LA LOGGIA has registered as an Essential Service business during the lockdown period as announced by the President of the Republic on 23 March 2020

Naby die hartjie van Umhlanga, bied hierdie nuwe Bed &Ontbyt die gerief van 'n huis op 'n gesofistikeerde manier. Die kontemporêre gevoel van La Loggia op Portland B&B skep 'n rustige, maar tog moderne atmosfeer. Die B&O is ‘n 5 minute se stap vanaf die plaaslike strande en 'n 3-5 minute rit na Gateway Shopping Centre.

Ontbyt word daagliks in die netjiese en skoon eetkamer bedien, Engels of Kontinentaal,en ander etes kan gereël word. Daar is gratis tee- en koffiemaakgeriewe beskikbaar. Die ruim sitkamer, kompleet met 'n platskerm-TV (Mnet en Sateliet), loop uit op ‘n skilderagtige terras. Die braaigeriewe is oop vir gebruik sowel as die groot swembad. Swemhanddoeke word voorsien.

Die hele B&O het lugversorging en toegang tot wifi. 'n Gemeenskaplike kombuis is beskikbaar vir gebruik indien nodig. Wasgoeddienste. Taxi dienste. Inligting beskikbaar by die lessenaar in die voorportaal. Veilige parkeerplek op die perseel, sowel as ‘n subtiele elektriese omheining om gaste se veiligheid te verseker.