Selfsorg eenheid in Margate vir 6 persone! 3 pragtige slaapkamers met 2 vol badkamers, volledig toegerus met alles wat jou hart begeer. Veilig, met 24 uur sekuriteit en swembad in kompleks! …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Hierdie moderne, opgegradeerde woonstel kyk uit oor 'n afgesonderde baai en die nuwe hengel pier in Margate. Dit is ongeveer 350 meter weg van Margate se hoof "blou vlag" swemstrand en bied die mees uitgesoekte en asemrowende uitsig van die branders wat b …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Mi Casa Su Casa is selfsorg kothuise geleë in 'n prag ruike area wat meestal omring word deur ongerepte struike, bome en voëllewe, met 'n kalmerende see uitsig vanuit die eetkamer en vanaf die stoep. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Hierdie Selfsorg 2 Slaapkamer, 1 Badkamer eenheid is geleë in die gewilde vakansie bestemming van Margate met n pragtige see uitsig en is omring deur restaurante, vermaaklikheid gebiede en alle geriewe. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Southbroom Vakansies - Suidkus, KwaZulu Natal
Kliek hier vir Southbroom Akkommodasie Verblyf
Weggesteek op die sub-tropiese paradys van die KwaZulu-Natalse Suidkus, lê die rustige dorpie van Southbroom. Die uitstekende Southbroom strand en baai (beskerm deur haainette en gepatrolleer deur lewensredders gedurende skoolvakansies), het twee getypoele vir kinders om in te spat, sowel as 'n strandmeer wat veilige swem aanbied.
Tussen Oktober en April, sal besoekers aan Southbroom betower word deur die skuur swaeltjies van Southbroom Umkobi strandmeer, waar 'n enorme trop skuurswaels in die rietbeddings van Umkobi strandmeer by Southbroom slaap..In die somer bied die skuurswaeltjies 'n werklik skouspelagtige gesig vir die besoekers aan wanneer miljoene swaeltjies voor sononder vir die aand, aantree.
Vir die golf liefhebber, is Southbroom Gholfklub wat in dik inheemse woud geposisioneer is met 'n pragtige uitsig oor die Suidkus Indiese Oseaan. Southbroom Gholfklub is 'n unieke Natalse Suidkus gholfbaan ontwerp om jou vaardighede te toets op die skoonvelde en sukkelveld van hierdie wonderlike versorgde 18 putjie syfer 72.gholfbaan.
Ander aktiewiteite in en rondom Southbroom, Suidkus:
Frederika Natuur Reservaat - grens aan die Southbroom-gholfbaan skoonvelde.
Riverbend Krokodilplaas - het meer as 200 Nylkrokodille op mekaar in hierdie natuurlike water omgewing.
Mac Piesangs Padstal - 'n heerlike uitstappie vir die hele gesin.
Ramsgate Skoenlappervallei - geniet 'n wonderlike verskeidenheid van vlinders binne 'n vlug koepel.
Uvongo Strandmeer - 'n gewilde bestemming vir duikers.
Uvongo Voëlpark - 'n ongelooflike Suidkus voël-park met deur-stap voëlhokke.
Beaver Creek Koffie en Café - ervaar die wêreld van koffie!
Dorpe Suidkus met Blouvlag strand status naby Southbroom:
Suidkus, Margate (14.4km vanaf Southbroomstrand)
Suidkus, Ramsgate (14.5km vanaf Southbroom strand)
Suidkus, Manabastrand (16.8km vanaf Southbroom strand)
Suidkus, Uvongo (17.4km vanaf Southbroom strand)