Waverleysrest bied twee ruim toegeruste selfsorgkothuise aan, geleë in die Pretoria-voorstad Waverley in Tshwane.
Die sonnige en ruim kothuise bied slaapplek aan tot ses of sewe gaste en straal 'n huislike atmosfeer uit. Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof met vier plate, oond, mikrogolfoond en yskas-vrieskas. Alle kombuisgereedskap word vir u gerief voorsien. Die leefarea is oopplan en beskik oor 'n eetarea met 'n etenstafel sowel as 'n sitkamer. Die sitkamer het 'n TV met volle DStv-toegang. Daar is 'n braai-area en 'n verhitte swembad wat op versoek gebruik kan word. Skoonmaakmiddels word voorsien, maar 'n skoonmaker kan teen 'n ekstra koste gereël word. Veilige parkering word vir u gemoedsrus voorsien.
Ons is slegs 3 km vanaf die N1 geleë, wat maklike toegang bied tot: die N4 (wat na Sun City lei), die gewilde Irene-mark, Menlyn- en Kollonade-winkelsentrums, The Carousel (hotel- en vermaaksentrum) en nog baie meer.
Ons bied veilige parkering op die perseel.
Ons is naby die volgende geleë: Lewende Woord Brummeria, die Universiteit van Pretoria, verskeie winkelsentrums (bv. Menlyn en Kollonade), die Staatsteater en Loftus. Ons is ook naby die volgende hospitale: Moot-hospitaal, Eugene Marais, Pretoria Akademiese Hospitaal, Meulmed en Femina-kliniek.
Skoonmaak- en wasgoedgeriewe is teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Of u die stad nou vir werk of ontspanning besoek, u sal nie spyt wees as u by ons tuisgaan nie.
Pretoria Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Pretoria Selfsorg Akkommodasie • Waverley, Pretoria Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf • Waverley, Pretoria Selfsorg Akkommodasie
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!
