Bly Plekke Logo

Namakwaland

OorsigVerblyf

Namakwaland

Die Namakwaland-streek van die Noord-Kaap se boonste grens is die Oranje-rivier en Namibië, en in die Weste, die rowwe kus van die Atlantiese oseaan. Die gebied is veral bekend vir die asemrowende vertoning van veldblomme wat gedurende Augustus en September soos 'n kleurvolle tapyt oor Namakwaland uitgesprei word. Normaalweg 'n dorre, kleurlose woestyn gedurende die res van die jaar, is die jaarlikse lentereëns genoeg om die miljoene blomme te laat ontkiem en te laat blom, wat hierdie woestyn in 'n massa van kleur omskep. Die Skilpad Wildeblom-Reservaat is onlangs ingesluit in die Namakwa Nasionale Park. Skilpad is in die berge geleë, omtrent 25km vanaf Kamieskroon. Die reservaat is in 'n landstreek vol van struike en verlate vleilande geleë en behoort een van die reisiger se plekke te wees wat besoek word.

Die grootste en belangrikste dorp van die Namakwaland se streek van die Noord-Kaap, is Alexanderbaai. Diamante is gedurende 1925 ontdek langs die Weskus van Suid-Afrika en Namibië, daarna het Alexanderbaai bekend geraak vir sy mynaktiwiteite. Geleë aan die mond van die Oranje-rivier is die dorp nie langer 'n hoë sekuriteitsgebied nie en permitte is nie meer nodig nie. Die dorp is vernoem na Sir James Alexander wat kopererts vir uitvoer vanaf die Richtersveld in skuite op die Oranje rivier na die dorp vervoer het. By die Oranjerivier-mond is daar 'n voëlreservaat bekend vir sy baie voëlspesies, en op 'n heuweltop aan die oostekant van die dorp is die wêreld se grootste ligeen-veld met 26 spesies. In die Namakwaland-streek is die dorp Springbok (voorheen Springbokfontein), geleë in 'n smal vallei tussen die granietheuwels van die Klein Koperberge. Die dorp het sy naam gekry van die groot aantal springbok-troppe wat by die watergate in die gebied, hulle dors kom les het. Daar is ook baie bewyse van die vroeër dae toe koper in hierdie streek gemyn is, insluitende die skag wat deur die Kaapse goewerneur, Simon van der Stel, in 1685 gesink is. Net 'n paar kilometer buite die dorp is die Goegap Natuur-reservaat, 'n veldblom-reservaat van meer as 12000 hektaar. Gedurende die Anglo Boere-oorlog het die Britte 'n ford op 'n heuweltjie in die middel van die dorp gebou. Hierdie ford is later vernietig met dinamiet wat geplant is deur 'n kommando onder leiding van Generaal Jan Smuts. Naby die dorpsplein, by die bekende Springbok-gastehuis, versier fotos die mure en is daar ook 'n interessante versameling van minerale monsters en semi-edelstene. Springbok is 'n baie gerieflike rusplek vir enige besoeker aan Namakwaland.

'n Paar kilometers Suid van Alexanderbaai lê die klein vakansie-oord, Port Nolloth. Port Nolloth het 'n klein hawe met 'n ingang wat te klein is vir ertsdraers. Die dorp het ontwikkel in 'n klein sentrum vir diamant-ontginning op 'n klein skaal en ook vis/kreef-industrieë. Dit is die enigste vakansie-oord aan die diamantkus. Vars vis en kreef kan in die seisoen direk van die fabriek gekoop word.

Aan die mees Suidelike punt van Namakwaland is die dorp, Nieuwoudtville en sy aangrensende Natuur-reservaat. Nieuwoudtville lê in die Bokkeveld, en is nog 'n gebied wat bekend is vir sy unieke plantegroei. Die klein dorpie met sy kleurvolle sandsteen-geboue, is baie gewild. Naby die dorp is die indrukwekkende Nieuwoudtville-waterval. Hierdie gesig is 'n interessante voorbeeld van 'n snaakse rivier-aansluiting. Die aansluiting vind in die val van die water plaas. Die Doring-rivier stort sy water van die kant af, ook in die afgrond waar dit aansluit om saam met die waters van die Oranjerivier te val. Die hoof-waterval is 90 meter hoog.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 3 van 3 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Namakwaland Verblyf en Inligting. Namakwaland, Noord-Kaap.
WTS App Browser