Bly Plekke Logo

Kalahari en Diamantvelde

OorsigVerblyf
Gemsbok in the Kgalagadi Transfrontier Park, Northern Cape  © Chris Eason, License

Kalahari en Diamantvelde

Die Kalahari en Diamentveld-streek van die Noord-Kaap, grens aan Namibië,  Botswana, die Vrystaat en die Noord-Wes provinsie. Die naam Kalahari is afgelei van die San-woord wat beteken 'die plek sonder water'. Sommige dele van die Kalahari-woestyn gaan vir jare sonder water en is plat, toekomslose vlaktes. Maar, daar is gewoonlik water onder die oppervlakte en die plat vlaktes word hier en daar onderbreek deur bergreekse, soos die Lange- en Koranaberg-reeks. Die Kalahari is aan die Noord-Oostelike punt van die Noordelike provinsie en is 'n ongebonde, uitgestrektheid van rooi sand. Die dag-temperature is uiters warm en die nagte kan bibberend-koud word.

In 1866 het 'n jong seun, Erasmus Jacobs, 'n wit klippie opgetel op die oewer van die Oranje-rivier naby waar dit in die Vaal-rivier invloei. Hierdie ontdekking het gelei tot die groot Suid-Afrikaanse Diamant-stormloop. Hierdie diamant is later die "Eureka!" genoem. Kort daarna is nog 'n groot diamant van 83 karaat deur 'n Griekwa skaapwagter wat by Schalk Van Niekerk gewerk het, opgetel. Hierdie diamant het bekend geword as "Die Ster van Afrika". Daar is nog steeds delwers wat in die Vaal- en Oranje-rivier na diamante soek, maar hulle suksesse is maar min en ver uitmekaar.

Net buite Kimberley in die diamantveld-streek in die Noord-Kaap, het twee de Beer broers 'n kleim op 'n plaas gehad wat hulle vir £50 gekoop het. Teen 1872 was daar meer as 50 duisend prospekteerders, saamgebondel in daardie klein krot-dorpie wat later Kimberley geword het. Die meeste van die myners van daardie dae moes maar in tente of pondokke, gemaak van hout en sinkplate, of soortgelyke saamgeflanste plekke, gebly het. Voorbeelde daarvan kan vandag nog buite vandag se groot stede gesien word. Hierdie plekkies het later so groot ontwikkel dat dit vandag bekend is as "Die groot gat" en "Die De Beers-Myngroep". Vandag is Kimberley 'n moderne stad, as ook die diamant-hoofstad van die wêreld. Die stad is vol interessante, tydgebonde huise en -museums. Besoekers behoort beslis 'n besoek aan "Die groot gat" en Kimberley se myn-museum te bring, waar daar 'n replika van die dorp is soos wat dit gedurende die diamant-stormloop gelyk het.

Verskeie belangrike veldslae het gedurende die Anglo Boere-oorlog in Kimberley se omgewing plaasgevind en die dorp was beleër met Boeremagte. Loopgrawe kan nog steeds in die omgewing gesien word. Kimberley se museums het uniforms, wapentuig en ander toerusting wat gedurende die oorlog gebruik was. Die dorp, Upington is 'n pragtige groen oase, geleë aan die oewers van die Oranje-rivier. Die dorp is ideaal geleë as 'n rusplek vir reisigers vanaf Johannesburg of Kaapstad op pad na Namibië. Die Visrivier-Canyon, net anderkant die Namibiese grens, is 'n baie gewilde bestemming vir die avontuurlustige stapper. Verder Noord, langs die Botswana-grens, is die groot woestyn-wildernis van die Kgalagadi-Grenspark. Hierdie streke kan geweldig warm gedurende die somermaande word, daarom word besoekers aanbeveel om liewer gedurende die wintermaande, wanneer die dag-temperature koeler is, hierheen te kom.

Die Augrabies-Nasionale Park is sowat 80km Wes van Upington geleë in die Kalaharistreek van die Noord-Kaap. Die valle word onder die wêreld se grootste watervalle gereken. Tydens ongewone vloede, raak hierdie vloed groter as selfs die magtige Victoria-valle en word deur baie geoloë gereken as die wêreld se mees interessantste voorbeeld van water geërodeerde graniet. Die dorp Kakamas is slegs 'n paar kilometer van die valle geleë wat 'n gewilde rusplek vir besoekers is. Hierdie dorp het 'n wydverspreide besproeïngs-skema en spog selfs met elf werkende waterwiele. Kakamas het 'n groot boerdery-gebied en produseer uitvoer-gehalte druiwe en perskes.

Die Kalahari en Diamantvelde-streek in die Noord-Kaap is ryk aan natuurlike skoonheid en geskiedenis.

Hier is tien dinge om te sien en te doen in hierdie area:

1. Kgalagadi-oorgrenspark: Hierdie uitgestrekte wildernisgebied is bekend vir sy rooi duine, wild en uitsonderlike voëlkyk. Dis 'n perfekte bestemming vir wildritte en fotografie.

2. Kimberley Groot Gat en Mynmuseum: Besoek een van die wêreld se grootste handgegrawe opgrawings en leer oor die diamantstormloop-geskiedenis by die aangrensende museum.

3. Augrabies Falls Nasionale Park: Aanskou die skouspelagtige gesig van die Oranjerivier wat in die Augrabies-waterval afstorm. Die park bied ook staproetes en skilderagtige uitsigte.

4. Witsand Natuurreservaat: Bekend vir sy wit sandduine en "brulsand"-verskynsel, bied hierdie reservaat 'n unieke woestynervaring met geleenthede vir sandplankry en voëlkyk.

5. Riemvasmaak Hot Springs: Ontspan in natuurlike warmwaterbronne wat in 'n ruwe, skilderagtige area met pragtige rotsformasies geleë is.

6. Kalahari-woestyn: Ervaar die uitgestrekte, dorre landskap van die Kalahari-woestyn, wat aktiwiteite soos duinbranderry, 4x4-roetes en sterrekyk insluit.

7. Tswalu Kalahari-reservaat: Hierdie privaat wildreservaat bied luukse safari-ervarings met geleenthede om bedreigde spesies te sien en eksklusiewe wildritte te geniet.

8. Magersfontein Slagveld: Verken die historiese terrein van die Slag van Magersfontein, wat 'n belangrike gebeurtenis tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog was.

9. Mattanu Privaat Wildreservaat: Neem deel aan unieke natuurlewe-ervarings, insluitend helikopter-wildbesigtiging, en bly in luukse tentverblyf.

10. Wonderwerk-grot: Besoek hierdie argeologiese terrein waar bewyse gevind is van menslike bewoning wat miljoene jare terug dateer. Die grot beskik oor antieke rotskuns en argeologiese opgrawings.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 15 van 15 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Kalahari en Diamantvelde Verblyf en Inligting. Kalahari en Diamantvelde, Noord-Kaap.
WTS App Browser