Of jy in Kimberley is vir besigheid en of jy via Kimberley op reis is na verdere bestemmings, KOSMOS Gastehuis is jou antwoord op netjiese, skoon en veilige verblyf met gewaarborgde Noord Kaapse gasvryheid.

KOSMOS Gastehuis is geleë in Hadison Park, ‘n rustige woonbuurt naby die North Cape Mall, Gariep MediClinic, Kimberley Rugby stadion en Lenmed Hospitaal.
Kimberley se historiese ‘Groot Gat’ is slegs vyf minute per motor.

KOSMOS Gastehuis bied tien stylvolle kamers met en-suite badkamers.  Kamers is apart van die hoofwoning met privaat ingang en ten volle toegerus met yskas, mikrogolfoond, DSTV, lugversorging, koffie en tee asook elektriese komberse in die winter.  ‘n Volledige Engelse ontbyt word gedurende die week bedien.

Die Gastehuis word afgerond met ‘n pragtige tuin, twee swembaddens, braaigeriewe en veilige parkering.

 

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • AA Highly Recommended
  • Guest House Accommodation of South Africa
  • National Accommodation Association
Fasiliteite
  • buite swembad
  • Casino (minder as 10 km)
  • DSTV in die kamer
  • films / teater (minder as 5km)
  • grootwild (minder as 30 km)
  • jag (minder as 30 km)
  • kluis
  • lughawe (minder as 15km)
  • lughawe oordragte
  • lugversorger (alle eenhede)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • motorhuur (minder as 20km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • restaurant (minder as 5km)
  • sauna / stoom kamer (minder as 3 km)
  • tee / koffie fasiliteite
  • televisie in die kamer (nie-satelliet)
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wasmasjien op die terrein
  • wildritte (minder as 30 km)

Rigting aanwysings
GPS Coordinates

S 28° 45' 29. 8"
E 24° 44' 50. 9"