Uvongo Chalets 19 is ‘n ruim, moderne selfsorg grondvloer vakansiewoonstel net oor die pad van die strand.  Geniet die sonsopkoms en die maan se strale op die see vanaf die ruim patio met buitemeubels, ingeboude braai asook ‘n weber braai. Die seeuitsig is fantasties.

Die woonstel is ideaal vir gesinne op soek na ‘n ontspanne en veilige omgewing.  Dit is veral geskik vir gesinne met kinders wat lekker in die tuin kan speel en gaste wat nie trappe magtig is nie.

Die woonstel is smaakvol versier en het slaapplek vir 4 volwassenes en 4 kinders.

Daar is 3 slaapkamers en 2 badkamers.  Die hookslaapkamer het ‘n koningin groote bed en ‘n volledige en-suite badkamer.  Slaapkamer 2 het ‘n dubbelbed end die 3rd slaapkamer het 2 stapelbeddens en is ideaal vir 4 kinders.  Die tweede badkamer het ‘n stort, wasbak en toilet.  

Die sitkamer het ‘n platskerm TV, ‘n  DVD en  ‘n DSTV koppelpunt met die Easy view kanale.  Gaste kan hulle  eie dekodeerder en simkaart saambring.  

Die oop-plan kombuis is volledig toegerus met yskas/vrieskas, stoof met oond, mikrogolf, wasmasjien, tuimeldroer, ketel, broodrooster asook genoeg eetgerei en breekware.

Daar is ‘n toesluit motorhuis asook ‘n swembad in die kompleks.  Daar is verskeie visvangplekke binne stapafstand van die woonstel.

Uvongo is die ideale basis vanwaar omliggende besienswaardighede soos Wild Coast Sun, Ushaka Marine World en Oribi Gorge besoek kan word.

Fasiliteite
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • bootritte (minder as 5km)
  • braai
  • buite swembad
  • dakwaaiers
  • DSTV (bring kaart en dekodeerder)
  • DSTV in eenheid
  • duik (minder as 10 km)
  • films / teater (minder as 5km)
  • haaibesigtiging (minder as 10 km)
  • kano (minder as 5km)
  • kluis
  • kombuis (volledig toegerus)
  • lughawe (minder as 15km)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • motorhuur (minder as 20km)
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • nie gediens
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • reptielpark (minder as 20km)
  • restaurant (minder as 5km)
  • rolbal (minder as 5km)
  • skottelgoedwasser
  • stoof in eenheid
  • strand (minder as 500 m)
  • toesluit motorhuis
  • tuimeldroĆ«r in eenheid
  • visvang op die terrein
  • walviskyk (minder as 10 km)
  • wasgeriewe
  • wasmasjien in eenheid
  • yskas in eenheid