Get it on Google Play
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Kromdraai Farm, Fouriesburg Road, Clarens, Free State, South Africa
Kontak : Denner
Tel : +27-58-2230592
Sel (1) : +27-72-9357637 (Cameron)
Sel (2) : +27-81-4041241 (Lerene)

The Barbet Country Cottages

Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf In Clarens

Die Barbet Country Kothuise is ideaal vir gesinne of groot groepe se wegbreke, met 4 mooi kothuise om van te kies. Elkeen met sy eie, wonderlike karakter en styl. Die Barbet Country kothuise is op 'n groot plaas, 17 km vanaf Clarens langs die pragtige Maluti-roete, 'n pragtige, skilderagtige rit, wat ons eie "Gods Window" insluit, met uitsig op die uitgestrekte Maluti bergreeks. Die uitsig vanaf die kothuise is verstommend. Op die plaas is blesbokke, rietbokke, duikers en baie ander wildlewe. Voëlkykers kan die baie spesies voëls geniet, insluitende die paradys-vlieëvanger, hoep-hoep, roofvoëls en baie beslis, die kuifkop-houtkapper. Bergfietsryers is welkom om ons eie doelgemaakte bane van 4km tot 30km te kom geniet. Skakel af met die asemrowende berg-uitsig, ontspan in die vars lug en geniet die stil, verfrissende wandelinge.

Kies tussen ons 4 kothuise.

The Willows is 'n twee-slaapkamer kothuis, vernoem na die stil plekkie tussen die wilgerbome met 'n wye uitsig op die Malutiberge. Die kothuis is goed toegerus met 2 privaat badkamers (1 met 'n romantiese pootjies-bad en die ander met 'n instap-stort) en 'n vol toegeruste, moderne, oopplan kombuis. Geniet skemerkelkies op die stoep. 'n kaggel verseker dat die hele kothuis reg deur die koue maande warm is en die gemaklike vloei van woon-, na eet-, na kombuis-gebied wil verseker dat u verblyf in hierdie genotvolle kothuis onvergeetlik sal wees en een wat u sal wil dwing om weer en weer terug te keer.

The Nest is 'n romantiese, 2 slaaplkamer kothuis (4 persone) gesetel onder 'n grasdak met 'n oopplan kombuis en 'n hoekbad met stort. The Nest het sy eie grasdak-stoep met inspirerende uitsig wat u kan geniet terwyl daar gebraai word. Die kombuis, woonkamer, badkamer en hoofslaapkamer het vloerverhitting vir u gerief in die winter. U sal daarvan hou. The Nest is toegerus met vol DSTV.

The Cottage is 'n 3 slaapkamer kothuis (6 persone + 1 op versoek), gedeeltelik onder 'n grasdak met 'n knus sonkamer en 'n kaggel. Die kothuis spog met 'n vol toegeruste kombuis en twee badkamers (1 met 'n bad). Die kothuis is ideaal vir gesinne. Dit het 'n pragtige uitsig oor die plaaslande as agtergrond.

The Annexe het 'n grasdak (2 persone) koppel met 'n rondawel met 'n ruim vol toegeruste kombuis, 'n stylvolle binnekant en goeie afwerking. Hierdie nuutste toevoeging tot ons kothuise bied aan ons gaste 'n unieke ervaring. Met 'n pragtige uitsig oor die berg vanaf die braaigebied, bied die Annexe die ideale plek vir 'n rustige tydjie. Die Annexe is toegerus met volle DSTV.

Al die kothuise het:

  • Vol toegeruste kombuise
  • Beddens met elektriese komberse
  • Ekstra komberse
  • Bedlinne en handdoeke
  • Daaglikse skoonmaakdiens op versoek
  • Braaigebied (hout word op versoek voorsien)
  • Die Annexe en die Nes het vol DSTV

Ander geriewe:

  • Lapa - Baie geskik vir braai, potjies en kampvure
  • Bergfiets-paaie (4km - 30km doelgemaak)
  • Swembad
  • 4x4
  • Rivier
Fasiliteite
  • bergfietsry
  • braai / barbecue - communal and onsite
  • DSTV (premie)
  • DSTV in eenheid
  • elektriese komberse
  • fietsroetes
  • kaggel
  • kombuis (volledig toegerus)
  • linne en handdoeke voorsien
  • mikrogolf in eenheid
  • natuur roete op die terrein
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • nie gediens
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 50km)
  • private ingang
  • stap
  • stoof in eenheid
  • tee / koffie fasiliteite
  • verwarmers in eenheid
  • verwarming
  • visvang op die terrein
  • wi-fi / hotspot
  • wildritte (minder as 30 km)
  • yskas in eenheid

Rigting aanwysings

Aanwysings Vanaf Clarens

Neem die Fouriesburg-pad/R711 afdraai na die regterkant net verby Clarens op die R712 (pas op vir die spoedwalle as u die dorp verlaat). Na 17km draai links in die S1356 en onmiddellik regs in die S505 grondpad - u sal die wit Barbet Cottages naambord reg voor u sien. Ry verder met die grondpad vir 2.5km, die Barbet Cottages indraaipad is aan u regterkant.

GPS Koördinate:
-28 39' 17.070"; 28 22' 4.134"

  • Betalings Opsies
  • EFT / Geld Oordrag EFT / Geld Oordrag
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Eienaar Taalopsies
  • Afrikaans
  • English
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • The Annexe (Slaap 2) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
  • The Cottage (Slaap 8) x 1
    • Slaapkamer 1 - koning, enkel
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 3 - koning, enkel
  • The Nest (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - dubbel
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel
  • The Willows (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
    • Slaapkamer 2 - driekwart, driekwart
  • Spesiale Kategorieë
  • Gasteplaas Akkommodasiebesonderhede
    Is your establishment on a working farm?
    Yes
  • Troeteldier-vriendelike Akkommodasiebesonderhede
    The following apply
    Small dogs
    Big dogs
    Dogs have to be on lead whilst outside
    Kennels provided
    Kennels must be used
    Other animals on the property
    Horse stables – bedding provided
    Horse stables – bedding not provided
    Horse paddocks
    Grooms available
    Arena
    Parking area for horse box / float
  • Quad / 4x4 / Fietsroete Verblyfbesonderhede
    The following apply
    Bring your own bicycle
    Bicycles to hire
    Bicycle set trails
    Bicycle - free to explore
    Bring your own quad bike
    Quad bikes to hire
    Quad bike set trails
    Quad bikes – free to explore
    Bring your own off-road motorcycle
    Off-road motorcycles to hire
    Off-road motorcycle set trails
    Off-road motorcycle – free to explore
    4x4 vehicle set trails
    4x4 vehicle – free to explore
  • Meer As 10 Gaste Verblyfbesonderhede
    Your establishment has capacity to cater for groups of 10 or more.
    Yes
Naby gelee interessante plekke
Bladsy Statistieke
47022 besigtings sedert 26 Jun, 2008.
Laas opgedateer op 21 Jun, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 11 years