Die ou Johannesburgse voorstad van Kensington lê oos van sentraale-Johannesburg. Dit is begrens in die Suide deur Malvern en die bekende Julesstraat. Hier is honderde klein huise gebou in die vroeë 1920's. Kensington het ontwikkel tot een van die gewildste woonbuurte van Johannesburg. Die voorstad is die tuiste van verskeie goeie skole, veral Jeppe Boys en Jeppe Girls skole. In die middel van Kensington is die Kensington Koppie, 'n gunsteling loopplek vir honde liefhebbers, soos die Rhodes Park met sy meer. Rhodes Park is die tuiste van 'n lewendige bowlingklub en het 'n openbare swembad.
Kensington is baie handig vir Eastgate-winkelsentrum en vir die vlooimark en vissersdorp by Bruma. Die voorstad is die tuiste van verskeie goeie restaurante en die Darras-winkelsentrum. Aan die suidelike rand van die voorstad is die Mel-Bel Tennisklub. Kensington is net 'n klipgooi van die Ellis Park-rugbystadion.