Die Tuinroete lê langs die kus, tussen Heidelberg en die Oos-Kaapgrens by Stormsriviermond en sluit al die dorpe en oorde langs die N2-Snelweg en kus in. In die Noorde word die Tuinroete omgrens met drie bergreekse, die Langeberg, die Outenikwa- en die Tsitsikamma berge. Die hele streek is gevul met die mooiste natuurtonele en baie gewilde oorde is langs hierdie roete gebou. Groot gedeeltes van die Tuinroete word beheer deur die Suid-Afrikaaanse Nasionale Parkeraad. Dit verseker die bewaring van hierdie kosbare, ongerepte gebied vir die toekoms. Honderde soorte wild word na die vleilande in hierdie gebied getrek.
In die verre Weste van die Tuinroete, waar die Breederivier in die Indiese Oseaan vloei, is St Sebastionbaai, 'n jaarlikse broeiplek van die Suidelike Noorkapper-Walvis. Gedurende Junie tot September kan hierdie diere vanaf "Whitesands" gesien word. In een seisoen was daar al meer as 130 walvisse waargeneem wat meer as 50 koeie en hul kalwers ingesluit het.
Die dorp Riversdal lê langs die N2 en het bekend geword as die blommeparadys van die Tuinroete. Hierdie dorp is die mekka vir natuurliefhebbers van alle ouderdomme en veral vir die fynbos-entoesiaste. Hier kan u gaan stap, fiets- of perdry. Noord van die dorp is die bekende Langeberg, met 'n pas wat lei na die Klein Karoo. 'n Bietjie na die Ooste vanaf Riversdal, is die klein dorpie Albertinia, genoem na 'n plaaslike prediker. Die dorp is geleë in 'n groot skaap- en koringstreek en is baie bekend as Suid-Afrika se hoofproduseerder van rooi- en geeloker. Daar is twee fabrieke wat sap van die streek se aalwyne produseer .
Mosselbaai se geskiedenis dateer terug tot in die 15de eeu en het sy naam gekry van die massas mossels wat hier gekry word. Die dorp lê onder 'n sonnige skiereiland, net weg van die N2 en halfpad tussen Kaapstad en Port Elizabeth. Dit was in Mosselbaai wat Bartomoleu Dias in 1488 geland het om vars water in te skeep. Die geskiedkundiges kan na verskeie blokhuise gaan kyk wat die Engelse in die Outenikwa-berg gedurende die Anglo Boere-oorlog gebou het.
Die volgende dorp op die Tuinroete is George, met 'n pragtige museum wat hoofsaaklik konsentreer op houtsneewerk. Daar is'n gerekonstrueerde houtkappershut en ook waens, karre en selfs ou grammefone. Haroldsbaai is George se eie strandoord en is net buite die dorp. Hier is daar goeie uitkykpunte om na die walvisse en dolfyne te kyk. 'n Bergpas lei vanaf George na die Klein Karoo.
Knysna se Nasionale-meergebied is bekend as die juweel van die Tuinroete. Daar is 'n groot strandmeer wat by sy ingang deur twee sandsteen-koppe begrens word, met die berge van die Outenikwa Natuurreservaat as agtergrond. Die strandmeer is die tuiste van die bekende Knysna-seeperd en die Pansy-skulp. Hierdie pragtige dorp bied aan die besoeker enigiets, vanaf goeie winkels en restaurante, tot staproetes - daar is selfs 3 gholfbane! Die Knysna Olifantpark bied 'n unieke geleentheid om hierdie pragtige diere te sien wie se voorgeslag vroeër in hierdie woude gelewe het.
Verder langs die kus vanaf Knysna lê die gewilde oord-dorp, Plettenbergbaai, deur baie net Plett genoem. Op die strand is daar ook 'Beacon Island' met sy hotel. In die baai self kan u sien hoe skole Dolfyne, die Boggelrug- en Bottelneus-, speel.
Verskeie walvisse-spesies kan ook hier gesien word. Die Suidelike Noorkapper, die Boggelrug en ook ander, soos die Orca of die Moordvis. Dit is die enigste plek ter wêreld waar die skaars 'Beaked'-walvis verfilm is. Daar word bootritte aangebied met die uitsluitlike doel om na walvisse te gaan kyk. Aan die Suidekant van Plettenbergbaai is die Robberg Natuurreservaat met sy baie kort staproetes deur die fynbos langs die kus wat hierdie gedeelte oorheers.
Aan die Oostekant van die Tuinroete is die Tsitsikamma Nasionale park, 'n ongerepte binnelandse woud, die tuiste van geelhout-, stinkhout- en ysterhout en ook baie ander boomsoorte wat almal in hierdie woud bewaar word. Die kuslyn hier is besonder aanskoulik, met sy natuurlike klowe wat oor miljoene jare gevorm is. Die 5 dag Otter-staproete is langs hierdie kus. Stappers word aanbeveel om lank voor die tyd hier plek te bespreek.
Dwarswegstrand Resort is 'n vakansieoord langs die Tuinroete-kuslyn tussen Mosselbaai en George naby Groot-Brakrivier (Groot-Brakrivier). Hier kan jy ontspan en die rustige atmosfeer van die kusoord geniet met direkte toegang tot... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Hartenbos - Bulhoek Ave 6 bied selfsorgverblyf in Hartenbos in die Tuinroete, Wes-Kaap. 'n Ruim selfsorghuis (slaap 8) in die dorpie Hartenbos, is 'n stil veilige klein dorpie, naby Mosselbaai. 750 m se stap na die strand. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Wishbone Waters is 2.5 km van die N2 in die landelike gebied van The Crags, tussen Plettenbergbaai en Nature’s Valley. Die ideale area om te besoek vir voelkykers, stappers en fietsryers in ’n omgewing met fynbos en natuurwoude. Baie van die plaaslike boe …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Hierdie pragtige plattelandse huis is in die asemtowende Geelhoutboom-area van George in die Tuinroete. Hou die wonderskone 360 grade sonsondergang van een van die vele patios dop. Ons voorsien n rustige en veilige toevlugsoord in die mooiste stukkie plat …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Ibis Place Guesthouse bied B&B en selfsorgverblyf in George, Tuinroete. Dit kyk uit oor die Outeniekwaberge en is in die middel van die Tuinroete geleë net 10 minute vanaf die George CBD... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Alikreukel 39 bied selfsorgwoonstelverblyf in Hartenbos in die Tuinroete, Wes-Kaap. Hierdie luukse selfsorgwoonstel het twee slaapkamers; een met 'n luukse koningingrootte-bed en die ander met 2 enkelbeddens. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
African Sun Guest House bied B&B-verblyf en selfsorgverblyf in George, Tuinroete. African Sun bied 'n ontspannende atmosfeer en 'n pragtige uitsig oor die Outeniekwaberge, dit is 'n kleinhoewe waar gaste... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Ananti @ Sea is in die baie skilderagtige Vleesbaai geleë, slegs 30 minute vanaf Mosselbaai wat 'n interessante besoek bied vir inkopies, casino, diepseehengel, restaurante, gholf en museum-entoesiaste. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Grace Guest House is 'n pragtig gerestoureerde selfsorg 1850 gesinsplaasopstal in rustigheid op 'n werkende plaas met 360 grade uitsigte oor die Outeniekwaberge en Mosselbaai. Die eerste suite maak voorsiening vir 6 mense in twee slaapkamers... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Die woonstel is goed toegerus en het twee slaapkamers - een met 'n dubbelbed en die ander een met twee enkelbeddens. Die woonstel kan vier persone huisves en is binne loopafstand vanaf die strand. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
The White House bied selfsorgverblyf aan die strand in Hartenbos in die Tuinroete, Wes-Kaap. Hierdie bekoorlike selfsorgkothuis is alles oor die uitsig ... 'n skouspelagtige 180° onbelemmerde uitsig oor die see. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Geleë in Groot Brakrivier, Tuinroete, Wes-Kaap, sal jy The Nightingale vind, 'n bekoorlike selfsorghuis wat 'n intieme ontvlugting bied vir 'n paartjie of vriende wat rus en ontspanning in 'n rustige omgewing soek. Slaap 4 gaste in 2 slaapkamers. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Happy Rest @ Rendezvous is 'n stylvolle nuut-opgeknapte selfsorgwoonstel met 2 slaapkamers in Heiderand, Mosselbaai. Geniet 'n gesellige binnebraai in die toegewyde braai-area, of buite in 'n ruim patio met die gasbraai vir 'n buitelug-eetervaring. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Cabannas @ Dana is 'n slaapplek vir 15 wat uit 3 selfsorg-eenhede en 1 semi-selfsorgeenheid in Danabaai bestaan en gerieflik naby strande en besienswaardighede geleë is. George-lughawe is 45 km weg terwyl die sentrum van Mosselbaai minder as 10 min …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Cape St. Blaize is 'n wonderlike meenthuis met 3 slaapkamers (slaapplek vir 6), 2 badkamers wat bo-op 'n heuwel uitkyk wat oor die historiese dorp Mosselbaai uitkyk. Geleë in 'n stil woonbuurt met asemrowende see-uitsigte. Troeteldiervriendelik. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Argyle B1 bied selfsorgwoonstel met slaapplek vir 8 in Mosselbaai, Tuinroete, Wes-Kaap. Dié woonstel wat noord front is in Mosselbaai geleë, halfpad tussen die historiese Point Village en die oostelike punt van die Mosselbaai-hawe. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Harties@Sea bied selfsorgverblyf in Hartenbos in die Tuinroete, Wes-Kaap. Hierdie pragtige kothuis is in Hartenbos geleë, tuiste van ATKV, wat in die Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit geleë is, het sy eie ingang en privaat... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.