Shangrila Innibos - Tented Camps & Camping

Karavaanpark / Woonwapark Verblyf In Hartbeespoort & Dam

Shangrila innibos word omring deur die ongelooflike Magaliesberg-reeks.

In 'n skaduryke omgewing kan gaste ontspan met die geluide van ‘n groot verskeidendheid voëls.

Alle karavaan staanplekke bied privaat ablusie geriewe, met stort fasiliteit, asook onderdak braai geriewe met opwas/voorbereidings areas.

Gaste kan snoesig om 'n vuur kuier, met private opelug bomas, by elke staanplek asook selfsorg eenhede.Meeste staanplekke met privaat buitelug storte is heerlik vir die somer.

Selfsorg eenhede bied akkommodasie vanaf 2- 20 gaste, toegerus met nodige toestelle, elk met private braai areas.

Verskeie oornag kamers, luuks toegerus met TV’s bied reisigers die opsie vir ‘n kort wegbreek na Hartbeespoortdam, ‘n populere naweek bestemming.