Beachfront Accommodation available from the 21st to the 1 Jan 2019

Rates R 3000 per night and R 400 admin fee

Please note: All correspondence will only be done via e-mail.

Kom ontspan in hierdie pragtige omgewing teen die seewaters van Ballito.

La Mustique No 5 is n Moderne, Eksklisiewe 3 slaapkamer, Luukse selfsorg woonstel met n lieflike ontspanne gevoel, in veilige kompleks geleë op die rotse en die water se rand van die pragtige kusdorpie, Ballito, Noordkus, KwaZulu-Natal vir n ontspanne en gerieflike wegbreek.

As die aluminium deure oopgeskuif word, kan jy die volle glorie van die Indiese Oseaan op jou drumpel ervaar en die terapeutiese seebriesie in jou hare voel. En dit is ook nie ongewoon om dolfyne in hierdie stukkie van die noordelike kuslyn te gewaar nie, daarvandaan die bynaam "Dolfynkus" Die kompleks en selfsorg woonstel is smaakvol versier en teen die strand op die promenade geleë en dus het gaste wat hier bly direkte toegang tot die strand. Die pragtige Ballito promenade is 2,5km lank en bied asemrowende uitsigte oor die Ballitostrande.

La Mustique No 5 is stapafstand vanaf die plaaslike restaurante en winkel sentrums. Ons is net 15 minute se motorrit vanaf King Shaka Internasional Lughawe en verskeie buitelug - binnehuise doeninge. Sit in die oggend en aande agteroor op die balkon, hou die dolfyne dop en kuier lekker saam familie en vriende.

Ons bied die volgende geriewe om te verseker dat jou verblyf hier aangenaam is. Verblyf word aangebied vir 6 gaste kinders ingesluit.

Die woonstel is op die eerste vloer geleë met maklike toegang tot die strand en swembad.

Die oopplan leefarea en die hoofslaapkamer het lugversorging en die ander kamers het plafonwaaiers. Die leefarea lei na die onderdak balkon met n gasbraai en patiostel en asemrowende see-uitsigte. Gaste is welkom om van die gemeenskaplike tuin, braaigeriewe en swembad in die kompleks gebruik te maak.

Die etenstafel in die leefarea het sitplek vir 6 mense.

Die granietkombuis is volledig toegerus vir selfsorgverblyf met stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel mikrogolf en wasmasjien en droëre skottelgoedwasser en kleiner toebehore. Die woonstel bied lieflike verblyf, uniek versier en ten volle gemeubileer.

Die leefarea het gemaklike sit banke, TV, DSTV geen kaart benodig en n DVD speler. Daar is WiFi in die woonstel.

Die hoofslaapkamer het direkte toegang tot n groot balkon wat panoramiese uitsigte oor die kuslyn bied. Die tweede en derde slaapkamers het ook see-uitsig en deel n volledige badkamer.

Die hoofslaapkamer het n kluis en suit-badkamer en n koninginggrootte bed. Die tweede slaapkamer het n dubblebed en die derde slaapkamer het 2 driekwart bedde. Al 3 slaapkamers is smaakvol ingerig met gemaklike bed/matrasse en elke bed is oorgetrek met luukse linne.

Daar is ook veilige parkeerplek agter afstandbeheerde hek.

Die woonstel is in privaat besit en reg van toegang word voorbehou. Rook is streng verbode in die woonstel. Neem asb. kennis: Geen troeteldiere word hier toe gelaat nie. Matriekvakansies is verbode in die kompleks. Die woonstel word daagliks skoongemaak behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Bring asb. eie bad en swemhanddoeke.

Fasiliteite
  • buite swembad
  • gediens
  • lughawe (minder as 15km)
  • lugversorger (sommige eenhede)
  • motorhuur (minder as 20km)
  • parkering op die terrein
  • strand (absoluut op die strand)
  • tuimeldroër in eenheid
  • wasmasjien in eenheid