Die Oos-Rand-gebied van Gauteng sluit Alberton, Benoni, Boksburg, Edenvale, Germiston, Brakpan, Nigel en Springs met die omliggende gebiede in. Ook ingesluit is Kempton Park en die Johannesburg se Internasionale Lughawe. Al die genoemde dorpe het elkeen sy eie munisipaliteit gehad, maar is tans ingesluit in die nuwe Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit. Die hele gebied het gegroei en ontwikkel as 'n direkte gevolg van die ontdekking van goud in die omgewing, alhoewel Springs gestig is na die ontdekking van steenkool. Die Oos-Rand is nou 'n uiters belangrike gebied vir Gauteng se ekonomie.
Kempton Park het sy groei en ontwikkeling hoofsaaklik te danke aan die nabyheid van Johannesburg se Internasionale Lughawe. Hierdie lughawe is Suid-Afrika se hoofpunt van toegang en hiervandaan versprei 'n netwerk van snelweë wat al die hoofstede van die land verbind. Johannesburg se Internasionale Lughawe is die modernste in Afrika.
Vir perde-liefhebbers, spog Gauteng met 3 reisiesbane. Twee van hulle is in die Oos-Rand geleë, een is New Market Race Course in Alberton en 'n ander een Gosforth Park in Germiston. Daar is nog baie ander buite-aktiwiteite aan die Oos-Rand. Een daarvan is die baie gewilde "Wild Waters", 'n waterpark wat heelwat opwindende aktiwiteite soos 'n golfpoel en water-glybane het. In en rondom Benoni kan u 'n heuningplaas en 'n Koi-plaas besoek, ook 'n geliefde plek vir die kinders is die Bunny Park, 'n tuiste van nie net konyne nie, maar ook ander plaasdiere soos bokke, skape, varke, beeste en donkies.
Geleë tussen Edenvale en Boksburg, is die East Rand Mall, een van die mees invloedrykste inkopie-sentrums in die hele Gauteng met sy 9 bioskope, 5 banke, 30 modewinkels en vele restaurante en ander eetplekke. 'n Groot aantal gespesialiseerde winkels het in die onmiddellike omgewing van die East Rand Mall ge-open, daarom sal u, as voorbeeld, by 'n sportswinkel elke artikel waarna u soek, verseker kan kry. Winskopie-jagters sal egter moontlik die aangrensende Oos-Rand se Vlooimark besoek.
Naby Edenvale aan die Oos-Rand kry u die Franz Hurnig House. Gebou in 1894 as 'n woning vir die oorspronklike bestuurder van 'n dinamiet-fabriek, is hierdie een van die oudste behoue geboue van die 19de eeu. Daardie klein dinamiet-fabriek in Modderfontein, het gegroei tot die grootste plofstof-fabriek in Afrika. Hierdie fabriek is nou omring met 'n 8000 hektaar Natuur-reservaat wat die tuiste is van die Kaapse otter, die grysduiker, steenbok, swartrug-jakkals en rooi-hartebees, asook zebra, springbok en meer as 200 voëlspesies.
By Germiston in die Oos-Rand is die Germiston-meer waar van die omliggende skole, op 'n daaglikse basis oefen. Die meer is binne 'n groot park en is 'n gewilde piekniek en braaiplek, veral oor naweke. Germiston is ook die tuiste van die Rand se lughawe, 'n algemene lughawe wat die ander lughawens in Gauteng aanvul.
Springs is in die Oos-Rand geleë aan die Suid-Oostelike deel van die gebied. Springs is in 1904 gestig, na die ontdekking van steenkool en goud in die omgewing. Dit het gegroei van 'n pioniers-myndorpie tot die huidige voorspoedige industriële reus. Net buite Springs is die Blesbokspruit se Vleiland-reservaat. Blesbokspruit is Gauteng se grootste vleiland-sisteem wat deur Kempton Park, Boksburg, Brakpan, Springs en Nigel vloei en verder na Heidelberg waar dit invloei in die Suikerbosrand-rivier. Rondom Springs alleen is daar meer as 250 voël-spesies. Die nuwe Carnival City Casino is in Brakpan.
Om op te som. Die Oos-Rand is 'n belangrike ekologiese en ekonomiese streek wat nie deur enige besoeker aan Suid-Afrika oorgeslaan behoort te word nie.
Greenfields Guesthouse bied verblyf op 'n B&B-basis aan besoekers aan Alberante, Alberton, Oos-Rand. Kyk uit oor die welige groen speelvelde van die Reading Gholfbaan in 'n gesogte woonbuurt - 2 km vanaf Alberton Boulevard. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
B@home guest house and homestay is 'n eienaar-beheerde onderneming met baie billike tariewe, wat ideaal geskik is vir sakemanne en dames vir verblyf in Springs. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
3 Brothers Bed and Breakfast is in Edenvale aan die Oos-Rand van Johannesburg in Gauteng geleë. 3 Brothers is in Edenvale geleë, 'n stil, rustige en veilige woongebied. Dis sentraal en naby alle groot roetes en sakeparke. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Marle' Lodge het 11 dubbel en suite-kamers wat almal pragtig afgewerk is in bypassende Afrika-tema. Twee van die kamers het 'n tussendeur om voorsiening te maak vir gesinne wat saam wil bly. Alle kamers het DStv. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Angelica Guesthouse bied verblyf op 'n B&B en selfsorg-basis in Boksburg aan die Johannesburgse Oos-Rand. Geleë in Libradene, 'n stil woonbuurt van Boksburg, sowat 13 km vanaf OR Tambo-lughawe. Ons is net van die N17-snelweg af. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Louhallas bied selfsorgverblyf in Edenvale in Johannesburg se Oos-Rand, Gauteng. Geleë in Sentraal Edenvale, naby winkelsentrums, banke en 'n verskeidenheid ander geriewe. Ons bied 3 volledig gemeubileerde selfsorgkothuise... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
President Lodge bied B&B-verblyf in Edenvale aan die Johannesburgse Oos-Rand, Gauteng. President Lodge is 'n juweel van 'n gastehuis, binne 10 minute se ry vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe en naby groot... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Woodpecker's Inn bied luukse B&B-verblyf in Kempton Park aan die Johannesburgse Oos-Rand. Geleë in die stil Kempton Park-voorstad Glen Marais, net 15 minute se ry vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Afrique Boutique Hotel Oliver Tambo is in Boksburg aan die Johannesburgse Oos-Rand in Gauteng geleë. Afrique Boutique Hotel Oliver Tambo het 24 heerlike stylvolle en luukse lugversorgde kamers met en suite-badkamers en moderne... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.