Sediba - is die Sotho-woord vir Clarens

Niks is gespaar om u verblyf die mees genotvolle en onvergeetlike ervaring te maak nie. Ons gelukkige kliënte kom keer op keer terug. Dit getuig van wat Sediba bied. Sediba bestaan uit South Lodge: 3 slaapkamers (2 enkelbeddens in elke kamer vir 6 persone), elke slaapkamer het 'n privaat badkamer, woon/eet area en kombuis. North Lodge bestaan uit: 2 Slaapkamers (twee enkelbeddens in elke kamer vir 4 persone). Beide huise het kaggels, verwarmde handdoek-relings, elektriese komberse, 'n weberbraai en onderdak-stoepe.

Die gastehuise is ruim, goed geleë, word gediens en bied tuis-van-huis gemak. Die uitsig is verstommend en beide huise is slegs 'n paar meter van 'n dam vol forelle. Die Rooiberg-reeks en sandsteen-kranse bied 'n asemrowende toneel.

Die 3de huis,  "Sediba Mountain Lodge" is van dieselfde gehalte ontwerp en kyk uit oor die forel-dam en 'n wildspark. Hierdie luukse huis het indrukwekkende uitsig van die hoogste gehalte, het slaapplek vir 4 persone in 2 aparte ruim slaapkamers (2 enkelbeddens in die een en 'n konings-grootte bed in die ander een). Die slaapkamers het privaat badkamers, vloer-verhitting, kombuis, eetkamer en sitkamer en 'n groot kaggel.

Sediba Lodge is 'n oord van rus en vrede, 'n veilige wegbreek-plek waar 'n mens in die 300 hektaar wildspark met ruie rivier-oewers kan gaan stap. Miskien tyd spandeer vir hengel, of op die stoep te sit en kyk na die zebras, wildebeeste of miskien 'n rietbok wat teen die berghang wei. Geniet 'n glas wyn en bewonder die voëllewe. Die enigste nag-geluide is die getjank van 'n jakkals, die roep van 'n uil of soms die geraas van 'n ystervark wat wortels grawe. Ons waarborg dat die sterre hier helderder skyn as elders!

Indien u uself kan los-skeur van Sediba, het Clarens en Golden Gate baie om u aan te bied. Clarens het 'n oorvloed van kunsgallerye, handwerkwinkels en goeie restaurante. As dit opwinding is wat u soek, probeer dan die witwater-roei, of 4x4 quadfietse. Neem 'n meer gemaklike rit deur die Golden Gate Nasionale Park of gaan op 'n dinosaurus wandeling of besoek die geskiedkundge Engelse/Boere-oorlog terreine. Daar is 'n gholfbaan, perdritte, boesman-tekeninge, muurbal en tennisbane beskikbaar. Clarens is 'n pragtige klein dorpie met so baie om te sien en te doen.

Belangrik: Met persone word kinders ingesluit. Daarom kan daar nie afgewyk word van die bovermelde aantal persone nie.

Fasiliteite
  • grootwild
  • boot / mariene sleephelling
  • braai
  • Golf (minder as 5km)
  • grootwild (minder as 30 km)
  • jag (minder as 30 km)
  • kaggel
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • meer op die terrein
  • mikrogolf in eenheid
  • muurbalbaan (minder as 5km)
  • natuur roete op die terrein
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • perdry (minder as 5km)
  • private ingang
  • restaurant (minder as 5km)
  • rolbal (minder as 5km)
  • rotskuns (minder as 20km)
  • visvang (minder as 3 km)
  • visvang op die terrein
  • wasgeriewe