Hierdie ruim en onlangs opgeknapte bachelor eenheid het ñ ongelooflike uitsig oor die Indiese oseaan en is minder as 50m van die strand. Die eenheid bestaan uit ñ oop plan slaap area met ñ dubbel bed, slaap bank, eetkamer tafel, ontbyt toonbank wat uitkyk oor die see asook ñ aparte kombuis en badkamer (insluitend ñ stort). DSTV ACCESS kanale is beskikbaar. Gaste is welkom om hulle eie dekodeerder en smartkaart  saam te bring indien meer kanale verkies word.

Veilige parkering met ñ CCTV sisteem en toegang met afstandbeheer sal gemoedsrus verseker gedurende u verblyf. Gemeenskaplike braai geriewe is beskikbaar. Verskeie restaurante, ñ speletjies arkade, swembaddens en die Toti winkel sentrum insluitend die hoofstrand is binne loop afstand vanaf Capri.

Fasiliteite
  • afstandbeheer sekuriteit
  • bootritte (minder as 5km)
  • braai - kommunale
  • DSTV in eenheid
  • films / teater (minder as 5km)
  • kano (minder as 5km)
  • kluis
  • kombuis (volledig toegerus)
  • lewendige vermaak (minder as 3 km)
  • linne en handdoeke voorsien
  • mikrogolf in eenheid
  • parkering op die terrein
  • restaurant (loop afstand)
  • restaurant (minder as 300m)
  • restaurant (minder as 5km)
  • stoof in eenheid
  • strand (absoluut op die strand)
  • visvang (minder as 3 km)
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • yskas in eenheid
  • ysskaats (minder as 5km)