La Bastide bied 'French country' tipe selfsorg-kothuise. Elk van ons drie kothuise het sy eie besonderse karakter en dekor, 'n landelike atmosfeer wat ineenvloei met moderne geriewe. Die pragtige uitsig op die berg en die prentjie-mooie laventellande. Die natuurlike tuin, swembad en braaigeriewe sal u help om te ontspan gedurende u verblyf by ons.

Ons is geleë in Skeerpoort, naby Hartebeespoortdam en in 'n vallei van die pragtige Magaliesberg.

Die eenhede is ontwerp om in al die behoeftes van ons besoekers  te voorsien. soos:

  • Vakansiegangers vir langer en korter verblyf
  • Samekoms-geleenthede van familie of vriende
  • Ekstra verblyf vir huweliksgaste.
  • Deelnemers aan die groot verskeidenheid sport-geleenthede in ons gebied, soos  atlete, gholfspelers,perderuiters, fietsryers ens.
  • Spanbou en werksfunksies

Pecan Tree Cottage: Hierdie kothuis het 2 slaapkamers (1 met 'n dubbelbed en die ander een met 2 enkelbeddens). Hulle deel 'n badkamer. Dit het 'n woon-, eetvertrek en kombuis. Buite 'n stoep, 'n weberbraaier en uitsig op die berg.

Geranium Cottage: Hierdie kothuis het 'n dubbel slaapkamer met 'n vol privaat badkamer. Dit het ook 'n woonkamer (met 'n dubbel-slaapbank) en gaskaggel, eetgebied en kombuis. Buite het dit 'n geboude braai en stoep.

Lavender Cottage: Hierdie kothuis het ook 'n dubbel slaapkamer met 'n vol privaat badkamer. Dit het ook 'n woonkamer (met 'n dubbel slaapbank), eetgebied en kombuis. Buite het dit 'n geboude braaiplek en stoep met 'n uitsig op die berg.

Ons het ook 6 gastekamers, daarom kan ons tot 26 persone huisves.

Daar is 'n magdom van pret en ontspannende aktiwiteite om te geniet, in en rondom ons gebied, bv. kabelspoor, perdritte, quad-fietse, boogskiet, gholf, wildsritte, olifant en primaat rehabilitasie-sentrum, kuns- en handwerk-stalletjis, inkopiesentrums, kaasplaas, zip lining, wit-watervaarte, pluk van aarbeie (seisoenaal), baie restaurante, warmlugballonne, 'n dag-spa langsaan - om maar 'n paar te noem...

Ontbyt: Ons bied smaaklike ontbyt van u keuse aan, vanaf 08,30vm en later.

Ons sal u graag verwelkom wanneer u hier by ons kom uitspan, om die rustigheid en kalmte van die omgewing te geniet.

Ons hoop om u gou te sien!
Pauline en La Bastide span.

Fasiliteite
  • buite swembad
  • gediens
  • grootwild (minder as 30 km)
  • kaggel
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • tee / koffie fasiliteite