Bly Plekke Logo
  • 1 of 8
    1/8 - Welterusten Cottage - Self Catering Accommodation in Kloof, Durban
  • 2 of 8
    2/8 - Kloof Self Catering Accommodation
  • 3 of 8
    3/8 - Self Catering Accommodation in Kloof, Durban
  • 4 of 8
    4/8 - Welterusten Cottage, Kloof - Self Catering Accommodation
  • 5 of 8
    5/8 - Self Catering Accommodation in Kloof, Durban
  • 6 of 8
    6/8 - Kloof Self Catering Accommodation
  • 7 of 8
    7/8 - Self Catering Accommodation in Kloof, Durban - Welterusten Cottage
  • 8 of 8
    8/8 - Kloof Self Catering Accommodation
  • 1 of 8
  • 2 of 8
  • 3 of 8
  • 4 of 8
  • 5 of 8
  • 6 of 8
  • 7 of 8
  • 8 of 8
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres:20 Kenilworth Drive, Kloof, KwaZulu-Natal
Kontak:Andrew and Diane van Dam
Fax  :+27-31-7641646
Cell (1) :+27-82-9560393
Cell (2) :+27-84-5125994

Betalings Opsies
  • MasterCard MasterCard
  • Visa Visa
Uitleg Slaapgeriewe
  • Selfcatering Cottage (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - king
    • Slaapkamer 2 - double sleeper couch
Bladsy Statistieke
18699 besigtings sedert 22 Mar, 2011.
Laas opgedateer op 06 Apr, 2023.
First year listed on WhereToStay.co.za

Geleë in die hart van Kloof, 'n boomryke, spogbuurt naby Durban in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, is 'n nuwe 1 slaapkamer selfsorg kothuis ideaal vir 'n kort sakebesoek, ‘n oornagplek of as 'n basis waarvan die vele avonture van hierdie gebied verken kan word. Dit is 700m bo seevlak en die klimaat is meer gematig en meer verdraagbaar as Durban se humiditeit.

Die kothuis het 'n privaat ingang, is geleë op 'n veilige eiendom en beskik oor 'n pragtige oopplan leefarea, ten volle toegeruste moderne kombuis, volle badkamer met bad en stort en 'n groot slaapkamer wat oopmaak op 'n pragtige beplande privaat tuin.

Welterusten is ideaal geleë naby aan baie verskillende aktiwiteite wat voorsiening maak vir alle ouderdomme en belangstellings. Ons is ook net 60 km vanaf die nuwe King Shaka Internasionale Lughawe.

Jou vriendelike gashere Diane en Andrew van Dam; vlot in Engels, Afrikaans en Nederlands, sal jou verblyf gemaklik maak.

Fasiliteite

  • 2 Enkelbeddens of 'n groot koning grootte bed
  • Slaapbank in sitkamer ((slegs vir kinders))
  • Wifi konneksie
  • DSTV
  • Haardroër
  • Komplimentêre tee / koffie word voorsien
  • Ten volle toegeruste kombuis met yskas, vrieskas, mikrogolf, oond, kookvlak en wasmasjien.
  • Lugversorger
  • Verwarmer
  • Kluis
  • Veilige parkering
  • Skoonmaakdiens
  • Braai fasiliteite
  • Wasmasjien
  • Strykyster en plank
  • Wasgoeddiens kan gereël word teen ekstra koste
  • Lughawe pendeldiens beskikbaar teen ekstra koste

Aktiwiteite

Kloof Gorge en die Krantzkloof Natuurreservaat is 3 km weg, vir pragtige staproetes na die watervalle, die waarneming van 'n paar byna uitgesterfde plantspesies en 'n ongelooflike verskeidenheid van voëls.

Naby aan winkelsentrums, baie uitstekende restaurante, insluitende die Heritage aandete teater en koffiewinkels almal binne 'n radius van 10 km wat  definitief sal voldoen aan almal se smaak.Wêreldbekende Durban Buiteklub en vele ander top gholfbane in die omgewing, insluitende Kloof Buiteklub en Cotswold Downs. Op die beroemde Comrades Marathon roete.

Ons is ook naby aan 'n aantal privaat kosskole, insluitend Kearsney en St Mary’s. Dit maak Welterusten 'n ideale plek vir ouers om te bly wat kom vir die naweek om hulle kinders te ondersteun met sport of net kwaliteit tyd saam wil spandeer.

'n Kort 25 min se rit en jy is in die middel van Durban se middestad met maklike toegang tot die Durban strande, uShaka Marine World, die Moses Mabhida sokker stadion en baie ander aktiwiteite. Dit bied jou die geleentheid om naby aan die aksie van die stad te wees, terwyl jy in staat is om die gewoel te ontsnap na 'n lang dag van toerisme-aantreklikhede, pret, sport of besigheid.

Die skouspelagtige Vallei van 'n 1000 Heuwels is 'n kort rit weg, waar jy 'n keuse van restaurante het met 'n pragtige uitsig oor die vallei. Daar is ook 'n aantal  handwerk stalletjies wat 'n besoek werd is. Phezulu huisves 'n tradisionele Zoeloe dorp met Zoeloe dans vertonings of besoek die krokodil plaas, wildsplaas of kyk hoe jou eie Swazi kers gevorm word reg voor jou.

Daguitstappies sluit die beroemde Tala Wild Reservaat in met byna 3000 hektaar natuurlike vlaktes en grasvelde en waar jy renosters, buffels, kameelperde, sebras en baie spesies bokke kan sien loop vanaf oop Land Rovers of jou eie voertuig. Ook die Midlands Meander met 'n gevarieerde verskeidenheid van gasvryheid, kuns, kunsvlyt, dekor en buitemuurse aktiwiteite in 'n pragtige en unieke landelike omgewing aan die voetheuwels van die Drakensberge as 'n agtergrond.

Vir diegene wat die uitdaging van stap in die majestieuse Drakensberge en die area te ondersoek is hulle net 3 uur se ry weg, soos ook die Umfolozi / Hluhluwe Wild Park waar die Groot 5 definitief vir opwinding en vermaak sal sorg.

Makaranga Lodge - 'n pragtige konferensie sentrum, huwelik lokaal & restaurant - is geleë op 30 akker welige botaniese tuine. Hulle verwelkom besoekers vir tee of etes en om te stap in die tuine, terwyl jy uitstekende kunswerke kan bewonder. Hierdie idilliese plek is net 3 minute weg van Welterusten.

Die Umgeni trein loop die eerste en laaste Sondag van elke maand van die plaaslike spoorweg kroeg, Stoker’s Arms, en is net 5 minute weg. Hierdie welbekende vermaak loop van Kloof na Inchanga en keer weer terug. Jy kan die plaaslike kunsmark verken in Inchanga, of geniet 'n maaltyd voordat jy terugkeer na Kloof in ‘n treinwa wat terugdateer na 1908, getrek deur 'n ware 1912 stoomlokomotief.

'n  Gereelde besoeker aan ons tuin is die bloukuifloerie, wat jy sal sien tydens jou verblyf.

Fasiliteite
  • Lughawe oordragte
  • Wasgeriewe
  • Mediese geriewe (minder as 5km)
  • Films / teater (minder as 5km)
  • Buite swembad
  • Parkering op die terrein
  • Tee / koffie fasiliteite
  • Wasmasjien in eenheid
  • Grootwild (minder as 30 km)
  • Motorhuur (minder as 20km)
  • Perdry (minder as 5km)
  • Internet fasiliteite
  • Kluis
  • Tuimeldroër
  • WiFi
Maak Google Map oop
Bladsy Statistieke
18699 besigtings sedert 22 Mar, 2011.
Laas opgedateer op 06 Apr, 2023.
First year listed on WhereToStay.co.za
Kaartaansig

Satellietaansig
Kaartaansig
Straataansig
Beskikbaarheids kalender

Welterusten Cottage
Slide calendar from left to right

Wag u op 'n spesiale ooreenkoms?

Spesiale aanbiedings! Ontvang vroeë kennisgewings

Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!

Spesiale aanbiedings

Teken in en word in kennis gestel die oomblik dat hierdie eiendom 'n spesiale aanbod plaas!

Wees die eerste om te weet en mis nooit uit nie!

'n Bevestigingsboodskap sal aan u gestuur word voordat hierdie intekening geaktiveer is.
* Book Online
  • 1 of 8
    1/8 - Welterusten Cottage - Self Catering Accommodation in Kloof, Durban
  • 2 of 8
    2/8 - Kloof Self Catering Accommodation
  • 3 of 8
    3/8 - Self Catering Accommodation in Kloof, Durban
  • 4 of 8
    4/8 - Welterusten Cottage, Kloof - Self Catering Accommodation
  • 5 of 8
    5/8 - Self Catering Accommodation in Kloof, Durban
  • 6 of 8
    6/8 - Kloof Self Catering Accommodation
  • 7 of 8
    7/8 - Self Catering Accommodation in Kloof, Durban - Welterusten Cottage
  • 8 of 8
    8/8 - Kloof Self Catering Accommodation
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Welterusten Cottage - Kloof, Durban Verblyf.
WTS App Browser