Get it on Google Play
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Boshoek Farm, Memel, Free State, South Africa
Kontak : Liana van Niekerk
Tel : +27-58-9240755
Faks : +27-58-9240755
Sel : +27-82-0801175

Selfsorg gasteplaas-verblyf tussen Vrede (Vrystaat).

Ronderus Guest Farm is geleë in die Noord-Oostelike Vrystaat in die Memel-distrik, naby genoeg aan Gauteng vir die ideale naweek se wegbreek. Dit is ook op die pad na Durban.

Ons het somer-reënval met koel somers en koue winters. Sneeu in die winter is 'n moontlikheid. Ons bied u 'n plaasvakansie op sy eie. Die plaas bied uitstekende voëlkyk-geleenthede. U kan in die berge gaan stap. 'n Ideale plek vir 'n gesin om te ontspan en die natuur in privaatheid te geniet.

Naby aan Memel en die Seekoeivlei se vleilande. Ons voorsien kaarte van die omgewing, met die verskillende bergpasse en die voëlkyk-roetes. U kan ook op die grondpaaie met u quadfietse gaan ry. Ronderus het 5 slaapkamers (2 dubbel- en 7 enkelbeddens). Badkamers. Woon/eetgebied. Goed toegeruste kombuis. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Goed toegeruste lapa met braaigebied buite, kombuis/eetkamer binne.

Ons bied gerief en pragtige uitsigte vir totale ontspanning in die natuur.

Fasiliteite
  • braai
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kroegyskas
  • mikrogolf in eenheid
  • Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.

  • Betalings Opsies
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
Bladsy Statistieke
18706 besigtings sedert 25 Apr, 2007.
Laas opgedateer op 04 Apr, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 12 years

Ronderus Guest Farm verskyn in die volgende afdelings:

Memel Selfsorg Huis / Kothuis VerblyfMemel Gasteplaas AkkommodasieMemel Selfsorg Akkommodasie