Die streek van die Limpopo wat bekend is as die Vallei van die Olifante strek vanaf die Paul-Krugerhek van die Nasionale Krugerpark, insluitende die gedeelte in die park na die Noorde van daardie hek en verder Noord, tot 'n lyn getrek vanaf die Pafurie-hek in die verre Noorde van die park, na Soekmekaar wat die lyn volg van die platorand na die Blyderivier-Canyon. Hierdie is die ware Laeveld, grootliks ongerep en vir honderde jare 'n groot gebied vol van die kragtige prag van Afrika se wildlewe. Die hele gebied is geïnkorporeer in die Gaza-Kruger-Gonarezhou Park, 'n grens-reservaat wat strek oor 35000km² en betrek Mozambiek, Zimbabwe en Suid-Afrika.
Mopani is nie net 'n skat van wildlewe nie, maar bied ook die pragtigste tonele van berge, riviere en damme. Ook 'n pragtige gesig is die vloei van groot troppe wildsbokke wat die groot oop vlaktes deurkruis. Hier kan groot troppe olifante gesien word, sowat 8000 in die Kruger Park, as ook troppe leeus wat maar net twee van die groot 5 is, maar wat almal hier gesien kan word. Dit is Afrika, waar groot getalle Mopani-bome die veld oorheers. In die Noorde word die Mopanie-bosveld onderbreek met dominansie van die Kremetart, die onderstebo-boom. Die berge in die Noorde is kleiner en verspreid oor die groot vlaktes. Na die Weste is die meer dominerende Soutpansberg, terwyl die Drakensberg-Platorand ver na die Suid-Weste is. Op die vlaktes in die Noorde kan die skaarser boksoorte soos die eland, baster-gemsbok, tsessebe, njalas en die pragtige swart-witpens gesien word.
Aan die Oostekant van Mopani lê die Noordelike deel van die Nasionale Krugerpark. Hierdie deel van die Nasionale Krugerpark het verskeie ruskampe en die Noordelike deel is ruier as die Suidelike deel. Die ruskampe is minder en die afstand tussen hulle is groter, maar dit verander nie aan die prag van dit alles nie - inteendeel, dit maak die bosveld net meer wild en wonderlik. Die kampe in die Noordelike deel (Mopanie, Shingwedzi en Punda Maria) het almal vulstasies, maar verblyfgeriewe is minder luuks as sommige ander kampe in die Suide.
Hoedspruit is geleë in die Suidpunt van Mopani. Dit is die Hoof-Lugbasis van die Suid-Afrikaanse Lugmag. Hierdie pragtige, ongerepte deel van die vallei word omring met etlike groot privaat wildreservate - Balule, Klaserie, Timbavati en Thornybush, om 'n paar te noem. Hierde reservate grens aan die Nasionale Krugerpark se Oostekant en oor die algemeen is daar geen heinings tussen die reservate en die Kruger nie. Dit is belangrik om u verblyf in hierde kampe vroegtydig te bespreek. Die verblyf kan baie duur wees, maar in die meeste gevalle is dit uiters luuks. Hierdie is die gastehuise wat u moet besoek as u graag skouers wil skuur met Hollywood-sterre.
By Blyderivier en Swadini is daar Aventura-oorde - hierdie is groot en gerieflike oorde wat baie verskillende aktiwiteite het. Daar is gerieflike verblyf en 'n restaurant met kroeg-geriewe. Al die Aventura-oorde het varswater-swembaddens.
Saam met die kranse van die Platorand wat afsak na Mopani, is daar meer as 500 voëlspesies - meer as die helfte van Suid-Afrika se voëlspesies. In die hoedspruit omgewing alleen is daar baie van die skaarste en mooiste voëls. Suikerbekkies in oorvloed kan gesien word as hulle feesvier in die Koraalboom se bloeisels in die vroeë lente. Hier is ook die skaars Knysna- en Bloukuifloerie. Mopani is werklik 'n voëlkyker se paradys.
Boskiep 2 bied selfsorgwoonstelverblyf in Tzaneen, in die Limpopo-provinsie. (Slaapplek vir 6). Boskiep 2 is 'n gerieflike oornag- of vakansiebasis, 'n bekostigbare selfsorgwoonstel vir sakereisigers, verkoopsverteenwoordigers, toeriste, ouers... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Tshukudu Boskamp bied 'n ware bosveld-ervaring in die Tshukudu-wildreservaat in die Hoedspruit-distrik van Limpopo. Geleë in die Sentrale Laeveld naby die Blyderiver Canyon en die Kruger Nasionale Park, naby Hoedspruit. Tshukudu... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Coach House Hotel & Spa bied hotelverblyf naby Tzaneen in die Limpopo-provinsie. (38 Kamers). Coach House Hotel & Spa is maklik bereikbaar vanaf Gauteng en bied landelike gasvryheid en gerief in rustige omgewings. Internasionaal bekende... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
BushGlam Luxury Holiday Home het drie moderne slaapkamers, twee van die beste kwaliteit badkamers, ruim woonkamers, eetgebied en 'n ten volle toegeruste kombuis. Buite is die volmaakte plek om te ontspan - hier kan u die privaat swembad geniet en ses.... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Zimswazi Golf Lodge bied luukse selfsorg-boslodge-verblyf in die Phalaborwa-distrik in die Vallei van die Olifants, Limpopo. Hierdie afgesonderde verblyf is in die bekende Hans Merensky-gholfbaan geleë. Die Lodge het slaapplek vir 4 volwassenes in 2. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Pavetta Country House bied selfsorgverblyf in Magoebaskloof in die Limpopo-provinsie. Hierdie selfsorghuis (6 volwassenes en 2 kinders) is pragtig geleë langs die Haenertsburg-forelvereniging se trofeedam met wonderlike uitsigte... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Ku Sungula Safari Lodge bied volversorgde boslodge-verblyf in die Balule-natuurreservaat in die Hoedspruit-distrik in die Limpopo-provinsie. Ervaar die wilde hart van Afrika se bosveld met 'n tikkie luukse. Ku Sungula Safari Lodge is 'n... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Toro Yaka Bush Lodge bied volledig versorgde boslodge-verblyf in die Balule-wildreservaat in die Hoedspruit-distrik van die Limpopo-provinsie. Toro Yaka, wat "My Droom" in Noord-Sotho beteken, is 'n unieke lodge wat in die... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Elephant Walk bied Bed & Ontbyt en Rugsakreisigersverblyf in Phalaborwa naby die ingangshek na die Krugerwildtuin. Elephant Walk is 'n baie gewilde B&B en rugsakreisigers wat deur gaste van regoor die wêreld besoek word. …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Glenogle Farm bied 2 selfsorgkothuise in die bergagtige area Magoebaskloof in die Limpopo-provinsie. (Slaap 4 en slaap 2). Geleë tussen Haenertsburg en Tzaneen, weggesteek tussen die denneplantasies in die pragtige bergagtige area... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Cheerio Trout Fishing Lodge (slaap van 28 - 33) bied 'n selfsorg-ontvlugting in die pragtige Cheeriovallei naby Haenertsburg, in die Magoebaskloof-omgewing, tussen Polokwane en Tzaneen en is 'n uitstekende oornagplek na die Krugerwildtuin... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Zwakala River Retreat is geleë op 'n plaas in privaat besit in die pragtige Magoebaskloofberge, net noord van Haenertsburg in die Limpopo-provinsie. Ons verskeidenheid akkommodasie sluit knus selfsorgkothuise, 'n gastehuis en 'n privaat kamp... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
Shikwari Bush Lodge bied volledig versorgde verblyf naby die J.G Strydom-tonnel in die Hoedspruit-distrik van die vallei van die Olifants in Limpopo. Ons is in Shikwari Natuurreservaat geleë en bied twee kampe op die reservaat naby Kruger Park... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.
umVangati House bied pragtige en eksklusiewe B&B-verblyf in die Hoedspruit-distrik in die Limpopo-provinsie. Weggesteek in die hartjie van die Blyderivier-canyon, een van Suid-Afrika se mees luisterryke natuurskoon bestemmings, umVangati... …sien meer vir besprekings / navrae en inligting.