Die Groter Pretoria-gebied van Gauteng sluit die dorpe Centurion, Cullinan en Bronkhorstspruit, Pretoria en Babsfontein, saam met die omliggende gebiede in. Al die genoemde dorpe was eers onafhanklike munisipaliteite wat tans onder die nuwe Tshwane Distrik Munisipalitiet val. Groter Pretoria is geleë in die oorgangs-gebied, van hoëveld na bosveld. Hierdie gebied begin ongeveer halfpad tussen Johannesburg en Pretoria en strek vir omtrent 70km, beide in 'n Oostelike- en Westelike rigting vanaf Pretoria.
Pretoria is gestig in 1855 en vernoem na Andries Pretorius, 'n Voortrekker-leier. Die stad was die hoofstad van die Zuid-Afrikaansche Republiek vanaf 1860 tot 1910, en toe weer die administratiewe hoofstad van die Unie van Suid-Afrika vanaf 1910 tot 1961. Daarna die hoofstad van die Republiek van Suid-Afrika vanaf 1961. Die stad is vol lane met Jakarandabome en is die tuiste van 'n groot getal Ambassades en Konsulate. Die pragtige Uniegebou is gebou bo-op 'n heuwel en kyk uit oor die stad. Dit is met goudkleurige klip gebou, met 'n Italiaanse teëldak. Pretoria is die tuiste van twee van die beste universiteite van Suid-Afrika. Na die Suid-Oostelike kant van Groter Pretoria lê die klein dorpie Bronkhorstspruit met sy uitgebreide winkelgeriewe. Net Noord van hierdie dorpie en naby KwaMhlanga is daar 'n tradisionele Ndebele dorp en museum. Dit is 'n ideale stilhouplek vir besoekers op pad na die oorde en wildreservate van Mpumalanga. Hier kan u voorbeelde sien van die tradisionele drag, kralewerk, vlegwerk en danse. Naby Bronkhorstspruit is die Willem Prinsloo Landbou museum, 'n informele museum met lewendige diere waar kinders plaasdiere en ou plaas-masjienerie en implimente kan sien. Demonstrasies van die maak van kerse, bak van brood, distilering asook die skeer van skape kan gesien word. Die Bronkhorstspruit-dam is 'n gewilde naweek aantrekkingskrag vir watersport-entoesiaste. Naby die dorp is ook die NanHua boeddhistempel.
Verder Noord in Groter Pretoria is die klein myndorpie Cullinan waar die wêreld se grootste diamant in 1905 gevind is. Maak seker om die Mc Hardy House Museum te besoek, ook die buitengewone klein restaurant Lacasa, in 'n 1905 huisie en ook die haarkapper-winkel. Toere na die diamantmyn word gereeld gehou en is 'n geleentheid wat u nie moet laat verbygaan nie.
Centurion is 'n moderne ontwikkelde dorp in Groter Pretoria en is geleë net Noord van Midrand (eens bekend as Halfweghuis, omdat dit presies in die middel tussen Johannesburg en Pretoria is). Hierdie dorp van Groter Pretoria het wye, oop spasies, parke en pragtige komersiële en industriële ontwikkelings. Een van Centurion se doelwitte is om in 'n tuinstad te ontwikkel. Net buite Centurion is die Zwartkop-Natuur-reservaat waar daar 'n 13km voetslaanroete langs die Hennopsrivier is. Aan die een kant van die reservaat is die bekende Centurion-krieketveld. Die Suid-Afrikaanse Munt het sy nuwe fabriek in Centurion in 1992 ge-open, en is een van die mees modernste Munte in die wêreld. Begeleide toere is beskikbaar en dit neem ongeveer twee ure.
Daar is nog baie ander aantreklikheide in die Groter Pretoria-gebied. U kan in die middestad rondloop op 'n inkopie-sending in die oggend en 'n paar uur later kan u kyk na 'n trop olifante of 'n groepie leeus. 'n Klein entjie na die Weste, anderkant die Magaliesberg, lê Sun City met sy Casino en die aangrensende Lost City. In die middel van die gebied, aan die Suidelike kant van die stad is die Fonteine Ontspanningsoord waar u 'n tradisionale braaivleis kan hou, tennis op die publieke bane kan speel, swem of net ontspan. Die Fonteine lê op die oewer van die Apiesrivier en is die land se oudste natuur-reservaat. Pretoria word die Jakaranda-stad genoem, daarom moet u nie Pretoria in Oktober mis wanneer die strate in massas pers geklee is nie.
Gevestig op 'n plot met twee grasdak, selfsorg/bed & ontbyt berghutte wat die gemak en gerief van u eie huis aanbied. Elkeen het 'n toegeruste kombuis met eie badkamer, skadukolle om te ontspan en/of om vleis te braai. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Dunkelly bied selfsorgverblyf in die Centurion-voorstad, Irene. Geleë tussen Pretoria en Midrand in die bekoorlike, skilderagtige en veilige dorpie Irene, kan Dunkelly gevind word in 'n plattelandse dorpie wat deurdrenk is van geskiedenis... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Ons beskeie maar gerieflike en skoon B&B bied twee dubbel en suite-kamers. Een het sy eie ingang en buite sitarea. Daar is 'n lapa en swembad asook braaigeriewe. Daar is veilige parkeerplek op die perseel... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Mooiplasie boskamp is geleë in die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat, Noord van Pretoria, 65km van die Zambesi-afrit in Pretoria. Ons het baie wild rondom ons berghut-kamp, omdat al die heinings verwyder is... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Bed & Breakfast in Hatfield is weggesteek in die afgesonderde deel van Hatfield, Pretoria. Luukse en warm gasvryheid, aangebied deur Des en Errol sal u verblyf in Suid-Afrika onvergeetlik maak met die skep van tuis van huis-gevoel. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Die Pastorie Guesthouse/Gastehuis bied B&B-verblyf in Silverton oos van Pretoria/Tshwane in die Gauteng provinsie. Ons maak voorsiening vir die kieskeurige korporatiewe en ontspanningsreisiger. Die gastehuis bestaan uit sewe luukse... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Halali Wilderness is 'n privaat wildplaas geleë in die groter Dinokeng area, ongeveer 'n uur noord van Pretoria, met 'n sterk fokus op die kombinasie van luukse en die uiteindelike boogjag-ervaring. Ons bied ook 'n selfsorg opsie. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
KwaThabisile Game Lodge bied selfsorgverblyf in die Leeuwkloofvallei-bewarea in die Dinokeng-omgewing, noord van Pretoria in Gauteng. Daar is 7 selfsorg-eenhede (altesaam 11 kamers) waar ons tot 45 mense gemaklik kan akkommodeer... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Riverside Kaia bied gaste selfsorgverblyf in Donkerhoek in Pretoria-Oos. Geleë in die historiese Donkerhoek en Diamond Hill area buite Pretoria langs die N4 snelweg na Witbank. Riverside Kaia is op 'n 25 Ha-plaas langs... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Swan-Lake Luxury Guesthouse bied B&B-verblyf in Montana Park in Pretoria, Gauteng. Montana Park is 'n stil lowerryke noordelike voorstad van Pretoria wat maklike toegang tot die Pretoriase sakekern bied. Ons bed en ontbyt is geleë in 'n pragtige... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Segaia Bush Lodge bied selfsorg met 'n bosveld-ervaring in die Buffelsdrift-bewarea net noord van Pretoria in Gauteng. Segaia is 'n klein lodge wat tot 24 gaste op 'n selfsorgbasis kan akkommodeer. Segaia is 'n klein bekoorlike lodge... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Jopasso Guest House bied luukse B&B-verblyf en selfsorgverblyf in Wapadrand, Pretoria/Tshwane in Gauteng. Geleë teen die Bronberg in die oostelike voorstede van Pretoria. Dit het skouspelagtige uitsigte... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
The Aviary bied selfsorgverblyf in Waterkloof Glen in die suidweste van Pretoria. Ons bied twee eenhede, The Sparrow (slaapplek vir 2) en The Swallow (slaapplek vir 4). Elkeen met en suite-badkamers (stort en bad), HD platskerm met volledige pakket DSTV. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Peter's Guesthouse is in Pretoria-Oos in Equestria, geleë. Die gastehuis bied 10 slaapkamers met eie badkamers, lugsorg, DSTV, koffie/tee-geriewe en gratis draadlose-internet. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Queensrest bied selfsorgverblyf in Queenswood Pretoria in Gauteng. Sentraal geleë in die gevestigde woonbuurt Queenswood, net 'n entjie van die Pretoriase sakekern af. 6 Selfsorg-eenhede om van te kies. (Eenhede het slaapplek vir 4 - 6 volwassenes). …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Fralande Lodge bied 2 selfsorgverblyf-eenhede in die Pretoriase voorstad Waverley in Gauteng. (Die eenhede het slaapplek vir 4 en 6). Kyk uit oor 'n pragtige tuin waar mens vrede en rustigheid kan vind. Ons dra ons gaste se belange op die hart... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
The Village In Hatfield bied B&B-verblyf in Hatfield, Pretoria/Tshwane. The Village in Hatfield is 'n heerlike gastehuis wat 'n groep aparte eenhede bied, perfek ingerig vir 'n gerieflike verblyf in die hartjie van Pretoria. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Gratia Cottage bied 2 selfsorgkothuise in die woonbuurt Waverley in Pretoria/Tshwane. Die sonnige en ruim selfsorgkothuise het slaapplek vir tot 6-7 gaste en straal 'n huislike aantrekkingskrag uit. Die kombuise is volledig toegerus... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Guesthouse @ 56 is 'n elegante plattelandse gastehuis in Mooiplaats, Pretoria. Die gastehuis is gerieflik geleë in die Mooiplaats-area, suidoos van Pretoria, en net 4 km vanaf die M6 en 6 km vanaf die Silver Lakes Estate en Gholfbaan. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.