40 WINKS is u AFRIKADROOM..... en ons plesier.....

40 Winks, 'n 4-ster gegradeerde gastehuis, gebou op outydse ideale met moderne geriewe. Ons glo in kwaliteit diens, bekostigbare, luukse verblyf en 'n smaaklike buffet-ontbyt.

Of u op soek is na verblyf vir die Argus Fietstoer, of vir 'n lang vakansie naby die see, groot inkopie-sentrums of asemrowende tonele, is 40 Winks Gastehuis die regte verblyfplek vir jou behoeftes. Luukse e-suite kamers is toegerus met items wat 'n luukse en vertroetelde verblyf verseker. Lugsorg, minikroeg, koffie/tee geriewe, kluis, HiFi, haardroër, TV/MNet/DSTV is standaard toerusting.

Kaapstad is die tuiste van sommige van die beste museums, gallerye, restaurante en winkels in die wêreld. Laat ons toe om u te help om die perfekte toer vir verkenning van hierdie groeiende wêreldstad te vind.

40 Winks Gastehuis is 'n unieke bestemming, gesetel onder Seinheuwel, binne loopafstand na die V&A Waterfront, middestad, Virgin Active Gym, strande en 'n strand-wandelpad. Naby aan Constantia-en Kaapse Wynlande, Houtbaai en 45min vanaf Kaapstad se Internasionale Lughawe. Luukse, en-sute verblyf (slegs 'n stort). Kontinentale buffet-ontbyt ingesluit in die verblyf-tarief. 'n Warm ontbyt is opsioneel, met ekstra koste vir u eie rekening. 'n Tuin en 'n sprankelende swembad. Beskutte parkering op terrein beskikbaar. Duits- en Engels-sprekend. Ontspan in die somerson rondom die swembad en in die tuin. Bak in die Suid-Afrikaanse son, of lees 'n boek. In ons kamers word u wakker gemaak met 'n verfrissende Afrika-dagbreek. 'n Pragtige uitsig op die onbesoedelde strande met maklike toegang.

WAT U IN KAAPSTAD KAN DOEN, tydens u besoek aan 40 WINKS:
Besoek V&A Waterfront, Robbeneiland, Kasteel van Goeie Hoop, Distrik 6, Bo-Kaap.
Stap en wandel op Tafelberg, Seinheuwel, Leeukop.
Toer op die wêreldbekende Kaapse wynlande, Kaap-Punt Natuur-reservaat, Kirstenbosch Botaniese Tuine.
Gaan kyk na die walvisse en doen 'n haaihok-duik in Hermanus en Gansbaai (1 uur reistyd).
Ontspan in die son by die internasionaal erkende Kampsbaai, Llundudno; Houtbaai, en Sandybay se strande.

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • Guest House Accommodation of South Africa
  • Tourism Grading - 4 Stars
Fasiliteite
  • buite swembad
  • DSTV (Hotel Bouquet)
  • DSTV in kommunale gebied
  • films / teater (minder as 5km)
  • gediens
  • kinder oppas diens
  • kluis
  • lughawe oordragte
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • motorhuur (minder as 20km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • parking off-site
  • tee / koffie fasiliteite
  • wasgeriewe
  • wasgeriewe (minder as 2 km)

Rigting aanwysings
Na 40 Winks GUEST HOUSE

VANAF DIE N2 (EN DIE LUGHAWE)
Vanaf die lughawe, neem die N2 na Kaapstad. Bly op die N2.
Wanneer u Kaapstad inkom, neem die Strandstraat-afdraai, volg die pad tot dit Hi Level Road word. Ry verder tot by Groenpunt, draai regs in St Georgesweg. Aan die onderkant van die straat in Ravenscraig. 40 Winks is aan u regterkant.

VANAF DIE N1
Bly op die N1 todat u Kaapstad binnekom, draai regs by 3de stel verkeersligte (Somersetweg), volg die pad totdat u St Georgesweg kry, draai links in St. Georges, die eerste straat regs is Ravenscraig Road. 40 Winks is by nommer 2.