Hierdie pragtige en modern eerte vloer eenheid is geleë in een van die Santorini blokke – die eenheid is gelykstaande met die parkering (geen trappe op en af om in die eenheid te kom nie) en het ‘n balkon met ‘n prentjie-mooi uitsig van die see.
Die eenheid slaap ‘n maksimum van 6 persone- twee queen grootte beddens en 2 enkel beddens.
Twee badkamers met storte, waarvan die een en-suite is met die hoofslaapkamer.
Die sitkamer het ‘n TV en DSTV, en maak oop op ‘n eetkamer area. Daarna beweeg mens buitentoe na ‘n ruim balkon met ‘n panoramiese uitsig op die see, en ‘n gas braai.
Die kombuis is ten volle uitgerig met ‘n yskas/vrieskas, mikrogolf, wasmasjien, skottelgoedwasser, tuimeldroër en lugbraaier.
Die eenheid her lugverkoeling in elke vertrek.
Die eenheid beskik oor ‘n enkel onderdak parkering. Gaste parkering is onderhewig aan beskikbaarheid.
Die kompleks het ‘n gemeenskaplike swembad en braai area.
Die eenheid vermag toegang tot ‘n private strand, sowel as Thompson’s Bay hoofstrand.
Die kompleks het 24uur sekuriteit by die ingang.
Bring asseblief eie swemhanddoeke.
Santorini Village is 20 minute se ry vanaf King Shaka Lughawe af. Die hoof inkopie sentrums in Ballito (Lifestyle Centre en The Junction) is 5 minute weg vanaf Santorini.
Ballito Area Selfsorg Vakansie Woonstelle • Ballito Area Selfsorg Akkommodasie • Ballito Central Selfsorg Vakansie Woonstelle • Ballito Central Selfsorg Akkommodasie • Thompsons Bay Selfsorg Vakansie Woonstelle • Thompsons Bay Selfsorg Akkommodasie
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!
