Sandown is 'n voorstad van groot eiendomme geleë net langs Johannesburg se nuwe sentrale sakegebied van Sandton. Sandown is reg langs die Sandtonplein en net 'n paar blokke van die Sandton City-winkelsentrum en langs die Sandton-konferensiesentrum af. Sandton Sports Club is in die George Lea Park, net 'n paar blokke wes van Sandown. Sandown is baie naby aan die Inanda Club, bekend in Suid-Afrika vir sy ruiterbande, en is binne loopafstand van die Wanderers Krieketklub.
Sandown is amper heeltemal oorgeneem deur besighede wat Sandton en sy omgewings gebruik as die nuwe Johannesburgse sakegebied, en die meeste huise wat eens privaat huise was, het nou kommersiële en finansiële kantore. 'n Aantal veilige meenthuis komplekse kan gevind word in Sandown, meestal aan die oostekant. Sandown en sy omgewing bied 'n aantal eersteklas hotelle aan.