Bly Plekke Logo

Capricorn

OorsigVerblyf
This view down the northernmost part of the Drakensburg escarpment was taken from near Diepgelegen, north of Magoebaskloof.  © Jack Holloway, License

Capricorn

Die Capricorn-streek van die Limpopoprovinsie kry sy naam van "The Tropic of Die Capricorn" (die Engels vir Steenbokskeerkring), die denkbeeldige, geografiese breedtegraad van die son se Suidelikste draaipunt van die seisoene. Die streek van Capricorn se boonste grens is die Steenbokskeerkring en in die Weste volg dit die vloei van die Mgalakwena-rivier tot by die Mpumalanga-grens en verder totdat dit Noord van die Eggogrotte vertak na Soekmekaar. Die streek se ligging maak dit 'n goeie stilhouplek vir reisigers vanaf die Suide na die Noordelike dele van die Limpopo-provinsie en ook tussen die land se Noord-Westelike gebied na die wêreldbekende Nasionale Krugerpark. Dit is ook naby die buurlande, Botswana, Zimbabwe, Mazambiek, en Swaziland.

Die historiese en kulturele aantreklikhede van die Capricorn-streek is uitgebreid. Dit sluit die San-klipkuns in - 'n magdom legendariese karakters wat in hierdie streek geskiedenis gemaak het. Ook van die Voortrekkers (wat hier aangekom het om van die onderdrukking van die Kaapse regering weg te kom) en van die konflik tussen die plaaslike inwoners, as ook met die Voortrekkers wat nie gretig was om hierdie streek te deel nie. Besoekers kan insig kry in die tapesserie van die menslike drama, wat ontvou word deur die argeologiese bewyse van die opgrawings, as ook die erfenis wat deur die San agtergelaat is met hulle klipkuns en oorblyfsels van hul lewenswyse wat bewaar word in die baie museums en gedenkwaardige plekke van die streek.

Polokwane, voorheen Pietersburg, is die hoofstad van die Limpopo-provinsie en geleë in die Capricorn streek. Dit is een van die vinnigste groeiende stede in die Suidelike halfrond. Dit was gestig gedurende die goud-stormloop van die 1880's, en kan getuig van die steentydperk se swerwers, die ystertydperk se woonplekke, Europiese immigrante, oorloë en politieke oproer. Daar is baie historiese terreine en aantreklikhede vir die besoeker en 'n mens kan die San klip-kuns en prehistoriease ruïnes besoek. Een van die merkwaardigste terreine naby Potgietersrus (Mokopane) is Makapansvlei. Nêrens in die wêreld is daar so 'n volledige rekord van prehistoriease menslike verblyf nie. Daar is bene van aapmense wat meer as 3 miljoen jaar oud is, ook van uitgestorwe diere. Die 'Grot van Harte' word ge-ag om die bewys te wees van die mens se vroegste gebruik van vuur. Naby, ongeveer 18km Suid van Polokwane op die N1-snelweg kan die Eersteling Monument gesien word, die terrein van Suid-Afrika se eerste klipbreek-terrein van verpoeierde gouderts.

Van die uitstaande landmerke in die Capricorn-streek is die indrukwekkende Universiteit van die Noorde en die Zion-City by Moria. Dit is die setel van die Zion Christian Church, 'n kerk met die meeste volgelinge in Suid-Afrika. Elke jaar gedurende die Paasnaweek vergader miljoene lidmate daar. Jare gelede was die oop grasvelde en heuwels van die streek die tuiste van nomadiese stamme. Die Zulu-kaptein Mzulikasi het deur hierdie gebied getrek nadat hy van die Zulukoning, Shaka, gevlug het op pad om 'n nuwe koningkryk in Bulawayo te gaan stig. Van belang is die twee grootste sitrus-plase ter wêreld, Letaba en ook Zebediela, omtrent 60 km vanaf Polekwane. In die afgeleë Suid-Oostelike hoek van die Capricorn streek is 'n gebied met die groot skilderagtige, Sekhukhuneland, waar die tradisionele Afrika-gewoontes steeds be-oefen word in die bergvestings van die Drakensberg se platorand. Hierdie omgewing bied uitstekende 4x4 roetes deur ongewone en dramatiese bergwêreld.

Die Afrika Ivoor-Roete wat sy oorsprong in die legendariese heldedade van die vroeë ivoorjagters en goudhandelaars het, loop deur die Capricorn-streek. Vandag is hierdie roete 'n belangrike eko-toeriste- en 4x4 bestemming, gewild by safari-entoesiaste. Hierdie roete het 'n besonderse aantrekkingskrag, met sy rowwe bergagtige terreine en verstommende wildernisgebiede vir daardie persone vir wie Afrika se gewildheid besonderse bekoring inhou.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 2 van 2 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Capricorn Verblyf en Inligting. Capricorn, Limpopo.
WTS App Browser