Bly Plekke Logo

Johannesburg

OorsigVerblyf
Johannesburg (Joburg/Jozi) - the city at night.  © Nico Roets , License

Johannesburg

Groter Johannesburg is Suid-Afrika se grootste en mees dinamiese stad en sluit die vorige munisipaliteite van Midrand, Randburg, Betfordview en Sandton in. Hierdie streek is op goud gebou. Goud is reeds in 1853 ontdek, maar eers in 1886 is daar besef hoe groot die werklike goudreserwes was. Teen 1889 het Groter Johannesburg gegroei tot 'n rumoerige grenspos vol bordele, kroeë, en dobbelplekke. In daardie jaar alleen is daar meer as 630000 onse goud uitgehaal. 'n Besoek aan Gold Reeve City Theme Park, 'n rekonstruksie van die goud-dorpie wat gebou was rondom Crown Mines se No 14 skag, sal die besoeker 'n idee gee van die lewe in hierdie streek in die laat 19de eeu. U kan ook met die skag afgaan vir 'n ondergrondse besoek.

Aan die Noordelike kant van sentraal Johannesburg, is Sandton, 'n groot gebied met hotelle, inkopie-sentrums en banke, almal onder een sambreel.  Dit is sonder twyfel, die beste inkopie-sentrum in Afrika, met meer as 250 pakhuise en winkels saamgepak, almal saam onder een sambreel. Sandton het die nuwe besigheids-sentrum van Groter Johannesburg geword nadat die meeste groot instellings uit die Johanesburg se sentrale besigheids-gebied uitgetrek het. Sandton spog ook met 4 natuur-reservate, 2 voëlreservate en 5 rivier-staproetes. Vermaak in die gebied sluit ook die Montecasino Leisure Complex in Four Ways, in.

By verre die vinnigste groeiende dorp binne Groter Johannesburg is Midrand, eens bekend as Halfweghuis. Midrand is geleë net Noord van die N1 snelweg wat om Johannesburg gaan en word begrens deur Centurion in die Noorde.  As gevolg van sy posisie, halfpad tussen Pretoria en Johannesburg, het Midrand die mees aantreklikste gebied vir industriële en komersiële ontwikkeling geword en Afrika se grootste Mall is pas voltooi. Die hele landelike gebied by Midrand is toegeken aan perdesport en daar is ook'n Lippizaner skougrond met gereelde vertonings van hierdie beroemde perderas. By Kayalami, 'n voorstad van Midrand is die bekende motor-renbaan waar gereeld wedrenne gehou word. Daar is voëlreservate in die voorstede van Glen Austen en Beauli. Daar is twee filmproduksie-ateljees langs die ou Pretoria-pad in Midrand.

Die getal toeriste-aantreklikhede in Groter Johannesburg is te veel om op te noem en kan van voorstad tot voorstad gesien word. Daar is etlike teaters met lewendige opvoerings, insluitende die groot, nuwe Johannesburg Civiv Theatre, baie bioskope, helikopter-ritte, die Johannesburg Dieretuin, Tema-parke. Ook volop kunsmarkte soos die Rose Bank African Craft Market en Vlooimarkte in verskillende plekke in Groter Johannesburg, insluitend die Bruma-vlooimark naby Bedfordview. Daar is nog, die Botaniese Tuine, natuur-reservate soos die een by Lone Hill, die mini-dorp by Santarama, die Turffontein-reisiesbaan naby Rosettenville, verskeie voël- en natuur-reservate, ysskaats, musiekfonteine en 'n planetarium. Daar is seilvaarte op die Emmerentia-dam, staptoere by die Braamfontein-spruit of  the Wilds, 4x4 en Quadbane, perdebane en baie museums, soos Museum Afrika in die Newtown distrik. Terwyl u in hierdie omgewing is, kan u net sowel inloer by SAB World of Beer. Johannesburg het ook baie kunsgallerye, insluitend die Johannesburg se Kunsgallery in Joubertpark.

Indien u Johannesburg gedurende Paasnaweek besoek, moet dan nie die opwinding van die Randse Skou by die Nasionale Tentoonstellings-sentrum in Nasrec mis nie.

Militêr- en Historici sal dit geniet om die S A Museum van militêre geskiedenis in Saxonwald, naby die dieretuin te besoek. As ou trems en treine jou passie is, dan moet u die versameling van ou publieke voertuie in die James Hall Museum of Transport, langs die reisiesbaan, gaan besoek.

Groter Johannesburg is gebou met die verdienste en verwagtings van goud. Die mense is vooruitstrewend. Dit is 'n stad tot barstens toe vol van energie, met die hele wêreld om aan die besoeker te bied. Dit is 'n stad wat nie verby gegaan behoort te word nie.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 17 van 17 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Johannesburg Verblyf en Inligting. Johannesburg, Gauteng.
WTS App Browser