Highrocks Beach House was in 2014 en 2015 gekies as een van die Top Tien Strandhuise deur Getaway Magazine vir elegansie en bekostigbaarheid. Neem asseblief kennis dat Highrocks Beach House en House on the Beach langs mekaar geleë is, en kan in totaal tot 22 volwassenes en 6-8 onder tien kinders akkommodeer. Vir sosiale byeenkomste en klein troues is hierdie 2 huise  ideaal.

Highrocks is 'n gemaklike rit van ongeveer 40 minute vanaf Durban, al langs die Suidkus. As jy die eiendom binnekom is die pragtige uisig oor die oseaan direk voor jou vanaf ‘n dubbel grote sitkamer met sigbare 80-jarige dakbalke. Uit die sitkamer loop ‘n dek en die see rol uit voor jou tot op die horison.Hangmatte en gemaklike sitplek is beskikbaar sodat jy kan ontspan en hierdie wonderlike omgewing geniet.

Highrocks het 2 koning grootte slaapkamers wat oor die see uitkyk, en-suite met lugversorging, een koningin grootte slaapkamer met ‘n see uitsig , en-suite met ‘n luversorger, een koningin slaapkamer met lugversorging asook ‘n massiewe groot slaapkamer met 4 stapelbeddens, 2 enkel beddens en 2 driekwart beddens met lugversorging. Die leef area sluit in 'n oopplan kombuis, sitkamer wat uitloop op ‘n onderdak dek met ‘n 12 sitplek eetkamertafel en sitkamer. Daar is 'n 6ft diep plons swembad op die rand van die dek om jou bekommernisse weg te streel.

Die uitsig strek so ver as wat die oog kan sien na die wêreldbekende Aliwal Shoal in die suide en noord oor al die baie baaie.Die eiendom is op ‘n half akker en het swaaie en ‘n boomhuis vir kinders. Toegang na die strand is langs 'n 100 m cul-de-sac en dan is jy op Widenham Bay, 'n ongerepte visvang baai en strand wat die bes bewaarde geheim vir jare is. Highrocks is 'n luukse selfsorg strandhuis wat 8 -10 volwassenes en 'n paar kinders onder 10 kan akkommodeer.

* Geskik vir klein troues ook.