| Mid Seisoen: R 2,900 per nag. |
| Hoog Seisoen: (Paasnaweek, SA somer skool vakansies en SA Desember/Januarie skool vakansie). R 4,000 per nag. |
| R 650 Skoonmaak fooi per bespreking. |
| Minimum Verblyf: 3 - 4 Nagte gedurende lang naweke en Paas naweek. 4 Nagte gedurende SA somer skool vakansies. 7 Nagte gedurende SA Desember/Januarie skool vakansie. |
Tariewe is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing.
| Terme van betaling |
| Alle kwotasies is onderhewig aan beskikbaarheid ten tye van bespreking. 'n 50% Deposito is betaalbaar binne 48 uur na bespreking. Die 50% balans is betaalbaar 14 dae voor aankoms. Slegs die vermelde aantal gaste word toegelaat. Vir verblyf langer as 7 nagte sal vars linne, handdoeke en 'n vinnige skoonmaak voorsien word. Indien skoonmaakdienste op addisionele dae benodig word, kan dit op u eie koste gereël word. |
| Kansellasiebeleid |
| 21 tot 28 dae voor aankoms sal 75% van die deposito terugbetaal word. 14 tot 21 dae voor aankoms sal 50% van die deposito terugbetaal word. 7 tot 14 dae voor aankoms sal 25% van die betaalde bedrag terugbetaal word. Minder as 7 dae voor aankoms of in geval van versuim om op te daag sal geen terugbetaling gedoen word nie. |
| Aankoms En Vertrek Tye |
| Inklok vanaf 15:00 Uitklok voor 10:00 |
| Reëls/Voorwaardes |
| Rook slegs buite. Geen partytjies word toegelaat nie, behalwe op uitsondering met vooraf reëling. Klein ras hondjies streng op navraag en onderhewig aan goedkeuring. R150 per hondjie per verblyf. |