp sy egte atmosfeer behou met sy wit gekalkte huise teen die kobaltbloue Atlantiese Oseaan. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Club Mykonos K420 is 'n selfsorgwoonstel (slaapplek vir 4) wat aan die rustige oewer van die skilderagtige Langebaan-strandmeer geleë is. Club Mykonos is 'n gesinsvriendelike Weskus-strandoord in Suid-Afrika wat 'n unieke en opwindende vakansie... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
La Mer, (die see) bied gaste die geleentheid om in Paternoster, reg op die strand, slegs 15m van die hoogwatermerk te bly met asemrowende sonsondergange en uitsigte oor die eindlose strande. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Hocus Pocus is 'n selfsorgkothuis (slaapplek vir 4) in Bekbaai, Paternoster. Eenvoudige maar funksionele argitektoniese stylhuis gebaseer op die historiese Weskus Vissershuisies soos oral rondom Paternoster gesien. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
J'aime la Mer (ek is lief vir die see), bied aan tot 4 gaste die geleendheid om reg op die strand in Paternoster te bly. Ideaal gelee, slegs 15m van die hoogwatermerk, is die losstaande eenheid... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Anchor Bay, 'n tuiste weg van die huis, is 'n selfsorghuis (slaapplek vir 7) in die klein strandmeerdorpie Skiathos, Langebaan aan die Kaapse Weskus. Anchor Bay is stapafstand vanaf Club Mykonos, die strand en Laguna Mall. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Kom en verfris u gees in 'n vol toegeruste vakansie-tuiste in die idilliese Jacobsbaai. Whimseagull is 'n deftig versierde selfsorg-eenheid met ekstra geriewe wat 'n televisie met volle DSTV-boeket, 'n DVD-speler, skottelgoedwasser, wasmasjien... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
2 op Linaria in Britanniabaai is 'n huis met 4 slaapkamers (slaapplek vir 10) wat oorkant die strand geleë is met pragtige see-uitsigte. Dit is die perfekte huis vir gesinswegbreek of net 'n wegbreek. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Mykonos Sunset Beach House bied 2 selfsorgwoonstelle (6- en 8-slapers) in die lieflike Club Mykonos-oord by Langebaan aan die Kaapse Weskus. Hierdie vrystaande huis is teen die heuwel geleë met skilderagtige uitsigte vanaf die balkonne... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.