Bly Plekke Logo

Hantam Karoo en Bo-Karoo

OorsigVerblyf
Karoo National Botanical Gardens  © Chris Eason, License

Hantam Karoo en Bo-Karoo

Die Hantam-Karoo en Bo-Karoo Streke van die Noord-Kaap se grense is die Oranje-Rivier en die ander drie grense is provinsiale  grense. 250 Miljoen jaar gelede was die Hantam-Karoo 'n groot binnelandse see omring deur 'n oer-oue woud, welige plantegroei en groot diere. Na die wegbreek van Gonwanaland het hierdie streek stadig verander tot die droë semi-woestyn soos ons dit vandag ken. Die hele streek is bekend vir sy onbesoedelde lug en die skouspelagtige sterreprag. Dit maak dit die mees geskikste plek vir Suid-Afrika se sterrewag (SAAO). Die gebied is vol wye, oop vlaktes met koppies en randjies. Wilde diere en pragtige plantegroei is volop en daar is 'n aantal erkende 4x4 roetes verspreid regoor die streek. Die Bo-Karoo is droër as die Hantam-Karoo, maar beide gebiede ontplof in die helderste kleure na die eerste lentereën. Die Tankwa-Karoo Nasionale Park in die Weste van Sutherland is die droogste plek in Suid-Afrika.

In die Ooste van die Hantam- en Bo-Karoostreek is daar verskeie verlate dorpies wat oorspronklik gebou was in die tyd van die diamant-stormloop, in en rondom Kimberley. Alhoewel daar nie meer diamante is nie, is daar tog nog 'n paar myners wat volhard in hul soektog na diamante tussen die gruishope van die gebied. Ek onthou nog goed toe ek eendag 'n verkeerde afdraaipad geneem en in 'n klein dorpie, met sy ou huisies beland het. Daar was 'n paar myners wat op 'n stoep gesit en bier drink het. Dit was so goed asof ek terug verplaas was in 'n tydperk van 80 en meer jaar gelede. Net buite Carnavon by Stuurmansfontein is daar nog mooi voorbeelde van hierdie outydse, koepelvormige strukture wat as huisie vir die vroeë pioniers gedien het. Hierdie huisies is soortgelyk aan geboue wat vroeë in Frankryk, Italië en Portugal bestaan het en is gebou met plat klippe, saamgevoeg met 'n mengsel van strooi en klei.

Die hoofdorp van die Bo-Karoo, is De Aar wat bekend geword het as die verspreidingspunt van die sappige Karoo-vleis, uniek in smaak en kwaliteit. Die dorp is 'n belangrike spoorweg-aansluiting vir Johannesburg, Kaapstad, Port Elizabeth en Namibië. De Aar is ook bekend vir sy besonderse gasvryheid.

'n Paar kilometer aan die Oostekant van De Aar, is Hanover, 'n mooi voorbeeld van 'n Karoo-dorp uit die verlede. Hierdie dorpie is in 1854 gestig op 'n plaas wat aan 'n man genaamd Gous, behoort het en vernoem is na een van sy voorvaders. Toe die eerste huise gebou is, was hulle verplig om die huise teenaan die pad te bou met die tuine agter die huise. Die eienaars was verplig om belasting te betaal om 'n stoep aan die voorkant van die huis, teenaan die pad te hê - hierdie belasting is vandag nog steeds betaalbaar. Die Karoo-dorp, Victoria-Wes, is vernoem na Koningin Victoria en het min verander sedert sy ontstaan in 1843. Die dorp is ingedruk tussen twee berge en die Ongers-rivier. Die dorp is geleë in die waterskeidings-gebied tussen die Wes- en Oos-kus van Suid-Afrika. Aan die Suidekant van die dorp is die klein Victoria-Wes Natuur-reservaat, die tuiste van 'n groot versameling van die rivier-konyn wat slegs in die sentrale Karoo voorkom.

Die Karoo is 'n streek in Suid-Afrika wat deur die besoeker gesien moet word. Dit is hoofsaaklik skaapwêreld met wydverspreide doringbome en struike. In die Kalahari-woestyn is daar nog verspreide groepies Boesmans wat verkies om in die woestyn te bly, onaangeraak deur die moderne tegnologie.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 11 van 11 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Hantam Karoo en Bo-Karoo Verblyf en Inligting. Hantam Karoo en Bo-Karoo, Noord-Kaap.
WTS App Browser