Bly Plekke Logo

Oostelike Gebied

OorsigVerblyf
Impala in the Pilanesberg National Park  © Tambako The Jaguar , License

Oostelike Gebied

Die Oostelike-Streek van die Noord-Wes provinsie ook bekend as Bojanala, is bedek met tipiese Suid-Afrikaanse bosveld, wat dit 'n gewilde bestemming maak vir die eko-toeriste.

Platina neerslae in hierdie streek van Noord-Wes is kollosaal. Ander minerale sluit kalk-klip, floorspar, yster en half-edelstene in. Landbou fokus hoofsaaklik op tabak, sitrus en ander vrugte, bees, grondboontjies, sonneblom, mielies en koring.

As die mees skilderagtigste gebied van Noord-Wes, bied dit avontuur, sport, vakansievermaak, eko-toerisme, wild-ervarings, gesins-ontspanning en sport, historiese verkenning en die pret en plesier van Sun City en 'Palace of the Lost City'.

Aan die kant van die Kalahari-woestyn is die Sun City kompleks, seker Suid-Afrika se mees luukse oord. Internasionaal erken as 'n ontspannende vermaak en kongres-bestemming, is dit 'n fantasie-wêreld met uitstekende ontspannings- en verblyf-geriewe. Met die aangrensende Pilansberg Natuur-reservaat is dit Suid-Afrika se 3de grootste besoekpunt.

Die Sun City-kompleks se Superbowl het 6000 sitplekkke, vier luukse hotelle, sport en dobbelgeriewe, twee gholfbane, insluitende die Gary Player ontwerpte Sun City Country Club, gasheer van die jaarlikse internasionale multi-miljoendollar Nedbank Golf Challenge. Verblyf wissel vanaf selfsorg hutte tot stylvolle, luukse hotelle. Sport en ontspannende vermaak sluit in golfry en groot water-glybane in die vallei van die golwe, gholf, perdritte, muurbal, tennis, swem, bergfiets, kegelbal, ens., kleiduif-skiet en ook die geleentheid om oor die Pilansberg in 'n outydse Tiger Moth te vlieg.

Rustenburg is die oudste dorp in die Oostelike streek van die Noord-Wes provinsie. Dit is die afspringplek vir die naby-geleë plekke van belang en aktiwiteite, insluitende die dorpie Kroondal, wat gestig is deur Victoriaanse sendelinge en vandag 'n sentrum van plaaslike, Duitse gemeenskappe is, en ook die Paul Kruger-Museum by Boekenhoutfontein.

Magaliesberg 'n Nasionale erfenis-terrein het bloedige gevegte gesien in die negentiende eeu gedurende die opstand van die Ndebele kaptein Mzilikazi, as ook in die Anglo Boere-oorlog. Die hange, gewild vir sy staproetes, het verspreide vakansie-oorde.

Die "Mountain Sanctuary Park" in privaat besit, spog met bilharzia-vrye strome en pragtige klowe. Daar is volop voëls en kleiner boksoorte. Verblyf wissel van berghutte en tent-safari gastehuise tot woonwaparke en kampeerplekke. Die Kgaswane Berg-reservaat is 'n wonderlike stap-, fiets- en voël-kyk gebied met die Kaapse-aasvoël, breëkop-arend, papegaaie, die paradys-vlieëvanger en die skaars witkruis-arend. Die meeste van Suid-Afrika se boksoorte is hier. Ook die zebra, die rooikat, maanhaar-jakkals, rooi-jakkals en luiperd. Die kant van die Hartbeespoort-dam het baie waterdorpe, vakansie-oorde en naweek wegbreek-plekke. Dit is 'n watersport-paradys met visvang, duik, seil, kragbote, waterski, jetski, wind en para-seil. Weg van die water is daar vlerksweef, staproetes, warmlug-balonne, natuur-reservate met baie voëls, die grootste varswater akwarium in Afrika en 'n kabelspoor. Die juweel in die kroon van die Oostelike-Streek en die grootste toeriste-aantrekking van die Noord-Wes provinsie is die Pilansberg Nasionale Park. Hierdie park is ontwikkel in 'n uitgewerkte vulkaan met sy ses bergringe en bied verrassende geleenthede met die groot 5, die leeu, luiperd, renoster, buffel en olifant en ook seekoei, jagluiperd, hiëna, wilde honde, baie boksoorte en meer as 365 voëlspesies. Die park is omtrent 650vk myl groot met sowat 200 kilometer goeie teer- en grondpaaie. Dit sluit ook die meer, Mankwe (plek van die luiperd) in met sy instap-wegkruip-plekke.

Verblyf in die Pilansberg Nasionale Park wissel van luukse gastehuise, safarikampe, selfsorg berghutte en 'n hotel, boskampe met tente, grasdak-kothuise, woonwaparke en kamp-terreine.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 20 van 28 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Oostelike Gebied Verblyf en Inligting. Oostelike Gebied, Noordwes.
WTS App Browser