Get it on Google Play
  SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeĆ« kennisgewings Beskikbaarheid + Tariewe + Bespreking E-Pos Bespreking / Navraag
Gas resensies English
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Blaauwklippen Road, Stellenbosch, Western Cape, South Africa
Kontak : Di Perry
Tel : +27-21-8800364
Sel : +27-82-8762219
NO Water Restrictions - We have our own filtered bore hole water

Ons nooi u uit om deel te kom hê aan ons kalm en gerieflike huis, op 'n klein Kaap/Engelse leefstyl-plasie, geleë 10 minute van die historiese Stellenbosch, in die Blaauwklippen-vallei, omring met die pragtige Stellenbosch- en Helderberge.

'n Goeie outydse huis van huis, plaas-gemak, bestaan uit 2 aparte eenhede, ontwerp en gemeubileer vir 2 persone.

Die natuurlike tuin, met pragtige bome wat 60 jaar oud is, het paadjies wat lei na 'n eende-dam en die Blaauwklippen-rivier, met skaduryke sitplek vir u om die volop wildlewe te kan geniet.

Die Garden-Suite het sy eie oprit/afdak wat lei na 'n privaat olyftuin, met uitsig op 'n klein wynland en eikebome, met 'n braaiplek en dek. Die ingang na die eenheid is vanaf die dek na 'n eetgebied en 'n vol toegeruste kombuis, geskik vir kort of langer verblyf.

Die smaakvol versierde slaapkamer bevat 'n sitplek met 'n satelliet Tv, 'n koningins-grootte bed en 'n eie badkamer met stort.

Die dek met tuintafel en sitplek vir 4 persone, is gebou rondom 'n wilde-appelboom, aangenaam vir skemerkelkies, uit-eet en ontspanning in die geselskap van eekhorings en die voëls.

Die Paddock Suite met eie ingang en parkeerplek onder 'n ou eikeboom, het sy eie tuin, stoep, braaiplek met uitsig na die perde wat in die kampe wei.

Die eenheid bestaan uit 'n slaapkamer met 'n koning (2) beddens met 2 leunstoele, 'n vol satelliet DSTV en 'n eie vol badkamer.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mini-oond/stoof, mikrogolfoond, 'n rooster en ketel.
Wasgoed-geriewe is beskikbaar.

Neem asseblief kennis: Geen kinders onder 12 jaar nie.

Ligging:

  • 10 min na Stellenbosch
  • 30 min na Kaapstad Internasionale Lughawe
  • 50 min na Kaapstad en die Waterfront
  • 30 min na Die Strand strande
  • 40 min na Franschhoek
  • 60 min na Hermanus en walvis-kyk
  • 120 min na die mees suidelikste punt van Afrika
  • 2 tot 30 min na 100 Wynplase
  • Lughawe-pendel en toere kan gereël word

Vermaak:

  • Wynproe en toere
  • Restaurante in en rondom Stellenbosch en Franschhoek
  • 9 Gholfbane
  • Bergfiets, fietsry, perderitte, wandel- en stap-roetes in die Kaapse natuur-reservate
  • Opelug teaters
  • Spier - baie bekend vir die jagluiperd-uitreik, arend-kontak en 'n verskeidenheid restaurante
  • Museums en kunsgallerye
Fasiliteite
  • haardroĆ«r
  • braai
  • dakwaaiers
  • DSTV in die kamer
  • elektroniese kluis
  • Golf (minder as 5km)
  • internet fasiliteite
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kombuisie slegs
  • kroegyskas
  • lugverkoeler
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • motorhuur (minder as 20km)
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 50km)
  • private entrance - outside rooms
  • private ingang
  • private vliegveld (minder as 15km)
  • radio in die kamer
  • restaurant (minder as 5km)
  • stoof in eenheid
  • tee / koffie fasiliteite
  • wasgeriewe
  • wasmasjien in eenheid
  • wasmasjien op die terrein
  • wi-fi / hotspot
  • yskas in eenheid

Rigting aanwysings
GPS koördinate
-33.982042, 18,866581
  • Betalings Opsies
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Garden Suite (Slaap 2) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
  • Paddock Suite (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - tweeling, koning
Bladsy Statistieke
13034 besigtings sedert 15 Apr, 2011.
Laas opgedateer op 20 May, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 8 years

Languedoc Farm verskyn in die volgende afdelings:

Stellenbosch Selfsorg Vakansie WoonstelleStellenbosch Selfsorg Akkommodasie