Slegs 60 meter vanaf die hoogwatermerk geleë. Hierdie ruim huis, met 5 slaapkamers, teëlvloere en helder, lugtige kamers het 'n ononderbroke uitsig op die Indiese Oseaan.

Akkommodasie

Akkommodasie vir 11 mense (linne word voorsien)

  • Oopplan-woonkamer / kombuis met see-uitsig.
  • Twee slaapkamers met dubbelbeddens en 'n uitsig oor die see.
  • Een slaapkamer met 'n dubbelbed, stort en toilet, en-suite.
  • Twee groot slaapkamers met onderskeidelik 2 en 3 beddens.
  • Twee badkamers elk met ‘n stort en bad
  • Twee aparte toilette
  • Toesluitmotorhuis vir 3 motors.

Fasiliteite

  • Mikrogolf
  • Groot dubbeldeur yskas / vrieskas
  • Draagbare- & Weber braai
  • Tafeltennis & half grootte snoekertafel en veerpyltjiebord (in die motorhuis)
  • Boogie borde, bordspeletjies en legkaarte
  • Wasgoedkamer met 'n wasmasjien en tuimeldroër
  • Huishoudster is beskikbaar teen 'n redelike fooi.
  • 5000 Liter Jojo-tenk met 'n pompstelsel wat water by die huis sal lewer as daar 'n munisipale wateronderbreking is.

Plaaslike omgewing

  • Walvis en dolfyn besigtiging vanaf die huis.
  • Die hele jaar deur 'n gematigde klimaat - haainette word in Junie gelig vir die sardienloop.
  • Fantastiese natuurlike getypoel voor die huis.
  • Southbroom-strand binne maklike loopafstand. 
  • Ramsgate-strand het Blouvlag status.
  • Talle gholfbane in die omgewing insluitende Southbroom, San Le Mere, Margate en Wild Coast Sun Casino Resort.
  • Wat van 'n mikroligte vlug langs die kus?
  • Uitstekende restaurante en groot winkelsentrums.
Fasiliteite
  • lughawe (minder as 15km)
  • lugversorger (sommige eenhede)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • strand (absoluut op die strand)
  • strand (minder as 500 m)
  • tuimeldroër in eenheid
  • visvang op die terrein
  • wasgeriewe
  • wasmasjien in eenheid