Bly Plekke Logo

Wes-Rand

OorsigVerblyf
A reservoir dam at Bekker Agricultural School, Magaliesburg, South Africa.  © StormSignal , License

Wes-Rand

Die Wes-Randstreek van Gauteng sluit Carltonville, Krugersdorp, Westonaria, Randfontein, Soweto, Westelike Gauteng, Magaliesburg en hulle omgewings in. Al hierdie dorpe het eers hulle eie munisipaliteite gehad, maar is nou saamgevoeg in die nuwe Wes-Rand Streeks-Munisipaliteit. Die hele gebied se groei en ontwikkeling is direk as gevolg van die ontdekking van goud in die gebied.

Die grooste deel van die Wes-Randstreek is landelik en het sommige van Gauteng se mooiste natuurskoon. In die Weste van die streek is die Magalies- en Witwatersberg en die valleie van Skeerpoort- en Krokodilriviere. In hierdie gebied is die argeologiese uitgrawings in die Sterkfontein-vallei, nou bekend as "Die Wieg van die Mensdom". Die Magaliesberg-reeks het die vestiging van baie hotelle, gastehuise en oorde oor sy volle lengte gesien. Aan die Oostelike deel van die bergreeks is die Hartebeespoort-dam. 'n Mekka vir die naweek-vakansieganger van Gauteng en die tuiste van baie verskillende soorte watersport. Die berg bied baie roetes vir bergklimmers. Besonderhede kan by die bergklub van Pretoria verkry word. Warmlugballonne en vlerksweef is ook deel van hierdie gebied se vermaak. Daar is 'n groot aantal aanloklikhede in en rondom Magaliesburg. Daar is 'n visplaas, 'n forelplaas, die Buffelspoort vakansie-oord, oudhede-winkels, 'n wild-gastehuis en die Renoster- en Leeu-reservaat, stoomtrein-ritte en kunsgallerye. Muldersdrift is 'n prentjie-mooi dorpie, geleë aan die voet van die Suidelke hange van die Magaliesberg, aan die Westekant van Pretoria. Hierdie dorpie is omring met klein plasies en plotte. Dit het die sentrum geword vir 'n groot aantal handwerk-industrieë en ander kunstenaars.

Naby Muldersdrift in die Wes-Rand is die Leeu-Safaripark waar besoekers 'n groot verskeidenheid van wild kan sien, as ook 'n aantal troppies leeus in 'n sentrale, omheinde gebied. Geleë naby aan Muldersdrift is die Bella Vallata 4x4 Speelgrond, 'n 5km pad wat spesifiek gebou is om elke denkbare hindernis te bevat wat deur 'n 4x4 teëgekom kan word. Hierdie 4x4-baan is 'n moet vir 4x4-eienaars en daar is ook braaigeriewe beskikbaar. Naby Muldersdrift is die Sterkfontein-grotte en "Die Wieg van Die Mensdom". In 1999 is Sterkfontein tot 'n Wêreld-erfenisterrein verklaar.

Net Wes van Johannesburg lê die Lanseria Internasionale Lughawe, 'n algemene lughawe wat vorm begin aanneem het in 1972. Lanseria Lughawe is ideaal geskik vir korporatiewe vliegtuie na Johannesburg of Pretoria en is onlangs gemoderniseer.

Die groter dorpe van die streek het hul bestaan te danke aan goud in die gebied. Goud was eerste in die Wes-Rand in die 1930's ontdek. 'n Myn-ingenieur van The Gold Fields Mining Group, Guy Carleton Jones, na wie die dorp Carletonville vernoem is, het 'n groot rol in die ontdekking van goud in die gebied gespeel. Krugersdorp is nog 'n Wes-Randse dorp wat 'n groot verskeidenheid ontspannende opsies bied, soos die Krugersdorp Natuur-reservaat met sy leeus, renosters, seekoeie en buffels, kameelperde en ten minste 10 bok-spesies, wat die skaars bastergemsbok en swartwitpense insluit.  Net 'n paar kilometer Noord van Krugersdorp is die Kromdraai Natuur-reservaat. Hierdie gebied bevat dolomietklip en het baie grotte en sinkgate. Die streek is 'n onoortrefbare skatkis van antropologiese ontdekkings, insluitende die vroegste, oorspronklike, mensgemaakte vuurmaakplek. Die natuur-reservaat het 'n aantal aanloklikhede soos 'n forelplaas, die wondergrot, 'n goudmyn en leeupark.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 9 van 9 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Wes-Rand Verblyf en Inligting. Wes-Rand, Gauteng.
WTS App Browser