Geleë in Bloubergstrand ou dorp, naby Kaapstad, 'n klipgooi ver van een van die mooiste strande op die Suid-Afrikaanse kuslyn, sal jy hierdie vakansie rusplek vind. Nick's Seaside Rest bied selfsorg verblyf met egte Suid-Afrikaanse gasvryheid. Baie van ons gaste het etlike kere teruggekeer.

Slegs 20 kilometer vanaf Kaapstad se middestad, is Bloubergstrand ook ideaal geleë vir die verkenning van die wynroetes en die kus.

Nick's Seaside Rest is 60 meter van die see geleë, loopafstand na die omliggende restaurante en 'n entjie verder na Grootbaai/Big Bay, die wêreld beroemde strand vir branderplank- en seilplankryers.

Die eiendom is geleë in 'n stil woonbuurt. Alhoewel daar 'n beperkte uitsig is van die oseaan vanaf die sitkamer van hierdie skakelhuis, sal gaste dit geniet om langs die strand te stap, asemrowende sonsondergange waar te neem, te draf langs die netjiese strandfront of net in die son te baai. Gedurende September/Oktober kan walvisse in Tafelbaai gesien word. Pragtige lente veldblomme kan in die omgewing gesien word gedurende Augustus en September.
 
Nick's Seaside Rest is verbind aan 'n private woning en twee tipes nie-rook akkommodasie is beskikbaar: 'n Skakelhuis en 'n studio woonstel.

Die skakelhuis, op twee vlakke, is ten volle gemeubileer, het drie slaapkamers, slaap 5 persone en het twee badkamers (een vol badkamer met toilet en 'n tweede een met stort en wasbak) plus 'n aparte toilet met wasbak. Hoofslaapkamer met dubbel bed; tweede slaapkamer met twee enkel beddens OF 'n omskepte “king” grootte bed; derde slaapkamer met twee enkel beddens. Ruim sitkamer en aparte eetkamer (dubbele volume). Groot kombuis met breekgoed en messegoed, stoof, mikrogolf, yskas, wasmasjiien, skottelgoedwasser, ketel en broodrooster. DStv Premium pakket. Elektroniese muurkluis. Linnegoed en handdoeke word voorsien. Ruim beskutte patio en tuin vir buite ontspanning. Mobiele braaitoestel. Private ingang en motoringang.

Die studio woonstel is ten volle gemeubileer, slaap twee persone en het 'n slaaparea (met dubbel bed) gekombineer met 'n sit/eetkamer gedeelte, aparte badkamer (stort, wasbak en toilet)en aparte kombuisie. Die kombuisie is toegerus met 'n Salton mini-stoof, mikrogolf, yskas, broodrooster, ketel en breekgoed en messegoed. TV met ontvangs van plaaslike kanale. DStv Premium pakket op aanvraag teen minimale fooi per nag. Elektroniese muurkluis. Linnegoed en handdoeke word voorsien. Mobiele braaitoestel. Private ingang en motoringang.

Veilige parkering word op die perseel voorsien vir drie motors (insl. een vir die studio woonstel) agter groot sluitbare hekke. Stoorplek vir fietse en branderry toerusting. Strandhanddoeke voorsien op aanvraag. Skoonmaakdiens vir verblyf langer as 'n week. ROOK VERBODE.

Die eiendom is binne loopafstand van goeie plaaslike restaurante, en ook binne loopafstand (3 minute) van 'n biblioteek. Die gebied is bekend en ideaal vir vlieërplankry, seilplankry, branderplankry, duik en verskeie ander watersportsoorte.

Gereelde Snelbusdiens (MyCITI) na winkelsentrums, die Stadskern en V&A Waterfront: Bushalte 100 meter vanaf die huis.

Die volgende besienswaardighede is binne redelike afstande:

  • 5 tot 15 minute vanaf winkelsentrums, belangrikste banke, 'n hospitaal, flieks, video winkels, gholfbane, gimnasium met muurbalbane en binne swembad. Rietvlei beskermde moerasgebied en Sanccob Rehabilitasie Sentrum vir pikkewyne en kusvoëls.
  • 15 minute vanaf Ratanga Junction pretpark en die aanliggende Canal Walk winkelkompleks.
  • 25 tot 30 minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, die middestad van Kaapstad, gewilde Victoria & Alfred Waterfront en Two Oceans Akwarium, die Kaapstad Internasionale Konferensie Sentrum en die Tafelberg kabelspoorstasie.
  • 30 tot 40 minute na Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuine en etlike wynlandgoede van wêreld gehalte.
  • 45 minute na die Boulders Afrika Pikkewyn natuurlike beskermingsgebied by Simonstad en 'n rapsie verder na Kaappunt.
  • Ongeveer een uur: Weskus Nasionale Park wat ongeveer 250 voëlspesies huisves en waar onbeskryflike lente veldblomme gedurende Augustus en September gesien kan word.
Fasiliteite
  • braai fasiliteite
  • DSTV in kommunale gebied
  • films / teater (minder as 5km)
  • geen rook in die huis nie
  • gratis parkering
  • kluis
  • lughawe (34kms)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • motorhuur (minder as 20km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • restaurants close by
  • tee / koffie fasiliteite
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wasmasjien in eenheid

Rigting aanwysings
GPS Co-ordinates:
Latitude: -33.48141
Longitude: 18.27679

DIRECTIONS: From Cape Town International Airport:
  • Take N2 Highway (Settlers Way) towards Cape Town for ± 10km.
  • Take M5 offramp to Milnerton (this becomes Koeberg Road).
  • Travel along Koeberg Road for ± 10km, passing over the N1 Highway, following the signs to Milnerton, and then Bloubergstrand.
  • Just past Caltex refinery (right hand side of Koeberg Road) turn left into the M14 (this is Blaauwberg Road).
  • Travel along Blaauwberg Road for ± 5 km all the way to the beach.
  • At the end of the road (beach front), turn right into Marine Drive (still M14).
  • Travel ± 2km along Marine Drive.
  • Turn Left into "Sir David Baird Drive".
  • Our property is the first face brick house at No 11.