Verruklik en uniek. Luukse selfsorg-verblyf. Kom en ondervind die Weskus op sy beste. Geleë in die prentjiesmooie kusdorp, Britanniabaai.

Indien u op soek is na 'n fantastiese vakansie-verblyf, is hierdie 3 slaapkamer, eko-vriendelike, selfsorg houtkajuit op die strand, die antwoord!
U stap direk vanaf u tuin op die verruklike strand!

Ideaal vir:

  • Luukse Weskus vakansie-verblyf
  • Wittebrood-verblyf (baie privaat)
  • Verblyf vir trou-gaste
  • Spesiale en unieke plek om troufotos te neem.

Ten volle toegerus, 'n luukse hout-strandhuis met al die geriewe en 'n ONOORTREFLIKE SEE-UITSIG. 'n Groot stoep met 'n enorme braaiplek en soliede hout-stoepmeubels.

Eko-vriendelike huis met LED-ligte, 'n gasstoof, 'n gas-waterverwarmer en 'n inheemse tuin. 'n Ideale strand-speelplek vir kinders.

  • Slaapkamer 1: Dubbelbed met hoë kwaliteit linne, badhanddoeke, strandhanddoeke, baie kas-spasie, besonderse see-uitsig.
  • Slaapkamer 2: Dubbelbed met hoë kwaliteit linne, badhanddoeke, strandhanddoeke, baie kas-spasie en see-uitsig.
  • Slaapkamer 3: Kajuitbed met bedlinne, bad- en strandhanddoeke. (Hierdie kamer is slegs vir kinders, 16 jaar en jonger).
  • Kombuis: Graniet-blaaie, yskas, eko-vriendelike wasmasjien, 4 plaat ingeboude gasstoof, mikrogolf/konveksie-oond, ten volle toegerus met eetgerei en breekgoed, potte en panne, 'n eetblad met 4 stoele.
  • Badkamer 1: 'n Stort, wasbak, toilet, bad- en strandhanddoeke.
  • Ook 'n aparte toilet.
  • Woonkamer: 1 roomkleur dubbel-bank met 2 gemakstoele, 'n koffietafel, grootskerm-HDTV met volle DSTV met 'home theatre sistem'.
  • 'n Knus kaggel met 'n outydse 'Queen Ann stove' in woonkamer, ideaal vir 'n winter-skuiling.
  • Veiligheid: 'n volle alarm-sisteem, veilige en beskutte parkeerplek.
Fasiliteite
  • afstandbeheer sekuriteit
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • bootritte (minder as 5km)
  • braai
  • braai - kommunale
  • DSTV in kommunale gebied
  • Golf (minder as 5km)
  • kaggel
  • kano (minder as 5km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • private ingang
  • restaurant (minder as 5km)
  • skottelgoedwasser
  • strand (absoluut op die strand)
  • strand (minder as 500 m)
  • tee / koffie fasiliteite
  • visvang (minder as 3 km)
  • visvang op die terrein
  • walviskyk (minder as 10 km)
  • walviskyk op die terrein
  • wasgeriewe
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wasmasjien in eenheid
  • wasmasjien op die terrein

Rigting aanwysings
Volg die N1 deurpad Noord vanaf Kaapstad, links by afrit R27, Weskus-pad, ry verby Paarden Island, Table View, Melkbosstrand vir ongeveer 125km, draai dan links in R45 na Vredenburg. Draai by 1ste verkeerslig regs in Vredenburg op die R399 na Velddrif, ry 10 km verder en draai links na St Helenabaai. Ry vir omtrent 17km en draai dan links na Britanniabaai, draai daarna regs voor die grondpad, en ry tot by die T-aansluiting, met die huis direk voor u (Linariastraat 17).
Of:
Volg die N2, Settlers vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, Wes na die stad, neem afrit 9 na M5 Blackriver Park Way hoofweg, Noord en verder op die M5, bo-oor die N1-Snelweg aansluiting in Koeberg, oor die treinbrug en dan onmiddelik links in Boundery Rd, draai by volgende verkeerslig links in Marine Drive en verder op die R27 Weskus-pad na Vredenburg. Of: As u van Stellenbosch se kant af kom, volg R304 na Malmesbury, ry deur die dorp tot by die N7 snelweg en dan links op die R45 na Hopefield/Vredenburg.

GPS Koördinate: 32° 43' 8.44" S, 17° 56' 11.69" E