Bly Plekke Logo
  • 1 of 25
    1/25 - "Sea-for-Africa", 255 Heathery Lane, View from across the road.
  • 2 of 25
    2/25 - Street view. Top bed- and bathroom above left garage.
  • 3 of 25
    3/25 - Top bedroom, accessed via staircase outside front door on street level.
  • 4 of 25
    4/25 - Top bedroom, enjoying the view
  • 5 of 25
    5/25 - Stairs from front door and courtyard bedroom to courtyard and main living area
  • 6 of 25
    6/25 - Courtyard and top bedrooms exterior, viewed from the inner courtyard.
  • 7 of 25
    7/25 - Courtyard bedroom, situated on mezzanine level between street level and main living area
  • 8 of 25
    8/25 - Courtyard bedroom, en-suite bathroom with bath and hand-shower
  • 9 of 25
    9/25 - Courtyard with built-in braai and weber
  • 10 of 25
    10/25 - Open plan lounge area with view of Indian Ocean
  • 11 of 25
    11/25 - Open plan dining room with view of Indian Ocean
  • 12 of 25
    12/25 - Kitchen, with sliding door leading to braai area in inner courtyard
  • 13 of 25
    13/25 - Top balcony, on kitchen/dining room/lounge area level
  • 14 of 25
    14/25 - View from the top balcony, to the right
  • 15 of 25
    15/25 - View from the top balcony, to the left
  • 16 of 25
    16/25 - Main bedroom, on kitchen/dining room/lounge area level
  • 17 of 25
    17/25 - Main bedroom, en-suite bathroom with shower and bath
  • 18 of 25
    18/25 - Staircase leading down from kitchen/dining room/lounge area towards entertainment area
  • 19 of 25
    19/25 - Entertainment room with pool table, TV and 3 sleeper couches
  • 20 of 25
    20/25 - View of natural KZN vegetation and Indian Ocean from entertainment room
  • 21 of 25
    21/25 - Downstairs bedroom, on entertainment room level
  • 22 of 25
    22/25 - Downstairs bedroom, en-suite bathroom with shower
  • 23 of 25
    23/25 - View from lower deck/balcony, outside entertainment room
  • 24 of 25
    24/25 - View of the house from the beach. You have to get your feet wet!
  • 25 of 25
    25/25 - Tennis & squash courts, pool, children's playground and putt-putt course. 700 metres from house
  • 1 of 25
  • 2 of 25
  • 3 of 25
  • 4 of 25
  • 5 of 25
  • 6 of 25
  • 7 of 25
  • 8 of 25
  • 9 of 25
  • 10 of 25
  • 11 of 25
  • 12 of 25
  • 13 of 25
  • 14 of 25
  • 15 of 25
  • 16 of 25
  • 17 of 25
  • 18 of 25
  • 19 of 25
  • 20 of 25
  • 21 of 25
  • 22 of 25
  • 23 of 25
  • 24 of 25
  • 25 of 25

SEA-FOR-AFRICA

SELFSORG HUIS / KOTHUIS VERBLYF IN PRINCE'S GRANT

*Vanaf R3750
Per eenheid per nag
*Tariewe kan verskil volgens seisoen/aantal mense
Wys Tariewe Beskikbaarheidskalender English
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres:Lot 255, Prince's Grant Golf Estate, KwaZulu-Natal North Coast, South Africa
Kontak:Andries
Cell  :+27-82-5510781

Betalings Opsies
  • EFT / Bank Transfer EFT / Bank Transfer
Eienaar Taalopsies
  • English
  • Afrikaans
Uitleg Slaapgeriewe
  • Entire House / rate per night (Slaap 8) x 1
    • Slaapkamer 1 - queen
    • Slaapkamer 2 - single, single
    • Slaapkamer 3 - queen
    • Slaapkamer 4 - single, single
Spesiale Kategorieë
  • Gholf Akkommodasie
    Your establishment is on a golf estate?
     Yes

Bladsy Statistieke
58977 besigtings sedert 29 Aug, 2002.
Laas opgedateer op 15 Feb, 2024.
First year listed on WhereToStay.co.za

SEA-FOR-AFRICA

SELFSORG HUIS / KOTHUIS VERBLYF IN PRINCE'S GRANT

Sea-for-Africa is ‘n ruim 4-slaapkamerhuis met ‘n lieflike, wye en onbelemmerde uitsig oor die Indiese Oseaan, omring deur die kalmerende en rustige klank van die see en die verfrissende vars seelug op jou voorstoep. 

Dit is geleë op die rustige sekuriteits-gholflandgoed, Prince’s Grant Coastal Golf Estate, sowat 30 minute se ry noord van Ballito aan die Dolfynkus van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Sea-for-Africa is die ideale blyplek vir ‘n gholfvakansie, ‘n seevakansie, om tyd saam met jou kinders te spandeer of net om jou batterye te herlaai in ‘n ontspanne omgewing.

Uitleg van die huis

Die huis kry sy naam vanaf die lieflike uitgestrekte 180-grade uitsig oor die see vanaf die huis se oopplan leefarea-eetkamer-kombuis. Groot glas skuifdeure gee toegang tot die boonste dek vanwaar dolfyne en walvisse gereeld gesien word en die vars seelug jou verfris.

Op die onderste vlak is ‘n ruim speletjieskamer met DSTV, ‘n “pool”-tafel en 3 slaapbanke. Hierdie vlak het ook groot glas skuifdeure wat uitloop op die onderste dek. Alhoewel hierdie vlak steeds ‘n 180-grade uitsig oor die see bied, is dit nader aan die pragtige natuurlike inheemse plantegroei van die KZN Noordkus.

Die huis het 4 en-suite slaapkamers, waarvan drie ‘n ongelooflike mooi uitsig oor die see bied. Twee slaapkamers is in die huis – een op die vlak van die leefarea en kombuis en die ander kamer op die vlak van die speletjieskamer. Beide slaapkamers het glas skuifdeure wat oopmaak na die groot gemeenskaplike dekareas. Die derde slaapkamer is op ‘n vlak tussen die straat en die hoofhuis en kyk uit op die private binnehof en braai-area. Die vierde slaapkamer is bo die motorhuis geleë en word bereik met trappe vanaf die straatvlak waar die huis se voordeur ook is. Hierdie kamer met sy lieflike uitsig oor die see en sy eie privaat balkonnetjie bied so bietjie privaatheid vanaf die res van die huis se gaste. 

Daar is twee motorhuise.

Kombuis, opwas en geriewe vir wasgoed

Die huis word op ‘n selfsorg basis verskaf. Die kombuis is toegerus met ‘n volledige stoof en oond, mikrogolfoond, yskas en vrieskas. Dit bied ‘n gerieflike basis om smaaklike maaltye te kan voorberei. ‘n Skottelgoedwasser help om vinnig met skotteldgoed klaar te speel.

‘n Wasmasjien en tuimeldroeër is geleë in die kombuis sou dit nodig wees om wasgoed te was. Die wasgoeddraad is net buite die kombuis in ‘n afsonderlike klein binnehof geleë. 

Indien nodig, kan addisionele skoonmaakdienste bespreek word teen ‘n addisionele fooi per dag. 


Aktiwiteite en fasiliteite binne Prince’s Grant

Prince’s Grant is ‘n lushof vir natuurliefhebbers met lieflike inheemse plantegroei en is ook die tuiste van bosbokkies, duikers, ‘n wye verskeidenheid voëllewe en blou-apies. 

Die landgoed bied 24-uur sekuriteit. Dit is ten volle omhein met ‘n elektriese omheining en verskeie strategiese geslote baan TV-kameras is geïnstalleer. Die volgende fasiliteite en geriewe is beskikbaar binne die landgoed:

  • Kampioenskap 18-putjie gholfbaan
  • Gholf oefenbaan (“Driving range”) 
  • Gholf Pro-shop
  • Direkte toegang tot ‘n rustige strand van sowat 2 km lank
  • Staproete deur die inheemse plantegroei langs die lagoon 
  • Drie swembaddens, geleë op verskillende plekke in die landgoed
  • Tennisbaan
  • Muurbalbaan
  • Speelarea vir kinders
  • Kano’s vir gebruik op die lagoon 
  • Visvang (bring eie toerusting)
  • Restourant en kroeg by die klubhuis en “Lodge”
  • Konferensiesentrum en funksielokaal by die “Lodge”

Die hoofswembad, tennisbaan, muurbalbaan en speelarea vir kinders is sowat 700 meter vanaf Sea-for-Africa geleë.

Kort paadjies deur die lowergroen tropiese plantegroei van die KZN Noordkus lei tot die strand. Daar is buitestorte, ablusiegeriewe en parkering beskikbaar by al drie hekke vanaf die landgoed na die strand. Toegang deur hekke word geaktiveer met u eie vingerafdrukke, wat geregistreer word met u aankoms by die landgoed. By die hoofhek, die mees suidelike hek naaste aan die lagoon, is daar lewensredders aan diens tydens skoolvakansies. Die ander twee hekke bied toegang tot gedeeltes van die strand met heerlike rotspoele wat veral tydens laagwater sigbaar is en ure se pret verskaf aan kinders. Onthou asseblief te alle tye dat die see gevaarlik kan wees en dus is toesig oor kinders noodsaaklik. Daar kan ook slange wees in die bosse, wat liefs met rus gelaat moet word. 

Gaste is welkom om die landgoed en omgewing per fiets te verken.

In die omgewing

Kruideniersware kan gekoop word in KwaDukuza (Stanger) wat sowat 10 minute se ry vanaf die landgoed is. Die dorp bied ook basiese mediese dienste. Sowat 20 minute se ry verder is Ballito, wat geleentheid bied vir meer uitgebreide inkopies asook verskeie restourante en flieks.

Die King Shaka Internasionale Lughawe is sowat 50 km vanaf Prince’s Grant.  

Ander besienswaardighede in die omgewing wat heerlike daguitstappies bied: 

  • Crocodile Creek, tussen Ballito en Tongaat
  • KwaZulu-Natal Haaieraad in Umhlanga
  • uShaka Marine World (oseanarium and water pretpark) in Durban
  • Mikrovliegtuigritte en hemelduike (“microlights, skydiving and paragliding”)
  • Bergfietsroetes
  • Vierwielfiets (“quad bike”) roetes
  • Hluhluwe-Imfolozi Wildtuin (sowat 2 ure se ry)  
  • Koning Shaka Gedenkmonument in KwaDukuza (Stanger) 
  • Luthuli museum in Groutville, wat die lewe van Albert Luthuli, die eerste Nobelpryswenner van Suid-Afrika, gedenk 
Fasiliteite
  • Wasmasjien in eenheid
  • Tuimeldroër in eenheid
  • Tennisbaan
  • Muurbalbaan
  • Restaurant op die perseel
  • Op gholflandgoed
  • Geen rook in die huis nie
  • Natuurroete op die terrein
  • Toesluit motorhuis
  • Gholf op die terrein
  • Gratis parkering
  • DSTV
  • Gemeenskaplike swembad
  • Dakwaaiers in slaapkamers
  • Kanovaart ter plaatse
  • Braai fasiliteite
  • Strand (minder as 500 m)
Maak Google Map oop
Naby gelee interessante plekke
Bladsy Statistieke
58977 besigtings sedert 29 Aug, 2002.
Laas opgedateer op 15 Feb, 2024.
First year listed on WhereToStay.co.za
Kaartaansig

Satellietaansig
Kaartaansig
Straataansig
Beskikbaarheids kalender

Sea-For-Africa
Slide calendar from left to right

Wag u op 'n spesiale ooreenkoms?

Spesiale aanbiedings! Ontvang vroeë kennisgewings

Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!

Spesiale aanbiedings

Teken in en word in kennis gestel die oomblik dat hierdie eiendom 'n spesiale aanbod plaas!

Wees die eerste om te weet en mis nooit uit nie!

'n Bevestigingsboodskap sal aan u gestuur word voordat hierdie intekening geaktiveer is.
* Book Online
  • 1 of 25
    1/25 - "Sea-for-Africa", 255 Heathery Lane, View from across the road.
  • 2 of 25
    2/25 - Street view. Top bed- and bathroom above left garage.
  • 3 of 25
    3/25 - Top bedroom, accessed via staircase outside front door on street level.
  • 4 of 25
    4/25 - Top bedroom, enjoying the view
  • 5 of 25
    5/25 - Stairs from front door and courtyard bedroom to courtyard and main living area
  • 6 of 25
    6/25 - Courtyard and top bedrooms exterior, viewed from the inner courtyard.
  • 7 of 25
    7/25 - Courtyard bedroom, situated on mezzanine level between street level and main living area
  • 8 of 25
    8/25 - Courtyard bedroom, en-suite bathroom with bath and hand-shower
  • 9 of 25
    9/25 - Courtyard with built-in braai and weber
  • 10 of 25
    10/25 - Open plan lounge area with view of Indian Ocean
  • 11 of 25
    11/25 - Open plan dining room with view of Indian Ocean
  • 12 of 25
    12/25 - Kitchen, with sliding door leading to braai area in inner courtyard
  • 13 of 25
    13/25 - Top balcony, on kitchen/dining room/lounge area level
  • 14 of 25
    14/25 - View from the top balcony, to the right
  • 15 of 25
    15/25 - View from the top balcony, to the left
  • 16 of 25
    16/25 - Main bedroom, on kitchen/dining room/lounge area level
  • 17 of 25
    17/25 - Main bedroom, en-suite bathroom with shower and bath
  • 18 of 25
    18/25 - Staircase leading down from kitchen/dining room/lounge area towards entertainment area
  • 19 of 25
    19/25 - Entertainment room with pool table, TV and 3 sleeper couches
  • 20 of 25
    20/25 - View of natural KZN vegetation and Indian Ocean from entertainment room
  • 21 of 25
    21/25 - Downstairs bedroom, on entertainment room level
  • 22 of 25
    22/25 - Downstairs bedroom, en-suite bathroom with shower
  • 23 of 25
    23/25 - View from lower deck/balcony, outside entertainment room
  • 24 of 25
    24/25 - View of the house from the beach. You have to get your feet wet!
  • 25 of 25
    25/25 - Tennis & squash courts, pool, children's playground and putt-putt course. 700 metres from house
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Sea-For-Africa - Prince's Grant Verblyf.
WTS App Browser