Ontspan op die stoep, verlustig jou in die asemrowende see-uitsig en luister hoe die branders by jou voordeur klots! Sanche No 9 is ’n groot drieslaapkamer-woonstel wat maklik ses volwassenes kan akkommodeer. Dis geleë in ’n veilige kompleks met direkte toegang tot die strand, ’n swembad en lieflike grasperk en tuin. Scottburgh se hoofstrand is ’n skamele 150 m-wandeling langs die strand, met glygeute en vlak seewaterpoele vir die kleingoed. Scottburgh spog met van die beste swemstrande in Natal, die beskerming van haainette en lewensredders, het gevierde groot grasrande en is ’n gewilde plek vir visvang en branderplank ry. Die Aliwal Plaat, ’n Wêrelderfenis-terrein waar jy kan snorkel en skubaduik, is ’n kort bootrit ver.

Die akkommodasie

  • Hoofslaapkamer met dubbelbed, plafonwaaier, kaste en deur wat na veranda lei
  • Tweede slaapkamer met twee enkelbeddens, plafonwaaier en kaste
  • Derde slaapkamer met dubbelbed, plafonwaaier en kaste
  • Een badkamer met toilet, stort en wasmasjien
  • Een badkamer met toilet en bad
  • Ten volle toegeruste kombuis met skottelgoedwasser
  • Volle DStv Bouquet


Ander inligting:
• Afstand-toegang tot die eiendom en toesluit-motorhuis
• Braai op die balkon
• Swembad in kompleks
• Bewoningsvoorwaardes:
• Slaap ’n maksimum van 6 mense, kinders ingesluit.
• Woonstel kan op die eerste dag van bespreking eers van 14:00 af betrek word en moenie later as 10:00 op dag van vertrek ontruim word nie.
• Die maksimum aantal bewoners mag nie oorskry word nie.
• Alle breekskade moet rapporteer word.
• ROOK oral in die woonstel VERBODE buiten op die veranda.
• Geraasvlakke moet binne redelike perke gehou word sodat ander inwoners nie gesteur word nie.

Scottburgh-besienswaardighede:
• Hoofstrand-kenmerke:
• Kindervriendelike lagunestrand
• Twee glygeute
• Twee swembaddens spesiaal vir kleuters en kinders van alle ouderdomme
• Top duikbestemming, met duikskool op die strand en daaglikse tewaterlating van die hoofstrand af
• Gholfbaan
• Gewilde branderplankry-bestemming met branderryskool
• Ander watersport-aktiwiteite sluit in vlieër sweef, kano- en kajakvaart ens
• Scottburgh Winkelpromenade bied ’n keuse van al die hoof-sleutelhuurders
• Nuwe restaurantpromenade langs die kus met vyf vooraanstaande restaurante wat in elke kulinêre smaak sal val.

Nabygeleë besienswaardighede:
• Nog talle swemstrande binne ’n radius van 20 minute per motor
• Die Suidkus is welbekend vir sy prominente gholfbane, waaronder die Wild Coast CG, San Lameer & Selbourne CG
• Galleria Winkelsentrum slegs 20 minute per motor
• Durban, en so ook Ushaka Marine World, 50 minute per motor
• Privaat wildplaasbestemmings 70 km van Scottburgh af.