Bly Plekke Logo

Waterberg

OorsigVerblyf

Waterberg

Die Waterberg-streek van die Limpopo-provinsie van Suid-Afrika se grense is die Limpopo-rivier en Botswana in die Weste. Die provinsiale grens in die Suide en die Magalakwena-rivier in die Ooste. Hierdie streek is bekend vir sy warm water-oorde en die pragtige bergterrein van die Waterberg-reeks. Daar is volop wild om te sien op die talryke wildreservate van die streek. Die skilderagtige tonele wissel van breë rollende heuwels tot die pragtige, rooi sandsteen-kranse. Tussen die heuwels en die berge van die Waterberg-streek is daar heelwat bewyse van menslike aktiwiteite wat duisende jare terug dateer.

Die Waterbergstreek het meer as 14000km² skouspelagtige tonele. Daar is die Nylsvlei-vloedvlaktes waar die grootste verskeidenheid van watervoëls gekonsentreer is, die Kaapse aasvoël-broeiterrein naby Thabazimbi, die Marakele Nasionalepark, Lapalala Wildernis Wildreservaat en baie warm waterbronne. Die belangrikste dorpe van die Waterberg streek is Bela-Bela (Warmbad), Modimolle (Nylstroom), Mookgophong (Naboomspruit), Vaalwater, Thabazimbi en Lephalale (Ellisras). Elke dorp het sy eie bekoring en is die moeite werd om te besoek met die verskeie historiese, kulturele en nataarlike vermake.

Die Waterberg-Streek van Limpopo is wyd, rustig en ongelooflik mooi. Dit is 'n fasinerende gebied met 'n ryk kulturele erfenis en natuurlike prag. Dit is veral 'n plek vir hulle wat 'n plek soek om af te skakel en te ontspan. Die Nylsvlei-vleilande is die tuiste van die grootste getal watervoëls van Suid-Afrika met sy meer as 400 spesies. Dit is amper gewaarborg dat 'n besoeker meer as 200 spesies in een enkele dag kan sien. Besoekers kan oornag daar kampeer of by enige van die verblyfplekke naby. Die Kaapse-aasvoëls kan ook gesien word as hulle op die lugstrome oor die Marakela Nasionalepark naby Thabazimbi ry. Die Park met sy skaars broodbome,  boomvarings en geelhoutbome is die tuiste van ongeveer 800 broeipare.

Die streek het groot gebiede van bosveld-grasvlaktes, met groepies bome en hoë vlei-struike, die uitgestrekte Waterberg-gebied en die Springbokvlakte in die Suide. Die Waterberg is meer as 3miljoen jaar oud. Argeologiese bevindings van die San-kuns is net 'n klein kykie in die streek se verlede. 'n Gedeelte van 'n werktuig van die ystertydperk-mynskag is in die Rooiberg gebied, Wes van Bela-Bela gevind en volgens radiokoolstof-toetse is dit ongeveer 1500 nC oud. Vandag, 500 jaar later is mynbou steeds 'n uiters belangrike deel van die ekonomiese struktuur van die Waterbergstreek, wat een van die rykste gebiede van minerale depositos ter wêreld is. Dit vorm deel van die bosveld se vulkaniese kompleks - 'n unieke kompleks van vulkaniese rots wat meer as 600 miljoen jaar gelede gevorm is en beskou word as een van die geologiese wonders van die wêreld. Die kompleks strek oor 'n gebied van 50000km² en is ryk in platinum, ystererts, vanadium, tin, tungsten, chromium en steenkool.  Die reeks het 'n florerende myn-industrie  wat vir baie jare nog sal bly voortbestaan.

Die Afrika Ivoor-Roete wat sy oorsprong in die legendariese heldedade van die vroeë ivoorjagters en goudhandelaars het, loop deur die Waterberg-streek. Vandag is hierdie roete 'n belangrike eko-toeriste- en 4x4 avontuurlike bestemming, gewild by safari-entoesiaste. Op hierdie roete met sy rowwe bergagtige terreine en verstommende wildernisgebiede is daar skilderagtige kampe, opwindende afritte en baie ander avontuur-geleenthede vir die Safari-entoesias. Hierdie roete sal veral daardie persoon pas wat aangetrokke is tot die Afrika wildernis. Verspreid, dwarsdeur die Waterberg-streek is daar baie warm minerale-bronne waar besoekers kan ontspan en verkwik word.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 20 van 33 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Waterberg Verblyf en Inligting. Waterberg, Limpopo.
WTS App Browser