Bly Plekke Logo
  • 1 of 14
    1/14 - Sunny patio - Serendipity Coastal Lodge self catering Ballots Bay
  • 2 of 14
    2/14 - Wooden house in the fynbos - Serendipity Coastal Lodge self catering Ballots Bay
  • 3 of 14
    3/14 - Lounge with views of sea and Outeniqua mountains.
  • 4 of 14
    4/14 - Fully equipped kitchen - Serendipity Coastal Lodge self catering Ballots Bay
  • 5 of 14
    5/14 - Spacious eating area, seats 8
  • 6 of 14
    6/14 - Main bedroom, king size bed
  • 7 of 14
    7/14 - Main bedroom, king size bed
  • 8 of 14
    8/14 - Main suite bathroom
  • 9 of 14
    9/14 - 2nd bedroom, queen bed
  • 10 of 14
    10/14 - 3rd bedroom twin beds
  • 11 of 14
    11/14 - Quiet corner with large selection of books
  • 12 of 14
    12/14 - Watch the sea from the jacuzzi
  • 13 of 14
    13/14 - Down stairs washing machine, tumble drier plus an extra fridge
  • 14 of 14
    14/14 - Wood burning pizza oven on site
  • 1 of 14
  • 2 of 14
  • 3 of 14
  • 4 of 14
  • 5 of 14
  • 6 of 14
  • 7 of 14
  • 8 of 14
  • 9 of 14
  • 10 of 14
  • 11 of 14
  • 12 of 14
  • 13 of 14
  • 14 of 14
*Vanaf R1900
Per eenheid per nag
*Tariewe kan verskil volgens seisoen/aantal mense
 SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeë kennisgewings Wys Tariewe Beskikbaarheidskalender English
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres:21 Beach Road, Ballots Bay, Garden Route, Western Cape, South Africa
Kontak:Jenny Sampson
Tel  :+27-11-8033888
Fax  :+27-11-8033888
Cell  :+27-82-3222581

Betalings Opsies
  • EFT / Bank Transfer EFT / Bank Transfer
  • Sorry, Credit cards not accepted Sorry, Credit cards not accepted
Uitleg Slaapgeriewe
  • Serendipity Coastal Lodge (Slaap 6) x 1
    • Slaapkamer 1 - double
    • Slaapkamer 2 - double
    • Slaapkamer 3 - double
Spesiale Kategorieë
  • Visvang Verblyf - Varswater
Bladsy Statistieke
73884 besigtings sedert 09 Jun, 2004.
Laas opgedateer op 11 Apr, 2024.
First year listed on WhereToStay.co.za

Dit is 'n Selfsorg Gastehuis in 'n privaat natuurreservaat, Ballotsbaai, tussen George en Die Wildernis, Tuinroete, Weskaap-provinsie, Suid Afrika.

Algemeen.

Serendipity Gastehuis is 'n luukse houthuis met skouspelagtige uitsig oor see en berge. Dit is geleë op 'n steil  fynbos terrein op die kant van 'n beboste kloof in 'n privaat natuurreservaat.

Serendipity is van wêreldgehalte, 'n eko-liefhebber se droom.
Die kothuis is geleë in 'n privaat, rustige, gesonde en skilderagtige paradys.  Ballotsbaai is 'n wêreld van sy eie, 'n geheime pragplek, bekend aan slegs 'n paar bevoorregte inwoners en hul gaste.


Ligging

Die houtkothuis op pale is die perfekte plek vir enige persoon met liefde vir die natuur om weg te breek en te ontspan in volkome rustigheid.  U word omring met die natuur/wildpark, met bosbok, bontebok, zebra, volstruis, selfs die seldsame rooikat en honderde voëls.

Vanaf die dek, woon- en slaapkamers van Serendipity kan die Indiese Oseaan gesien word vanaf die riviermond tot by die horison.
Die walvis- en dolfyn-paradys strek onder jou voete, begrens met 40km kuslyn vanaf Die Wildernis tot by Buffelsbaai. Aanskou die stemming van die see en luister na die brekende golwe op die rotse rondom die genotvolle privaatstrand.

Aan die noordekant reik die dikwels mistige Outeniquaberge vanaf George tot by Knysna.

Daar is meer as 130 voëlsoorte in die Kaapse veldblom konininkryk.  Die "Afromontane forrest" van die George natuurreservaat, tuiste van die Knysnaloeries, is aan die linkerkant van die Baai en die fynbos-bedekte rotswande is aan die regterkant.  Hierdie twee plantsoorte ontmoet in die natuurlike tuin onder jou voete.  Die Erikas en Suikerbosse lok suikerbekkies en verleen kleur heel jaar lank.


Vermaak en gholf

U kan stap,in die see roei en/of visvang.  Indien ons privaat strand te klein of te eensaam vir u is, is die hele reeks van die bekende Tuinroete se strande binne bereik.

U kan na die Victoriabaai se strand stap via die Outeniqua Choo Choo spoorlyn om te swem of branderplank te ry, alternatiewelik is dit slegs 10 minute se reistyd. Ander gemaklike wandelpaaie sluit die Walvis-staproete, die Fynbos-staproete of die rustige stap na die Bosboma naby Sunset Point - Laat 20 tot 30 minute toe vir elke rigting en tenminste net solank om die uitsig te bewonder.   Daar is ook langer roetes insluitend 'n Strandloper grot-roete. ('n Toelatingskaartjie word vereis).

Indien jy jouself die tyd gun is die Tuinroete 'n paradys vir gholfspelers.  Die George, Kingswood, Fancourt, Links and Oubaai gholfbane is almal binne 30 minute  reistyd.  'n Verdere 30 minute sal u neem tot by Knysna, Pezula (Sparrebosch)- Plettenbergbaai, Gansvallei, Mosselbaai of Oudtshoorn.  Die Bells Academy Driving Range en die Glenwood Mashie Course is 15 min van verblyf.

Voedsel, drank en vermaak

Die naaste winkels is die Sasol en Engen Eenstop op die N2, terwyl die groot Tuinroete-winkelsentrum met kettingwinkels, restaurante en kroeë slegs binne 15 minute bereik kan word.  Die dorp George het motorhawens, bioskope, dokters, 'n hospitaal en alle sportgeriewe.  Die reistyd na die George lughawe is 22 minute vanaf verblyf.

Selfsorg-verblyf

Die gastehuis is pragtig gemeubileerd om selfs die kieskeurigste smake te bevredig.  Die eienaars is 'n dokter en sy vrou. Die gastehuis is gebou deur T&B log homes en versier deur Ingrid Davies Interiors.  Alhoewel die voorkoms knus en klein is, kan 6 persone gemaklik in 3 slaapkamers slaap, met stapelbeddens vir 5 persone in die onderste kamer.  Dit het 3 vol badkamers en 'n jacuzzi wat oor die see uitkyk.  Die oopplan kombuis, eetkamer en sitkamer het almal mooi uitsigte en daar is ook 'n sonnige biblioteek. Die kothuis voldoen aan elke behoefte en het 'n plasma TV met volle DSTV, DVD met baie films, Hi-fi, radios, 2 yskas/vrieskaste, stoof, oond, mikrogolf, wasmasjien, tuimeldroeër, skottelgoedwasser en skottelbraai. Die gastehuis het 'n klei-houtkaggel en gas- verwarmer. Dit sluit ook 'n boma met pizza-oond in.

Die gastehuis sal skoon en netjies by u aankoms wees, maar word nie gediens nie. Die fooi sluit die skoonmaak in nadat u vertrek het. Indien u ekstra diens gedurende u verblyf benodig, moet u asseblief navraag doen wanneer u bespreek.

Om daar te kom

Neem die Victoriabaai afrit vanaf die N2, 5km oos van George op pad na die Wildernis. Enkele 100 meters nadat u die N2 verlaat het, draai regs by die gemuurde ingang na Carmel/Ballotsbaai. Hier begin u avontuur. Ry verby die perde en woonwapark, hou regs net voor die Carmel sentrum en volg dan die smal tweespoor-steenpad. Omtrent 0.5km  verder kom u by die Outeniqua Choo Choo spoorlyn. Die volgende 1.5 km is smal, steil en kronkelend maar u het nie 'n 4X4 nodig nie, ry slegs stadig (15km/h maksimum). U ry dan af in die kloof, dan oor 2 riviere en dan, in eerste rat, ry op teen die anderkant.  Wanneer u by die t-aansluiting kom, net na die waghut op die bokant, het u Beach Road bereik. Draai dan links na die kapel.  Hou 100m verder links waar die pad afdraai na die Lands End/Chapel.  Serendipity, 21 Beach Road, Ballots Bay is 200m laer op die regterkant. Parkeer agter die wit Lada wat op die pad onder die huis is.

Geskikte Gaste

Serendipity is geskik vir enige persoon wat totale vrede en stilte in 'n geriefike huislike omgewing verlang.  Ideaal vir natuurliefhebbers en vir gespanne uitvoerende beamptes wat van alles wil wegkom.  Bring u gesin saam.  Daar is baie vir hulle om te doen. Rus, lees, ontspan in die spa, stap of slaap wanneer u wil. U sal nie graag wil vertrek nie. Daar is geen lawaai, geen skerp ligte en geen partytjies nie, maar George en die Wildernis is slegs 15 min weg.

Die gastehuis is  gelig (sien foto) dus moet u ten minste 15 maklike trappies klim. Geen troeteldiere word toegelaat nie (Dit is 'n natuurreservaat).

Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • AA Superior Accommodation
Fasiliteite
  • Wasmasjien op die terrein
  • Wasmasjien in eenheid
  • Tuimeldroër in eenheid
  • Tee / koffie fasiliteite
  • Parkering op die terrein
  • Natuurroete op die terrein
  • Films / teater (minder as 5km)
  • Wasgeriewe
  • Perdry (minder as 5km)
  • Wildritte op die terrein
  • Kaggel
  • Motorhuur (minder as 20km)
  • Lughawe (minder as 15km)
Maak Google Map oop
  • Aanwysings

    Take the Victoria Bay turnoff from the N2, 5 km east of George on the way to the Wilderness. A few hundred metres after leaving the N2, turn right through the walled entrance into Carmel / Ballots Bay. Your adventure starts here. Go past the horses and Caravan Park, keep right just before the Carmel Centre and go down a narrow two track brick road. About 0.5 km down the hill, you get to the Outeniqua Choo Choo rail line. The next 1.5 km are narrow, steep and winding but you do not need a 4x4, just go slowly (15 km/h max). You will go down into the gorge, cross over two rivers and then, in 1st gear, go back up the other side. When you get to the T-junction just after the guard hut at the top you have reached Beach Road. Turn left towards the Chapel. 100m down keep left where the road turns off to Lands End / Chapel. Serendipity, 21 Beach Road, Ballots Bay, is 200m down on the right. Park behind the white Lada which is in the driveway under the house.

Aanwysings

Take the Victoria Bay turnoff from the N2, 5 km east of George on the way to the Wilderness. A few hundred metres after leaving the N2, turn right through the walled entrance into Carmel / Ballots Bay. Your adventure starts here. Go past the horses and Caravan Park, keep right just before the Carmel Centre and go down a narrow two track brick road. About 0.5 km down the hill, you get to the Outeniqua Choo Choo rail line. The next 1.5 km are narrow, steep and winding but you do not need a 4x4, just go slowly (15 km/h max). You will go down into the gorge, cross over two rivers and then, in 1st gear, go back up the other side. When you get to the T-junction just after the guard hut at the top you have reached Beach Road. Turn left towards the Chapel. 100m down keep left where the road turns off to Lands End / Chapel. Serendipity, 21 Beach Road, Ballots Bay, is 200m down on the right. Park behind the white Lada which is in the driveway under the house.

Bladsy Statistieke
73884 besigtings sedert 09 Jun, 2004.
Laas opgedateer op 11 Apr, 2024.
First year listed on WhereToStay.co.za
Kaartaansig

Satellietaansig
Kaartaansig
Straataansig
Beskikbaarheids kalender

Serendipity Coastal Lodge
Slide calendar from left to right

Wag u op 'n spesiale ooreenkoms?

Spesiale aanbiedings! Ontvang vroeë kennisgewings

Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!

Spesiale aanbiedings

Teken in en word in kennis gestel die oomblik dat hierdie eiendom 'n spesiale aanbod plaas!

Wees die eerste om te weet en mis nooit uit nie!

'n Bevestigingsboodskap sal aan u gestuur word voordat hierdie intekening geaktiveer is.
* Book Online
  • 1 of 14
    1/14 - Sunny patio - Serendipity Coastal Lodge self catering Ballots Bay
  • 2 of 14
    2/14 - Wooden house in the fynbos - Serendipity Coastal Lodge self catering Ballots Bay
  • 3 of 14
    3/14 - Lounge with views of sea and Outeniqua mountains.
  • 4 of 14
    4/14 - Fully equipped kitchen - Serendipity Coastal Lodge self catering Ballots Bay
  • 5 of 14
    5/14 - Spacious eating area, seats 8
  • 6 of 14
    6/14 - Main bedroom, king size bed
  • 7 of 14
    7/14 - Main bedroom, king size bed
  • 8 of 14
    8/14 - Main suite bathroom
  • 9 of 14
    9/14 - 2nd bedroom, queen bed
  • 10 of 14
    10/14 - 3rd bedroom twin beds
  • 11 of 14
    11/14 - Quiet corner with large selection of books
  • 12 of 14
    12/14 - Watch the sea from the jacuzzi
  • 13 of 14
    13/14 - Down stairs washing machine, tumble drier plus an extra fridge
  • 14 of 14
    14/14 - Wood burning pizza oven on site
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Serendipity Coastal Lodge - Ballots Bay, George Verblyf.
WTS App Browser