Bly Plekke Logo

Bophirima Region

OorsigVerblyf
Bophirima Region Dorpe
 
Ander Streke
Zebra in the high dry grasses  © Tambako The Jaguar , License

Bophirima Region

Bobhirima is die Westelike streek van die Noord-Wes provinsie. Geleë 1200 meter bokant seevlak is die klimaat gesond en droog, veral in die winter wanneer dae sonnig en verfrissend is. Die somers is warm en die jaarlikse reënval is gemiddeld 430mm.

Hoofsaaklik Kalahari-doringveld, het dit meestal groot beesplase. By verre Suid-Afrika se grootste beesvleis-voorsiener, spog hierdie streek met die grootste troppe Herefords in die wêreld. Verslapping van die Jag-konsessies het Bophirima 'n gewilde bestemming vir grootwild en trofee-jagters gemaak. Die groot uitgestrektheid van die Afrika-grasvlaktes is die tuiste van 'n groot verskeidenheid wild en wild-reservate in privaat besit en het diere soos, leeus, buffels en renosters.

Die hoofdorp van Bophirima is Vryburg. Toeriste-aantreklikhede sluit die Leon Taljaardt Natuur-reservaat in (wit-renoster, buffel, wildebees en zebra), en die naby-geleë Swartfontein-oord. Bophirima was voorheen bekend as Stellaland, sy geskiedenis sluit die belangrikheid van die streek in tot die Internasionale filatelie van die soeke na die mees gesogte posseëls van die wêreld. Stellaland is in 1882 gestig as 'n onafhanklike republiek en was altyd beskou as 'n wettelose streek, oorheers deur swak karakters soos die legendariese Scotty Smith, 'n veroodeelde droster uit die leër, 'n smokkellaar, perdedief en spioen van die eerste wêreld-oorlog. Alhoewel Stellaland sy eie vlag, wapenskild en volksraad gehad het, is die enigste oorblywende bewys van Stellaland-Republiek, sy pen-gekanselleerde posseëls -  wat uiters skaars en baie hoog gewaardeer word in die wêreld van filatelie.

Sir Arnold Theiler, 'n veearts en stigter van die wêreldbekende Veeartsenykunde Navorsings Instutuut van Onderstepoort, het sy werk in dieresiektes hier op die plaas Armoedsvlakte, naby Vryburg, waar daar nou 'n museum is, begin.

Een van die wêreld se mees bekende fossiele, is in die kalkgat by Taung (plek van die leeu), in die Bophirima-streek in 1924, gevind. Dit is die skedel van die Taung-kind (Australoputhecus africanus) deur die evoliste ge-ag as die 'verlore skakel' tussen mens en aap.

Verblyf in die Bobhirima-streek wissel van hotelle en gasteplase na safarikampe, gastehuise, bed en ontbyt, hutte en plaashuise.

Gewilde Dorpe

{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Bophirima Region Verblyf en Inligting. Bophirima Region, Noordwes.
WTS App Browser