Sea Cottage 21 is 'n selfsorghuis met 2 verdiepings wat teen die kus in Diaz-strand tussen Hartenbos en Mosselbaai op die skilderagtige Tuinroete geleë is. Die eenheid is ongeveer 50m vanaf die strand. Dié eenheid is naby Langeberg Mall, Garden Route Casino, gholfbane, restaurante en verskeie wildsplase, soos Botlierskop. Die Kango-grotte en Oudtshoorn se volstruisplase is sowat 70 km van die eenheid af.

Ons bied verblyf in 'n drieslaapkamer-eenheid met 3 badkamers en 'n volledig toegeruste, oopplan-kombuis en -sitarea. Die onderste verdieping het 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n eie ingang. Die badkamer het 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, asook 'n privaat ingang. Die derde slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en lei na 'n dek met 'n lieflike uitsig oor die see en Robbe eiland. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n watersuiweraar. Daar is ook 'n wasmasjien en lugversorger .Die sitarea het 'n TV met DStv en 'n hoëtroustel.
Die eenheid het 'n toe stoep met tafel en stoele waar heerlik gekuier kan word.

Daar is ook 'n buitebraai-area, en veilige onderdak parkering vir 2 voertuie. Daar is beheerde toegang tot die swembad en die strand.
Ons verskaf linne en bad handdoeke. Bring asb net u eie swem handdoeke.

Let asseblief op: geen troeteldiere word toegelaat nie en rook is verbode in die huis.

Fasiliteite
  • afstandbeheer sekuriteit
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • bootritte (minder as 5km)
  • braai
  • buite swembad
  • Casino (minder as 10 km)
  • DSTV in eenheid
  • Golf (minder as 5km)
  • grootwild (minder as 30 km)
  • haaibesigtiging (minder as 10 km)
  • jag (minder as 30 km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • lewendige vermaak (minder as 3 km)
  • lughawe (minder as 15km)
  • lugversorging in sitkamer
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • motorhuur (minder as 20km)
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • restaurant (minder as 5km)
  • seiljag verhuur (minder as 5km)
  • strand (absoluut op die strand)
  • tennisbaan (minder as 5km)
  • visvang (minder as 3 km)
  • wasmasjien in eenheid
  • wildritte (minder as 30 km)