Daisy se Strandhuis in Scottburg
Selfsorg Duplex met see uitsig
Scottburgh strandhuis bied gehalte-vakansieverblyf vir ‘n gesin of groep vriende. Die eenheid is op die strand en word deur die natuurlewe omring.
Die ruim dubbelverdieping-eenheid het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die slaapkamers is op die eerste verdieping en het koninggrootte-beddens.
Daar is 2 dubbelslaapbanke met slaapplek vir nog 4 gaste in die leefarea. ‘n Paar opblaasmatrasse is ook beskikbaar, indien nodig.
Die eerste verdieping het ‘n ruim balkon met ‘n pragtige uitsig oor die warm Indiese Oseaan.
Die kombuis op die onderste verdieping is ten volle toegerus vir ‘n sorgelose selfsorg-vakansie, en het ook ‘n skottelgoedwasser en wasmasjien.
Die sitkamer het gemaklike sitplek en ‘n TV met DStv. Dit lei na ‘n stoep met braaigeriewe waar gaste saam kan kuier en kosmaak, en ‘n ogie kan hou oor die kleinspan wat in die tuin baljaar.
Scottburgh Tuiste op die Strand is net 500 m vanaf die hoofswemstrand waar daar ook restaurante en winkels is.
Kom geniet ‘n welverdiende sorgvrye vakansie by die see.
Freeland Park Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Freeland Park Quad/4x4/Bike Trails Accommodation • Freeland Park Fresh-Water Fishing Accommodation • Freeland Park Conference Venue Accommodation • Freeland Park Interesting Place Accommodation • Freeland Park Self Catering Accommodation • Scottburgh Area Self Catering House, Cottage, Chalet Accommodation • Scottburgh Area Quad/4x4/Bike Trails Accommodation • Scottburgh Area Fresh-Water Fishing Accommodation • Scottburgh Area Conference Venue Accommodation • Scottburgh Area Interesting Place Accommodation • Scottburgh Area Self Catering Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!