Net 'n paar treë vanaf die afdak (terrein parkering) neem u na die deur van hierdie "Tuis van huis", met slaaplek vir 6 (gesamentlik volwassenes en kinders, of 'n maksimum van slegs 4 volwassenis).

Die woonstel het 'n oopplan woon/eet/kombuis-gebied, 'n badkamer met bad en stort, 'n slaapkamer met 2 kajuitbeddens (volgrootte) en 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed. Die woonstel is ten volle toegerus met al die geriewe - Tv & DVD-speler; radio/musieksentrum; stoof met oond; yskas met vrieskompartement en mikrogolfoond. 'n Wasmasjien, stofsuier en "n babahek" wat hierdie verbruikers-vriendelike opset voltooi. Geen tekorte aan eetgerei, breekgoed en glase nie, baie, om ook te voorsien vir ekstra gaste met etes. Daar is baie rakspasie en beddegoed vir u gerief (selfs kampeer-matrasse vir die onverwagte oornag gas). Jammer, geen rook in die gebou nie. Strandhanddoeke word nie voorsien nie.

'n Stap van 4 blokke neem u na die beste strand ooit vir uitstekende wandelinge op die wit sand, veilige swem, of kyk na die walvisse (tussen Augustes en November) terwyl u 'n koppie koffie of ligte maaltyd geniet. Binne twee tot 3 blokke is die spoorwegstasie, restaurante, winkels, toerisme-inligting, biblioteek en sportgeriewe - absoluut alles wat u nodige het vir 'n rustige vakansie.

Aan die ander kant, ry 'n paar kilometers na die historiese Houtbaai met sy oorvloed seekos.

Ons is binne reikafstand van plekke soos Kaapstad (20km) en die Paarl (100km).

Fasiliteite
  • DSTV in eenheid
  • duik (minder as 10 km)
  • Golf (minder as 5km)
  • haaibesigtiging (minder as 10 km)
  • kano (minder as 5km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • motorhuur (minder as 20km)
  • muurbalbaan (minder as 5km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • radio in die kamer
  • reptielpark (minder as 20km)
  • restaurant (minder as 5km)
  • rolbal (minder as 5km)
  • strand (minder as 500 m)
  • tee / koffie fasiliteite
  • televisie in die kommunale gebied
  • tennisbaan (minder as 5km)
  • walviskyk (minder as 10 km)
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wasmasjien in eenheid
  • wi-fi / hotspot
  • wildritte (minder as 30 km)