Bly Plekke Logo

Vhembe

OorsigVerblyf
African Elephant, Loxodonta africana - up close & personal in Mapungubwe National Park, Soutpansberg  ©Derek Keats, License

Vhembe

Die Soutpansberg-streek van die Limpopo-provinsie strek vanaf die Noordelike grens van die Nasionale Krugerpark langs die groot Limpopo-rivier, dit volg dan die Mogalakwena-rivier Suidwaarts, sny oor na die Ooste langs die Steenbokskeerkring tot teen die Letaba-rivier en dan Noord-Oos tot die Noord-Oostelike punt van Kruger. Die mees pertinente eienskap van hierdie streek is die Soutpansberg wat deur hierdie streek van Oos na Wes sny, net Noord van Louis Trichartd, (Makhado). Die Soutpansberg is vernoem na die groot soutpan aan die basis van sy Noord-Westelike hange. Hierdie pan is gebruik as 'n suipplek vir wild van die vroegste tye af. Sout was al reeds gedurende die steentydperk hier gemyn.

Daar word met baie landbou-gewasse in hierdie streek geboer. Die grootste gedeelte van die streek bestaan uit vlaktes van bosveld waar daar baie bees- en wildsplase is. Landbougewasse in die streek is hoofsaaklik sub-tropies en bestaan uit katoen, paprika, piesangs, avokados, pynappels en lietsjies. Daar is ook 'n aantal tee en koffie-plantasies in die Noord-Oostelike Venda-gebied. Die hoofsentrums is Messina, die enigste oorgangspunt na Zimbabwe, Makhado en Thohoyandou, al drie het ook lughawens.

In die verre Noord-Weste van die Vhembe-streek waar die Shashe-rivier in die Limpopo vloei, is die ou, klein, maar bekende dorpie, Mapungubwe geleë. Hierdie ou dorpie lê op die kruin van 'n 300m lang heuwel met vertikale, 50m sandsteen-kranse. Die plaaslike inwoners beskou hierdie heuwel as 'n heilige plek en draai selfs hulle rûe as hulle net die naam hoor. Hulle glo as iemand op daardie heuwel klim, sal hy sekerlik sterf. In 1932 het 'n handjievol avonturiërs een nuwejaarsaand na die kruin van hierdie heuwel geklim en ystergereedskap, potte en koperkrale gevind. Daar was al die bewyse van 'n eens sterk nasie. Hierdie groep het ook 'n graf ontdek met baie goud-ornamente. 'n Skedel is ook gevind, versier met goud-draad. Altesaam is daar meer as 7000 onse goud van hierdie heuwel herwin. Koolstof-datering het hierdie terrein uit die 11de eeu gedateer. Dit is nou 'n wêreld-erfenisterrein.

Daar is 'n groot verskeidenheid eko-terreine in die Soutpansberg. Dit word gereken dat selfs 80% van die beesplase na wildboerdery oorgeskakel het. Daar is baie gastehuise en ander soorte verblyf op van die wildsplase, wat kan wissel van tente tot luukse gastehuise, sommige wat selfs baie duur kan wees. Omtrent 40km vanaf Messina na Tshipise is daar 'n Aventura-oord, wat gerieflike verblyf in 'n hotel of 130 rondawels, aanbied. Geriewe is baie goed en sluit tennis en rolbal in. Daar is verskeie warm minerale-swembaddens, toeganklik vir die publiek. Die oord het 'n restaurant en 'n kroeg en is geleë in sy eie natuur-reservaat waar besoekers wild, soos kameelperde, koedoe, waterbok, njala, tsessebe en swart-witpens kan sien. Tshipise is 'n uitstekende rusplek vir reisigers op pad na Zimbabwe.

Die mees opvallendste boom in hierdie streek is die kremetart en die grootste van hierdie bome in Suid-Afrika groei op 'n plaas naby Messina. Dit is 26m hoog en het 'n stam met 'n deursnee van meer as 19m. Hierdie boomsoort het 'n groot verskeidenheid van gebruike. Die blare kan as 'n groente gekook en ge-eet word, die sade kan of gesuig of gemaal en gerooster word om 'n koffie-agtige drankie te maak. Die stuifmeel word gebruik om gom mee te maak en die hout om tou en papier te maak.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 2 van 2 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Vhembe Verblyf en Inligting. Vhembe, Limpopo.
WTS App Browser